Skinder is moord

A. W. Pink

Skinder is moord

Die ou rabbi’s het geglo dat skinder moord is, maar nie net die moord van een mens nie, maar van drie. Hoe is dit moontlik?

 

  • Die persoon van wie geskinder word, is duidelik ‘n slagoffer.
  • Die luisteraar is ook ‘n slagoffer, want sy verhouding met die persoon waaroor geskinder word, word negatief beïnvloed. Dit is ook vir die luisteraar ‘n groot versoeking om hierdie storie verder te versprei.
  • Die spreker. Met verloop van tyd besef die mense dat iemand wat skinder nie vertrou kan word nie. Hulle distansieer hulle van hom, want hulle is bang hy verraai hulle ook. Skinder is iets soos ‘n stadige selfmoord.

Hoekom waarsku die Bybel ons so sterk teen skinder? Net ons eie waaksaamheid stop ons om dinge te sê wat ander kan seermaak en verhoudings afbreek. As ‘n woord eers oor ons lippe is, kan ons dit nie weer terugtrek nie.




Sosiale geregtigheid: Levitikus 19:9 – 18

Rabbi Nachman

  • Woorde (vers 11 – 12): Praat die waarheid: Julle mag nie lieg of mekaar bedrieg nie. Julle mag nie ‘n vals eed aflê in my Naam nie. Ons moet baie versigtig met ons woorde wees.
  • Hoe doen jy dit? Levitikus gee hier vir ons ‘n aantal riglyne wat ons met vrug kan gebruik.

    Die Groot Opdrag: Matteus 28:16 – 20

    Talmoed

    Die Groot Opdrag: Matteus 28:16 – 20

    . In die Bybel is berge dikwels dié plek waar onderrig gegee word. Ons dink aan Sinaiberg waar God aan Moses die tien gebooie gegee het, die bergrede en die berg van verheerliking.

     

    Voordat Jesus die opdrag gee, begin Hy eers met die goeie nuus: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Die basis vir sy opdrag is die gesag wat Hy het in die hemel en op die aarde. In die opdrag self kry ons vier werkwoorde. Een daarvan kan as die hoofwerkwoord beskou word en die ander drie as ondersteunend. Die hoofwerkwoord is: Maak die mense my dissipels. Die ondersteunende werkwoorde beskryf wat dit presies behels:

    • dan na al die nasies toe.
    • hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
    • hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.

    Die gedeelte word met ‘n versekering afgesluit: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Hierdie belofte van Jesus maak net sin as die opdrag ook vir al die dae geld.

    Ons kan dit alles soos volg saamvat:

    • Jesus gee ‘n roeping aan sy eerste dissipels. Hy verwag volgelinge moet dit uitvoer tot die einde van die tyd. Die dissipels se roeping is ons roeping.
    • Ons word gestuur, want Christus is gestuur en ons gaan in sy Naam en onder sy gesag.
    • Die roeping bestaan uit verkondig en onderrig, aankondig en getuig, maak dissipels
    • Ons word in die wêreld uitgestuur – oral.
    • Ons gaan in die krag van die HG en in onderwerping aan die Seun.



  • Ek hou van skinder

    Abraham Heschel

    Ek hou van skinder

    Ek hou van stories. Die storie is van die dorp se hoof skinderaar. Hy besluit dat genoeg genoeg is – hy gaan sy sonde bely. Daarom gaan hy na die huis van die rabbi in die dorp.

     

    Man: “Jy weet hoe graag ek skinder. Is daar iets wat ek kan doen om dit reg te stel?”

    Die rabbi vryf oor sy baard en sê: “Gaan huis toe en gaan haal ‘n kussing.”

    Die man gaan dadelik na sy huis om die kussing te kry. Dit was darem nie te moeilik nie – ‘n eenvoudige geskenk en sy sonde is vergewe.

    Rabbi: “Sny die kussing oop.”

    Dit was ‘n winderige dag en die vere waai die hele dorpie vol.

    Rabbi: “Gaan maak al die vere bymekaar en sit hulle weer in die kussing.”

    Man: “Maar dit is tog onmoontlik.”

    Rabbi: “Net so is dit onmoontlik om al die skade wat jy met jou skindery veroorsaak het weer reg te stel.”