Hoe weet ek ek is gered?
While thousands, careless of the damning sin,
Kiss the book’s outside who ne’er look within
William Cowper
Hoe weet ek ek is gered?
JD Greear sê dat hierdie ‘n algemene vraag is wat Christene vra. Daar is ‘n gedeelte in 1 Johannes 5 wat ons hier help. Ek gebruik Die Boodskap.
Die evangelie verseker ons deur te verkondig “Jesus in my plek” – nie hoe goed of hoeveel ek gedoen het nie. Die vraag is nie of ek ‘n spesifieke gebed gebid het nie, maar: “ Rus ek in Jesus?” Johannes skryf nie aan mense wat die sondaar se gebed gebid het nie, maar aan diegene wat glo in Jesus Christus. Dit gaan nie oor die gebed wat jy gebid het nie, maar oor jou huidige posisie.
As jy weergebore is, ontvang jy ‘n nuwe natuur. Hierdie nuwe natuur kom met nuwe begeertes. Tog weet ons ook dat iemand wat God se kind is, nie heeltyd al agter die sonde aanloop nie, want jy het nou nuwe begeertes. God verander ons, nie deur ons onder allerhande reëls toe te gooi nie, maar deur vir ons ‘n nuwe hart te gee. Jy hou nie meer van oneerlikheid of onsedelikheid nie. Jy vermy hulle, nie weens dreigemente van God nie, maar omdat hierdie dinge nie vir jou meer begeerlik is nie. Dit beteken nie dat jy onmiddellik volmaak is en glad nie meer stry met sonde nie. Jy sondig nie meer willens en wetens nie. Jy kan nie God liefhê en ook die dinge wat Hom seermaak nie. Jy kan nie met jou mond God loof en met jou lewe Hom kruisig nie. My liefde vir God blyk duidelik uit my lewe. En as jy terugval in sonde – iets wat ons almal doen – beskerm Christus ons. Een van die tekens dat jou verlossing eg is, is dat al val jy jy nooit permanent val nie. God bring jou keer op keer terug. ‘n Gelowige staan elke keer na ‘n terugslag weer op (Spreuke 24:16). Jou nuwe natuur word nie gekenmerk deurdat jy nooit val nie, maar deur wat jy doen as jy geval het. Verlossing beteken nie dat ek volmaak en sonder sonde is nie – dit beteken wel ‘n nuwe rigting.
Die Nuwe Testamentiese Kanon (1) Michael Kruger het ‘n reeks begin om ons te help om die basiese feite van die Nuwe Testament te verstaan. Hierdie is die soort feite wat jou sal help in ‘n gesprek met ‘n skeptiese persoon. Die eerste feit wat hy stel, is: Die Nuwe Testament is die vroegste Christelike geskrifte beskikbaar. Dit is veral duidelik as ons na die vier evangelies – Matteus, Markus, Lukas en Johannes – kyk. Hierdie is die enigste vier evangelies wat uit die eerste eeu dateer. Daar is ‘n paar teoloë wat probeer het om die Evangelie van Tomas in daardie tydperk te plaas, maar sonder sukses. As al die stof gaan lê het, erken die kritici dat ons huidige vier evangelies die oudste beskrywings wat ons van Jesus het, is. Daar is ‘n paar kantaantekeninge waarop ons moet let: Hierdie boeke is nie by die kanon ingesluit net omdat hulle in die eerste eeu geskryf is nie. Die 27 boeke is nie deel van die kanon omdat hulle so vroeg geskryf is nie, maar alle boeke wat in die kanon opgeneem is is vroeg geskryf. Ons mag later ander geskrifte ontdek wat ook so vroeg geskrywe is. Die keuse van die 27 boeke was dus nie arbitrêr nie.Die Nuwe Testamentiese Kanon (1)
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 6
(Martin Luther).
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 6
Vraag: Hoe kan ons God verheerlik?
Antwoord: Ons verheerlik God deur Hom te geniet, lief te hê, te vertrou en deur sy wil, voorskrifte en wet te gehoorsaam. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]
Teksvers:
Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie (Deuteronomium 11:1).
