Oordeel regverdig
– Leon Roth
Oordeel regverdig
Charles Swindoll vertel hierdie storie. Hy is die leier by ‘n weeklange Bybelkonferensie. Die eerste aand kom ‘n paartjie na hom en vertel hom dat hulle so entoesiasties is om hom te hoor praat. Swindoll sien egter dat by elke praatjie wat hy gee, raak die man aan die slaap.
Sy gevolgtrekking: hierdie man is nie eerlik nie, want hy sê een ding en doen ‘n ander ding.
Na sy laaste praatjie kom die vrou na hom. Haar man was reeds weg. Swindoll aanvaar dat sy hom wil vertel hoe ongelukkig sy oor haar man se gedrag is. Sy begin deur te sê dat haar man daarop aangedring het dat hulle die konferensie moes bywoon – dit was sy finale wens. Haar man het terminale kanker en het net ‘n paar weke om te leef. Hy het daarop aangedring dat hulle die konferensie moes bywoon al het sy medikasie hom lomerig gemaak. Dit het hom verleë gemaak. “Hy het die Here lief en jy is sy gunsteling leermeester. Hy wou so graag hier wees om jou te ontmoet en jou te hoor praat,” sê sy.
Swindoll sê dat hy stomgeslaan was. Sy het hom bedank vir die week en weggeloop. Hy staan daar: alleen; tereggewys soos nog nooit vantevore nie. “Ek het my broer geoordeel en ek was so verkeerd soos kan kom.”
Blog41a William Wilberforce Die Nuwe Testamentiese Kanon (2) Michael Kruger skryf ‘n reeks oor die Nuwe Testamentiese kanon. In die eerste artikel het ons gesien dat die Nuwe Testamentiese boeke die vroegste Christelike tekste is wat ons het. Die feit dat hulle vroeg geskryf is, maak hulle nie noodwendig deel van die kanon nie. Dit wys wel dat hulle geskryf is in ‘n tydperk toe ooggetuies van Jesus nog geleef het. Wat nou van die NT apokriewe? Hulle is nie ingesluit in die NT nie. Hulle genre stem ooreen met dié van die NT boeke – evangelies, handelinge, briewe, openbaring, ens. Hulle word dikwels toegeskryf aan bekende individue – Die Evangelie van Petrus, die Evangelie van Tomas, Die Handelinge van Johannes, ens. Ons kan nou nie elke boek individueel bespreek nie. Daar is egter een basiese feit: al hierdie apokriewe geskrifte word in die tweede eeu na Christus of later gedateer. Baie van hulle kom selfs uit die derde en vierde eeu. Selfs kritiese teoloë stem hiermee saam. Daar is dispute oor die datering van sekere NT boeke soos 2 Petrus en Paulus se pastorale briewe, maar feitlik almal stem saam dat die apokriewe later (tweede eeu of later) geskryf is. Natuurlik is daar pogings om van die apokriewe in die eerste eeu te dateer. Crossan beweer dat die “kruis evangelie” wat ons in die Evangelie van Petrus kry uit die eerste eeu dateer. Hierdie voorstel word deur min mense aanvaar as korrek. Onmiddellik moet ons dus ‘n vraagteken plaas oor van die sensasionele aansprake dat hierdie “verlore” boeke eintlik die “ware” siening van die Christelike geloof verteenwoordig. Natuurlik mag ons argumenteer dat hierdie latere geskrifte steeds die ware Christelike geloof van die eerste eeu weerspieël. ‘n Teks hoef tog nie in die eerste eeu geskryf word om materiaal uit die eerste eeu te bevat nie. Ons moet egter ‘n baie goeie rede hê om hierdie latere geskrifte eerder as die vroeëre geskrifte te aanvaar. Kyk ons na die apokriewe boeke is daar nie sulke oortuigende redes nie. Dit beteken nie ‘n apokriewe boek kan nie uit die eerste eeu kom nie – so ‘n geskrif is nog net nie gevind nie. Dit beteken ook nie dat apokriewe boeke nie betroubare Jesus tradisie kan bevat nie. Ons weet dat van die vroeë Christene soms na die apokriewe boeke verwys het. Die belangrike punt is egter dat hierdie stukkies betroubare inligting in die apokriewe geskrifte kry ons ook in die NT boeke. Daar is niks wat dit wat ons in die NT boeke kry, kan vervang nie. Die apokriewe geskrifte is ‘n interessante bron vir die studie van die vroeë Christendom. Ons kry egter in hulle nie ‘n meer oortuigende siening van die Christelike geloof as in die NT boeke nie.
