Ek is ‘n woordvoerder vir Christus

. — John Calvin

Ek is ‘n woordvoerder vir Christus

Is Christene net geloofwaardig as hulle oor godsdienstige sake praat? Het ons die reg om oor politieke of morele of ekonomiese sake te praat? Is ons nie almal woordvoerders vir ons geloof in die wêreld nie? Die antwoord is natuurlik ja. Die grootte van ons gehore mag verskil, maar nie die verpligting om te praat nie.

 

Hoe doen ons dit? Dallas Willard gee ‘n paar riglyne:

  • My begeertes is altyd sekondêr tot dit wat goed is vir die gemeenskap. My eie persoonlike begeertes kan nie die enigste riglyn vir my optrede wees nie.
  • Ek moet die goeie nuus wat God vir die wêreld bied in my optrede, karakter, woorde, besluite en verhoudings duidelik maak.
  • As dit kom by ekonomiese en sosiale sake kan ek nie sê ek staan los van die politiek nie. Die lewe en my geloof is polities van aard. Ek gaan egter nie deur politieke speletjies die wêreld verander nie.
  • Ek kan my nie beperk tot net ‘n deel van die evangelie nie. Die evangelie raak die hele skepping – nie net ons ewigheidsbestemming nie.
  • Hoe meer tevrede ek is met my eie plek, hoe meer invloed sal ek hê. Voortdurende frustrasie, jaloesie en ontevredenheid met my lot in die lewe lei tot ‘n lewe van wanhoop en chaos en nie vreugde en duidelikheid nie
  • Ek is in ‘n voortdurende proses om my roeping op aarde uit te werk en uit te leef.
  • Omdat ek ‘n beelddraer van God is, moet ek daardie beeld weerkaats – ook teen armoede en verlies aan waardigheid.
  • Ek moet die koninkryk van God soek en vertrou dat God alles wat ek nodig sal hê, sal voorsien.
  • Ons moenie net teen immorele idees en waardes praat nie, maar ook teen immorele sisteme en prosesse wat lei tot ongeregtigheid en onderdrukking van die armes. Doen wat reg is.

Die oordeelsdag: Wat is dit?

Die oordeelsdag: Wat is dit?

Hierdie is ‘n onderwerp wat ons vandag ten alle koste probeer vermy. Is daar werklik ‘n oordeelsdag? Wat behels dit? Wat sê die Skrif van die oordeelsdag? Daar is boeke daaroor geskryf. Hiermee enkele eenvoudige riglyne.

 




Andrea Bocelli

(Tertulianus)

Andrea Bocelli

Andrea Bocelli is sekerlik een van die bekendste operasangers vandag. Op 1 Junie 2010 hou hy ‘n liefdadigheidskonsert ten bate van Haïti. Hy sit voor die klavier en vertel hierdie storie:

 

“‘n Jong swanger vrou gaan hospitaal toe met ‘n ontsteekte blindederm. Dokters plaas ys op haar maag. Later beveel hulle aan dat sy ‘n aborsie moes kry. Hulle glo dat die baba met een of ander kongenitale afwyking gebore sou word. Die jong, dapper vrou besluit dat sy die swangerskap wil behou. Die baba is gebore. Daardie jong vrou was my moeder en daardie baba was ek.”

Hy bedank sy moeder dat sy nie ‘n aborsie laat doen het nie: “Miskien is ek bevooroordeeld, maar al wat ek kan sê, is dat dit die regte keuse was. Ek hoop dit bemoedig ander moeders wat hulleself soms in moeilike situasies bevind, wanneer dinge baie ingewikkeld is, maar hulle tog voel dat hulle die lewe van hulle baba wil red.”

Bocelli is gedeeltelik blind gebore as gevolg van kongenitale gloukoom. As kind verloor hy sy sig volledig. Hy is tans 53 jaar oud en het reeds meer as 70 miljoen plate/CD’s verkoop!

Gaan leer by die Mormone

Martin Luther

Gaan leer by die Mormone

Greg Stier is die stigter en President van Dare 2 Share Ministries International. Hy skryf onlangs hierdie interessante blog.

Die gewildheid van Mormonisme is besig om dramaties toe te neem. Hoekom? Mitt Romney? Hy voel die antwoord is eenvoudig: Mormone se jeugbediening is baie beter as dié van die gemiddelde Protestantse kerk.

 

Hierdie skoongeskeerde Mormoonse sendelinge in ons strate wat aan ons deure klop, word deur baie gesien as oudmodies. Ons maak nie die deur oop as ons sien dit is hulle nie of ons sê vir hulle ons is Christene en verwerp Mormonisme. Ons lag in ons mou: om te dink ‘n kerk verwag van sy jongmense om van deur tot deur te loop en mense te evangeliseer. Ons dink ons strategieë vir jeugbediening is strate voor hulle s’n. Is dit so?

Mormone weet wat hulle glo en hoekom hulle dit glo. Hulle is fanaties toegewy aan hulle weergawe van die Groot Opdrag. Wat doen ons as Protestante? Miskien elke tweede jaar ‘n weeklange uitreik in Mosambiek. Wat doen ons daar? Ons bou huise en bevorder nie noodwendig die koninkryk van God en die evangelie van Jesus Christus nie.

Ons wil nie glo wat hulle glo nie. Ons glo wat hulle verkondig is nie die Jesus wat ons in die Bybel kry nie. Maar: Mormone druk hulle kinders harder en neem hulle dieper en verder in hulle godsdiens in as wat ons jeugbedienings ooit sal waag.  Dink aan ‘n jeuggroep wat elke tiener uitdaag om elke oggend om ses uur bymekaar te kom vir ‘n klas oor die Christelike geloof. Dit is wat die Mormone verwag.

Natuurlik moet ons nie hulle strategie slaafs navolg nie. Ons moet wel hulle filosofie aanvaar. Ons moet ons tieners druk sodat hulle weer aktiviste word. Ons moet geleenthede vir diens, uitreik en onderrig skep. Ons moet hulle toerus om hulle geloof met ander te deel en hulle begelei.

Is dit dan nou ‘n soort kompetisie? Natuurlik. Ons is in ‘n kompetisie met Satan gewikkel vir ons jongmense – en ons slaag nie met vlieënde vaandels nie. Die probleem is nie die Mormone nie; die probleem is ons.