Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik
Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik
Hiervolgens dien die geloofsgemeenskap ‘n dubbele rol: dit bind gelowiges saam in heiligheid en skei gelowiges van die besoedeling van die wêreld. Het Calvyn nie hier iets beet wat moderne Christene baie nodig het nie – die geloofsgemeenskap as toevlugsoord. Die Christelike geloof was nog nooit en sal ook nooit ‘n individuele saak wees nie. Gelowiges kom gereeld bymekaar, nie net vir aanbidding nie, maar ook vir wedersydse bemoediging en opbouing.
Wat het God nog gemaak? God het alle dinge deur sy kragtige Woord gemaak, en sy skepping was baie goed; alles het onder sy liefdevolle heerskappy gefloreer. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.] Teksvers: (Genesis 1:31). Kommentaar: Hierdie kommentaar is deur Heinrich Bullinger (1504 – 1575), ‘n Switserse hervormer en opvolger van Zwingli as hoof van die Switserse kerk, geskryf. Bullinger het teologiese en geskiedkundige werke geskryf – ongeveer 127 boeke. Daar bestaan ongeveer 12 000 briewe aan en van Bullinger. Dit is die mees uitgebreide korrespondensie van die Hervorming wat behoue gebly het. Hy het met onder andere Henry VIII, Edward VI en Elizabeth I van Engeland, Christiaan II van Denemarke en Frederick III, keurvors van Rome, gekorrespondeer. Hierdie aanhaling kom uit: “That God is the Creator of All Things: The Fourth Sermon” in “The Other Eight Sermons of the Fourth Decade” in Decades of Henry Bullinger, vertaal deur H.I., Volume 4 (Cambridge: University Press, 1851), 177–179. Verdere leesstof: “Creation” in A Faith to Live By, by Donald Macleod. Gebed: Hierdie gebed is deur Richard Baxter (1614 – 1691), ‘n Engelse Puritein geskrywe. Hy was kapelaan in die leër van Oliver Cromwell. Toe James II onttroon is, is hy vervolg en sit vir 18 maande in die tronk. Hy hou aan preek en skryf: “I preached as never sure to preach again, and as a dying man to dying men.” Hy was ook ‘n digter en skrywer van liedere. Hy skryf ook sy eie kategismus vir sy familie. Uit “A Shorter Form of Praise and Prayer for the Lord’s Day” in “The Poor Man’s Family Book” in The Practical Works of Richard Baxter, Volume 19 (London: Paternoster, 1830), 635–636. Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 4 Hoe en hoekom het God ons gemaak? Hom te ken, lief te hê, met Hom te leef en om Hom te verheerlik. Dit is reg dat ons, wat deur God gemaak is, tot sy heerlikheid sal leef. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.] Teksvers: (Genesis 1:27) Kommentaar: Hierdie kommentaar is deur John Charles Ryle (1816 – 1900), die eerste Anglikaanse biskop van Liverpool geskryf. Ryle se aanstelling is aanbeveel deur Benjamin Disraeli, die destydse Eerste Minister. Hy was ‘n skrywer en pastor, maar ook ‘n atleet. Hy het vir Oxford Universiteit geroei en krieket gespeel. Hy was ook verantwoordelik vir die bou van meer as veertig kerke. Expository Thoughts on the Gospels: St. Matthew (New York: Robert Carter & Brothers, 1870), 51–56, 336–337. Verdere leesstof “What is Man?” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod. Gebed: Ek bid vir God, in die Naam van Christus … om my nou as volledig syne te ontvang en om my, onder alle omstandighede, so te hanteer, of dit nou tot my voor- of nadeel is. Hy kan met my, wat syne is, doen net wat Hy begeer. Van nou af sal ek nie weer as my eie optree nie – ek sal as my eie optree as ek ooit weer my eie krag gebruik om dinge te doen wat God nie verheerlik nie. Die verheerliking van God is my enigste besigheid. Amen. Hierdie gebed is van Jonathan Edwards (1703 – 1758). Hy was ‘n Amerikaanse prediker, teoloog en filosoof en word pastoor van sy kerk in Northampton, Massachusetts in 1726. Hy is veral bekend vir sy beroemde preek: “Sinners in the Hands of an Angry God.” Hy het ook baie boeke geskryf, insluitend The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Edwards sterf as gevolg van ‘n inenting teen pokke kort nadat hy as president van die College of New Jersey (later Princeton Universiteit) aangestel is. Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church