Kommentaar:
Die hele lewe van ‘n Christen moet net lof en dank aan God wees. Ons moenie eet of drink of slaap, maar ons moet tot God eet en werk en slaap en praat. Dit alles doen ons tot sy lof en verheerliking … Omdat ons alles van God ontvang, moet ons alles voor sy voete neerlê en sê: “Ek sal nie in sonde wat vir U onaanvaarbaar is, lewe nie.” Ons verheerlik God as ons Hom in ons siel bo alle ander skepsels in die wêreld grootmaak; as ons aan Hom die hoogste plek in ons liefde en vreugde gee; as ons alles op Hom gerig is. Ons sal nie God deur enige skepsel aanstoot gee nie. Ons vra in liefde: “Wie het ons in die hemel behalwe U?”
God is deur die verbond ons God. Elke gelowige het die titel Christen aan hom oorgedra – hy erf dit van God. Daar is baie meer gerusstelling in God ons God as wat die hart van die mens kan begryp. Dit is groter as die mens se hart. Daarom, al kan ons nie sê dat rykdom of eer of vriende ens. ons s’n is nie, kan ons wel deur die Gees sê dat God ons s’n is. Nou is sy wysheid ons s’n … onder die skuldlas van sonde is sy genade daar om ons te vergewe; in enige behoefte is Hy daar om vir ons te voorsien of om dit goed te maak. As God ons s’n is, is alles wat Hy kan doen ook ons s’n en wat Hy het, is ook ons s’n. God wil hê dat sy heerlikheid ons doel moet wees sodat Hy Homself aan ons kan gee.
Hierdie kommentaar is deur Richard Sibbes (1577 – 1635) geskryf. Hy was ‘n Engelse Puriteinse teoloog. In die vroeë 17de eeu staan hy in Londen bekend as the heavenly Doctor Sibbes. Hy was die leraar by Gray’s Inn in Londen en meester van Catherine Hall, Cambridge. Sy bekendste werk is The Bruised Reed and Smoking Flax. Hierdie kommentaar kom uit Divine Meditations in The Complete Works of Richard Sibbes, Volume VII (Edinburgh: James Nichol, 1864).
Verdere leesstof:
“Glory”, “Enterprise”, and “Holiness” in Concise Theology, deur J. I. Packer.
Gebed:
God gee dat ons almal van daardie gelukkige mense sal wees. As ons God ons God kan noem, sal ons probeer, deur die Heilige Gees, om soos God te wees. Sy Goddelike beeld sal op ons siele gestempel wees; ons sal probeer om volgelinge van God, ons Vader, te wees. Of ons nou eet of drink of wat ons ook al doen, sal ons dit tot eer van God doen. Jy wat God joune kan noem, mag God jou van hierdie oomblik af help om Hom meer en meer te verheerlik; As God jou God is en sy liefde jou hart oorstroom, sal jy by elke geleentheid bereid wees om sy eer en heerlikheid te bevorder. God, wees U hulle God en gee dat hulle God hulle eer mag wees. Here Jesus. Amen.
Hierdie gebed is deur George Whitefield (1714 – 1770) geskryf. Hy was ‘n Engelse Anglikaanse predikant. Hy het 13 maal oor die Atlantiese Oseaan gevaar en vir 34 jaar preek hy in Engeland en Amerika (as deel van wat as die Groot Ontwaking bekend staan). Jy kon sy stem oor groot afstande hoor. Dit word gesê dat hy by geleentheid deur meer as 30 000 mense in die buitelug gehoor is. (Onthou dit was voor die dae van mikrofone!) Hy het in sy lewe meer as 18 000 preke gelewer. Minder as 90 het behoue gebly.
Hierdie gebed kom uit: “Sermon LXXIII: God a Believer’s Glory” in Sermons on Important Subjects by the Rev. George Whitfield (London: Fisher, Son & Jackson, 1832), 764–768.
Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church
Paul Tripp. Kevin deYoung sê dat ons weer die Heidelbergse Kategismus moet lees. Vir meeste van ons ouer mense was hierdie Kategismus ‘n straf. Ons moes dit leer en die leraar het gereeld Kategismus-preke gepreek. Hoekom moet ons dan nou weer die Kategismus lees? Miskien moet almal van ons wat so skepties oor die Heidelbergse Kategismus was net weer daarna kyk.Die Heidelbergse Kategismus – lees dit weer