Die Tien Gebooie: Geen ander gode nie (1)

(Ed Clownwy)

(1)

(Eksodus 20:2)

 

As jy hulle vra, sal die meerderheid Suid-Afrikaners sê dat hulle aan God glo. Maar is dit die God wat Hom in die Bybel aan ons geopenbaar het? Mense verwys na God as ‘n algemene beginsel van goed wees. Mense glo nie dat God gevrees moet word nie – ook nie dat ons Hom moet/kan liefhê nie.

  • Paulus beskryf hierdie een ware God as die God wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het – Hy is die Here van hemel en aarde. Hy is soewerein, want Hy het geskep, Hy onderhou, Hy beheer en Hy sal die wêreld oordeel. Soos die pottebakker sy wiel en klei beheer, so beheer God die skepping (Jesaja 29:16).
  • Hy is nie ‘n God wat ander gode (werk, plesier, verhoudings, dinge, ander godsdienste, ens) verdra nie. Ons kan Hom nie net af en toe aanbid nie.
  • Voordat ons verder gaan, is daar ‘n belangrike vraag wat ons eers moet antwoord: Wat is afgodery?




    Die Tien Gebooie: Aanhef

    Die Tien Gebooie: Aanhef

    Voordat ons na die gebooie kry, is daar eers ‘n aanhef. Dit is ‘n algemene gebruik in kontrakte, grondwette en ooreenkomste om so ‘n aanhef te hê.

    Hierdie is nie ‘n kontrak tussen twee partye nie.God neem die inisiatief en Hy verklaar: Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees (Eksodus 6:6). Omdat God ons in sy genade verlos het, vrees ons nie die wet nie, maar verheug ons ons in die voorskrifte van die wet. Ons begin nie met die eerste gebod asof ons op een of ander manier ons aanvaarbaar vir God gemaak het nie. Ons begin by die aanhef waar God reeds alles vir ons gedoen het.

    (Romeine 1:20). Die probleem is nie dat ons nie inligting het nie – hierdie wet is in ons gewetens geskryf. Daarom het God die wet ook neergeskryf.

    Maar hoe gebruik Christene hierdie wet. Daarna kyk ons ‘n volgende keer.




    Die Tien Gebooie: Inleiding (2)

    (John Stott).

    Die Tien Gebooie: Inleiding (2)

    Ons het in die vorige blog gesien dat die Tien Gebooie deel van God se geopenbaarde wil is. Hierdie soeke na God se geopenbaarde wil word deur verskeie faktore belemmer.

    Kom ons kyk na ‘n paar.

    • Bybelse ongeletterdheid.

    (George Gallup). Dit is ‘n wêreldwye verskynsel. Geen wonder daar is vandag geen verskil tussen die optrede van “Christene” en nie-Christene nie. Ons kan nie meer tussen reg en verkeerd onderskei nie, want ons lees nie meer die Bybel nie.

    • Onsekerheid oor die Ou Testament

  • Ou Testamentiese prediking
  • Hoe dikwels hoor ons nog prediking uit die Ou Testament. Prediking uit die Ou Testament deesdae klink soos een van Aesop se fabels – ‘n slim storie met ‘n morele les aan die einde. Gedeeltes word nie meer volgens hulle konteks verduidelik nie. Die Ou Testament vertel ons nie net van die koms van die Messias en nou dat Hy gekom het, is dit van geen waarde meer nie. Dit is deel van die volledige drama van verlossing. Die Bybel vertel vir ons een aaneenlopende verhaal.

    Met hierdie as agtergrond kan ons nou na die gebooie self kyk. Ons begin by die aanhef.

    Die Tien Gebooie: Inleiding (1)

    J. C. Ryle

    Die Tien Gebooie: Inleiding (1)

    Ons begin deur enkele algemene opmerkings oor die Tien Gebooie te maak:

     

    • Die Tien Gebooie se status is dié van ‘n Goddelike gebod – dit was nie Moses se blink idee nie, maar God se vereistes. God het dit self geskryf: Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het (Eksodus 31:18). God sê hiermee vir die wêreld watter soort gedrag Hom tevrede sal stel.
    • Die Tien Gebooie is die fondament waarop ons morele optrede gebou is. Dit is ‘n kode vir die optrede van God se verloste kinders.

    Wat ons nodig het, is om weer na die basiese boustene van ons geloof te kyk. Miskien is dit tyd om ons regte minder en ons verantwoordelikhede meer te beklemtoon – soos beide Luther en Calvyn bepleit het. Die Tien Gebooie vra van ons om weer ons verpligtings teenoor God, ons naaste en ons samelewing te ontdek.

    Basies gaan dit oor God se wil: Wat is dit? Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet (Deuteronomium 29:29). Hier word tussen twee kategorieë onderskei: dit wat nie geopenbaar is nie en dit wat geopenbaar is. Die Tien Gebooie is ‘n goeie voorbeeld van iets wat geopenbaar is. Ons het genoeg in God se geopenbaarde wil om rigting te gee aan ons lewens as Christene. Vir diegene wat God se wil vir hulle lewens soek, sê die profeet Miga: Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is. Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (6:8).

    Maar hierdie soeke na God se wil word deur ‘n paar faktore belemmer. Volgende keer gaan ons daarna kyk.