George Müller ‘n Nuwe Kategismus: Vraag 3 Hoeveel persone is daar in God? Daar is drie persone in die een ware en lewende God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hulle is dieselfde in in wese, gelyk in mag en heerlikheid. [Deel onderstreep is die antwoord vir kinders.] Teksvers: (2 Korintiërs 13:13) Kommentaar: Die Skrif sê vir ons dat daar drie, maar tog net een God, is. Ons moet gedoop word in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matteus 28:19).God is oneindig en onverdeel, en tog is Hy Vader, Seun en Heilige Gees. Dit moet ons glo. Van Hom en deur Hom en aan Hom is alle dinge. Hy is ons absolute Eienaar, Heerser en Vader – ons Maker en Verlosser en Heiligmaker. Hierdie kommentaar is deur Richard Baxter (1614 – 1691), ‘n Engelse Puritein geskrywe. Hy was kapelaan in die leër van Oliver Cromwell. Toe James II onttroon is, is hy vervolg en sit vir 18 maande in die tronk. Hy hou aan preek en skryf: “I preached as never sure to preach again, and as a dying man to dying men.” Hy was ook ‘n digter en skrywer van liedere. Hy skryf ook sy eie kategismus vir sy familie – hierdie gedeelte kom daaruit. Gebed: Nie sonder bewing, pleit ons by die heilige geheimenis van die Drie-eenheid: die Vader, die Seun en die Heilige Gees van wie ons in die Skrif geleer het: in alle nederigheid aanbid ons hierdie Eenheid in die Drie-eenheid en hierdie Drie-eenheid in eenheid. Laat ons hierdie verdeling soos verklaar in die Skrif en die eenheid ook nougeset aan ons oorgedra, in gedagte hou en erken. Daar is net een God. As ons dus lees dat God die wêreld geskep het, verstaan ons dat die Vader, van wie alle dinge is, deur die Seun, van wie alle dinge is, in die Heilige Gees, van wie alle dinge is, die wêreld geskep het. As ons dan lees dat die Seun mens geword, gely, gesterf en opgestaan het vir ons verlossing, glo ons dat die Vader en die Heilige Gees, alhoewel hulle nie aan sy menswording en lyding deelgeneem het nie, hulle, desnieteenstaande, ons verlossing deur die Seun bewerk het. En as daar gesê word dat ons sondes deur die Heilige Gees vergewe word, glo ons dat hierdie seëning, en alle ander seëninge wat aan ons gegee word, deur een, ware, lewende en ewigdurende God – die Vader, die Seun en die Heilige Gees – gegee word. Aan Hom ons lof en dank vir ewig en ewig. Amen. Hierdie gebed is deur Heinrich Bullinger (1504 – 1575), ‘n Switserse hervormer en opvolger van Zwingli as hoof van die Switserse kerk, geskryf. Bullinger het teologiese en geskiedkundige werke geskryf – ongeveer 127 boeke. Daar bestaan ongeveer 12 000 briewe aan en van Bullinger. Dit is die mees uitgebreide korrespondensie van die Hervorming wat behoue gebly het. Hy het met onder andere Henry VIII, Edward VI en Elizabeth I van Engeland, Christiaan II van Denemarke en Frederick III, keurvors van Rome, gekorrespondeer. Hierdie aanhaling kom uit: Of The Holy Ghost: The Eighth Sermon in The Other Eight Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church‘n Nuwe Kategismus: Vraag 5
“Providence” in Concise Theology, by J. I. Packer.‘n Nuwe Kategismus: Vraag 4
“Humanness” en “Creation” in Concise Theology, by J. I. Packer.‘n Nuwe Kategismus: Vraag 3