C. S. Lewis Moet ons belasting betaal? Jesus is in Jerusalem. ‘n Skare drom saam om te hoor wat Hy te sê het. Onder die skare was daar ook Fariseërs en Herodiane – vyande van Jesus. Hulle wil Hom voor die skare vastrek met ‘n strikvraag: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Hulle was oortuig dat hulle vir Jesus in ‘n hoek vasgedruk het. Sê Hy ja sou dit beteken dat die Jode ‘n korrupte en gehate regering – die Romeine – wat hulle en hulle godsdiens onderdruk het, moet steun. Sê Hy nee sou die Romeine sy kop eis. Jesus sê dat hulle die muntstuk waarmee die belasting betaal word vir Hom moet bring. Hulle bring vir Hom die muntstuk. Hier bewys Jesus onmiddellik sy vyande se valsheid. Die denarius se gebruik is deur die tempel verbied, want op die denarius staan die keiser se godslasterlike aanspraak dat hy god is. Die Esseners het selfs geweier om na die muntstuk te kyk, maar hierdie “godsdienstige” persoon dra die geldstuk in sy sak. Jesus vra toe wie se kop en naam op die muntstuk verskyn. Natuurlik is dit die keiser s’n. Juis dit maak dit ‘n verbode muntstuk. Die Jode mag nie beelde gemaak het nie – beslis nie een van die keiser wat beweer dat hy god is nie. As jy die muntstuk gebruik eer jy in werklikheid die keiser. Nou volg Jesus se antwoord: Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort. Wat beteken dit? Ek het nog altyd geglo dit beteken dat jy jou belasting moet betaal en ook vir die kerk gee. Is dit al? Vraag: Op wat/wie het God sy beeld afgedruk? Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld (Genesis 1:26). Daarom moet ons ons lewens aan Hom offer; ons is sy handewerk; vir ons hele bestaan is ons aan Hom verskuldig. Omdat ons sy beeld dra, is hy ons eienaar. Die keiser was nie god nie, so hy kan sy muntstukke kry, maar God het sy seël op ons afgedruk. Daarom moet ons Hom alleen dien.
Abraham Heschel Die lelike man Hy kom om ‘n draai in die pad en voor hom staan ‘n bedelaar. Hierdie man was maklik die lelikste man wat hy nog ooit gesien het. Sy klere was stukkend en vuil. Die bedelaat herken die rabbi: “Vrede vir jou, rabbi.” Eleasar was gewalgd: “Jy is verskriklik lelik. Daar is seker niemand in jou dorpie wat so lelik soos jy is nie?” Die rabbi klim van die donkie af en gaan plat op die grond lê – diep bedroef. Hy vra die bedelaar om verskoning. ‘n Bekende leermeester verneder deur die eenvoudige antwoord van ‘n bedelaar op sy belediging. Die rabbi het vergeet dat God self die bedelaar gemaak het. God was die pottebakker en die man se gesig was God se handewerk. Vergeet ons nie ook dikwels dat die mens God se skeppende werk is nie – dat ons deur Hom ontwerp is. Hanteer ons elke mens as ‘n spesiale skepping van God? Besef ons dat elke mens vir God kosbaar is? (Jakobus 3:9).Die Nuwe Testamentiese Kanon (2)
Moet ons belasting betaal?
Die lelike man