Woorde uit die Bybel – Die duiwel (1)
Talmoed
Woorde uit die Bybel – Die duiwel (1)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Daar is baie mense wat nie aan die bestaan van die duiwel glo nie. Daar is selfs boeke geskryf deur Christene wat die bestaan van die duiwel bevraagteken. Maar wat sê die Bybel? Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie (Efesiërs 6:11). Die Bybel maak dit duidelik dat daar wel iets soos die duiwel is. Die Christen se lewe word beskryf as ‘n slagveld. Die goue reël in oorlogvoering is dat jy jou vyand moet ken. Eers as ons hom ken, kan ons hom doeltreffend beveg. Die waarheid van die duiwel sal ons slegs ken as ons hom in die lig van die waarheid van God sien. As ons praat oor die duiwel is daar twee probleme waarvoor ons baie versigtig moet wees: Ons is nie meer bewus van die gevare van die duiwel se aanslae nie. Ons water die belang en betekenis van die kruisdood van Jesus Christus af. Moenie behep wees met die duiwel nie, maar moet hom nie onderskat nie. In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ‘n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ‘n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg (1 Petrus 5:8). Volgende keer kyk ons na hoe ons teen die duiwel moet veg.
Yehoshua ben Perachia Woorde uit die Bybel – Sonde (3)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Die stand van sonde Sonde is universeel: Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie (Romeine 3:23). Ons as moderne mense glo nie meer dat sonde ernstig is nie – dat sonde ernstige gevolge het nie. Miskien is dit weer tyd om oor die erns van sonde te besin. Ons volgende bespreking gaan oor die duiwel.
Woorde uit die Bybel – Sonde (3)
Woorde uit die Bybel – Sonde (2)
– Rabbi Zev Wolf
Woorde uit die Bybel – Sonde (2)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Wat is die essensie van sonde? Om soos God te wil wees. Jy leef vir jouself en nie vir God nie; jy probeer so ver as moontlik onafhanklik van Hom te wees. Augustinus sê die kern van sonde is trots. Daarom weier ons om God te verheerlik en te aanbid. Ons is daarop ingestel om onsself teenoor God en ons medegelowiges te handhaaf. Sonde is versteurde verhoudings – ons vertikale verhouding met God en ons horisontale verhouding met ons medemense. Volgende keer kyk ons na die stand van sonde.
– Baal Sem Tov Woorde uit die Bybel – Sonde (1)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Sonde Na Genesis 1 en 2 is die onderwerp van feitlik elke hoofstuk in die Bybel God se bemoeienis met die sonde van die mens. Maar dit is nou nie ‘n onderwerp waaroor ons graag praat nie. Hoekom nie? Dit is duidelik dat sonde ‘n belangrike onderwerp in die Bybel is. Is dit nie tyd dat dit ook vir ons ‘n belangrike onderwerp word nie? Volgende keer gaan ons na die aard van sonde kyk.Woorde uit die Bybel – Sonde (1)