Is jou kerk ‘n erdepot of mikrogolf?

 “There is no worse screen to block out the Spirit than confidence in our own intelligence.” –Johannes Calvyn

Is jou kerk ‘n erdepot of mikrogolf?

‘n Mikrogolf is goed vir baie dinge – veral gemak. Die mikrogolf het ook baie nadele. Hy glo ons moet probeer om ‘n “erdepot-kerk” in plaas van ‘n “mikrogolf-bediening” te wees. Hoekom?

 

  • ‘n Mikrogolf word gou warm, maar behou nie sy hitte nie. Mikrogolf-bedienings brand warm en gou in die begin, maar is nie volhoubaar vir langtermyn groei nie. Erdepot-kerke behou sy hitte vir ‘n lang tyd. Hulle mag aanvanklik langer neem om warm te word, maar hulle word nie sommer skielik koud nie. ‘n Mikrogolf meet tyd in sekondes, ‘n erdepot in ure.
  • ‘n Mikrogolf maak nie egalig warm nie. As jy iets in ‘n mikrogolf warm maak, kan een deel baie warm wees en die ander deel nog koud. Mikrogolf-bedienings is net so: uitstekende sang of prediking, maar koue dissipelskap- of gebedsbediening – warm bo en koud onder. In ‘n erdepotkerk word die hitte egalig versprei na alle aspekte van die gemeentelewe. Klem word gelê op daardie bedienings wat nie noodwendig altyd op die voorgrond is nie.
  • ‘n Mikrogolf het monitering nodig. Jy moet die kos kontroleer om seker te maak dit is warm genoeg. Jy kan nie sommer die mikrogolf op tien minute stel en daarvan vergeet nie. In erdepot-kerke is daar sisteme in plek wat monitering onnodig maak. Alles in die kerk het nie die goedkeuring van die senior leraar nodig nie – mikrobestuur is onnodig. In so ‘n kerk is bekwame leiers in plek en daarom is voortdurende monitering onnodig.
  • ‘n Mikrogolf is algemeen – jy kry dit in feitlik elke huis. Erdepotte sien jy selde. As jy een sien, trek dit jou aandag. As jy wil uitstaan sodat jou gemeente kan groei, moet jy ‘n erdepot wees. Moenie bang wees om anders te wees nie. Dit mag miskien langer neem om warm te word, maar die hitte word langer behou.

‘n Interessante vergelyking met baie waarheid in.

Hemel op aarde

J. A. Bengal

Hemel op aarde

Die seënuitsprake van Jesus in Matteus 5:3 – 12 het ‘n enorme rol in die kerk se denke gespeel – beide ten opsigte van Jesus en ook oor Christelike etiek en waardes. Verskillende mense lees hierdie seënuitsprake op verskillende maniere:

 

  • Dit is deugde waarna ons moet streef. Dit herinner elkeen van ons wat God van ons wat Jesus se Naam aanroep, verwag.
  • Hulle is nie juis ‘n lys van deugde nie, maar is die toegangvereistes vir iemand wat die koninkryk van God wil ingaan.
  • Dit is ‘n manifes reg aan die begin van Jesus se bergrede wat sê watter soort mense in die koninkryk van God ingaan en wie nie ingaan nie. Volgens hierdie siening konfronteer Jesus onmiddellik sy gehoor met wie “in” en wie “uit” is in sy koninkryk.

Ons kan nou stry oor watter benadering reg is, maar ons moet daarop let dat in elke benadering daar ‘n stel waardes is wat ons aandag nodig het.




‘n Wonderlike storie

‘n Wonderlike storie

Thomas van Acquino besoek die Vatikaan. Pous Innocentius IV wys vir hom al die kunsskatte en ander kosbare items. Die pous sê vir Thomas: “Gelukkig hoef die kerk nie meer te sê: Silwer en goud het ek nie.”

 

Die pous verwys hier na Petrus se woorde aan die lam man wat deur sy vriende elke dag by die tempelpoort neergesit is om by die tempelgangers te bedel (Handelinge 3).

“Ja,” sê Thomas, “maar die kerk kan ook nie meer sê: In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop,” nie.

Hier is ‘n baie diep les vir ons in hierdie verhaal.

Draai briek aan

Draai briek aan

 

 

Hoe kan ons te midde van hierdie besig wees leef? Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding (2 Korintiërs 6:2). Ons moet in die teenswoordige leef. Maar hoe doen ons dit?

  • Gaan stap. C. S. Lewis het elke dag gaan stap – hy het geglo daar is iets geestelik aan stap. Maar dan moet jy stadig genoeg loop om te sien dat die blare hulle kleur verander en hoor dat die voëltjies sing. Jou spanning en angs verminder as jy raaksien wat reeds daar is. Dit voel asof God nader aan jou is – miskien is Hy.
  • Lees boeke. Ons hou van die digitale media en al die e-lesers. Maar ‘n ander deel van jou brein en gees word geaktiveer as jy ‘n boek lees. Jy absorbeer nie net die inhoud nie – jy ondervind dit. Tel maar weer jou Bybel op en lees dit.
  • Eet stadig. Ons eet vinnig, want daar is iets wat wag om gedoen te word. Ons het heeltemal vergeet dat kos daar is om te geniet. Geen wonder die Bybel praat dikwels van feeste, kos en wyn nie. Eet en wees opreg dankbaar vir dit wat jy eet.
  • , 

    As ons stadiger gaan en die stilte waardeer, sluit ons by God aan in die proses om alles nuut te maak – ook onsself.