Fokus ons na binne of na buite

 

Fokus ons na binne of na buite

Tony Morgan het na 200 verskillende gemeentes gekyk. Hy kom tot die gevolgtrekking dat ‘n gemeente se gesondheid bepaal word deur sy fokus – na binne of na buite. Dit ook die saak wat die meeste spanning veroorsaak as oor verandering besluit moet word.

 

 

  • Gemeente na buite gefokus. Die primêre uitdaging is hoe om mense te help met hulle geestelike reis nadat hulle Christus aanvaar het. Meeste van hierdie gemeentes is baie sensitief vir hierdie uitdaging. Hulle leiers is baie ongemaklik met mense wat geestelik vasval. Hulle besef dat hierdie mense met ‘n lewenskragtige verhouding met Jesus Christus wil aanhou om ongelowiges te bereik.
  • Dit is belangrik dat gemeentes wat na buite fokus ‘n doelbewuste plan moet hê vir geestelike ontwikkeling. Dit sluit in geleenthede vir dissipelskap bo en behalwe die eredienste op ‘n Sondag. Meeste van die “nuwe” lidmate is betrokke hierby.

    Gemeentes wat na binne fokus het nooit ‘n doelgerigte plan om mense buite die gemeente (ongelowiges) te bereik nie. Hulle hoop dat ongelowiges sal hoor wat hulle vir hulle lidmate doen en by hulle sal aansluit. Dit is ‘n strategie wat net nie werk nie.

    Die grootste tragedie van die kerk in 2013

    Blog39c

    Die grootste tragedie van die kerk

    Evangelisasie is besig om dood te loop. Waar gemeentes nog numeries groei is dit omdat hulle lidmate van ander gemeentes getrek het. In min gemeentes is daar nog ‘n passie vir evangelisasie. Sodra evangelisasie nie meer ‘n prioriteit vir kerke is nie, sal die kerk mettertyd doodgaan.

     

    Hoekom moet evangelisasie ‘n prioriteit in gemeentes wees? Thom Rainer het sewe redes geïdentifiseer.

    • Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Net een weg. Jesus het ‘n dringende en eksklusiewe boodskap gehad. Ons moet dit uitdra.
    • Want Christus het vir die wêreld gesterf. Jesus is die enigste weg, maar Hy het ‘n weg vir ons gegee. Dit is ‘n dringende boodskap wat vertel moet word.
    • Gemeentes wat nie doelbewus evangelisasie prioritiseer nie, doen dit nie of doen dit sleg. Maak seker evangelisasie is ‘n prioriteit in jou gemeente.
    • Gemeentes word selfvoldaan as hulle net lidmate van ander gemeentes trek. Baie gemeentes groei, maar dan ten koste van ander gemeentes. Ons is nie besig met evangelisasie as ons net gelowiges hersirkuleer nie.
    • Evangelisasie is besig om dood te gaan. Gemeentes is besig om dood te gaan. Dit is die grootste tragedie in die kerk vandag.




  • God se snaakse keuses

    G. K. Chesterton

    God se snaakse keuses

    Hoe het ons by die plek waar ons nou is, gekom? Jeremia help ons nogal om dit te verstaan. Hy word groot in Anatot, ‘n klein dorpie in die sentrale hoogland van Israel in die stamgebied van Benjamin. Ons weet dat Dawid die priester Abjatar na Anatot verban het.

     

    God luister nie veel na Jeremia se verskonings nie. Jy moenie sê: “Ek is te jonk,” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. Ons kan probeer los kom, maar God se wil sal geskied. Uiteindelik gaan Jeremia na waar God hom geroep het. Alhoewel God vir Jeremia belowe dat Hy by hom sal wees en hom sal red, lyk dit asof Jeremia gereeld sonder God gelaat word. Later sal Jeremia selfs sy geboortedag vervloek (20:14).

    Soos God met Jeremia in die klein dorpie Anatot gepraat het, praat hy nog steeds met ons. Ons konteks verskil van dié van Jeremia, maar God is steeds met ons – Hy is by ons en Hy red ons. Kyk terug na jou lewe en jy sal sien dat God in die verlede daar was en nog steeds by jou is.

    Moet jongmense die fokus van die kerk wees?

    – Yemelion Yaroslavsky

    Moet jongmense die fokus van die kerk wees?

    Moet jongmense tussen 18 en 23 jaar die fokus van die kerk wees? Hoekom? Hier is ‘n paar redes daarvoor:

    • Hierdie jongmense stel die geestelike trajek vir hulle hele lewe vas

  • Hierdie jongmense maak hulle keuse oor betrokkenheid by die kerk al dan nie juis op hierdie ouderdom.
  • Gewoonlik is hulle nou weg uit die huis en van hulle ouers. Nou moet hulle nog ‘n belangrike besluit neem: Moet ek by die kerk betrokke raak? Baie van hierdie jongmense het nog nooit hierdie vraag op hulle eie beantwoord nie. Geen wonder baie besluit om nie by die kerk betrokke te raak nie. Is dit die fout van hulle ouers of die kerk? Nee. Dikwels openbaar hierdie nuwe onafhanklikheid maar net dat hulle nooit vantevore hulle aan Christus oorgegee het nie. Maar ook vir gelowige jongmense is dit ‘n belangrike tyd: hier word die patroon van hulle betrokkenheid by die kerk dikwels bepaal.

  • Hierdie jongmense bring lewe, lewenskragtigheid, diens, wysheid en energie in die kerk in.
  • Ons het hierdie jongmense in ons kerke nodig. Ja, hulle het ons nodig, maar ons het hulle ook nodig. Ons moet hierdie jongmense produktief in ons bedienings gebruik.

  • Baie jongmense verlaat op hierdie ouderdom die kerk