Algemene persepsies van Christene

Algemene persepsies van Christene

 

Die ses algemeenste persepsies van die kerk onder die jongmense is:

  • Die kerk is georganiseerde godsdiens met ‘n politieke agenda.
  • Die kerk veroordeel en is negatief.
  • Die kerk word deur mans oorheers en onderdruk vroue.
  • Die kerk is homofobies.
  • Die kerk is verwaand as hy sê dat alle ander godsdienste verkeerd is.
  • Die kerk is vol fundamentaliste wat die hele Bybel letterlik lees.

Kimball bespreek daarna drie van hierdie persepsies.

  • Persepsie #1: Die kerk is georganiseerde godsdiens met ‘n politieke agenda.

Mense sien die kerk as georganiseerde godsdiens en dat hulle dit nie nodig het nie. Mense soek na God, maar hulle sien nie die kerk as die plek om te ondersoek wie Hy is nie. Hulle glo hulle kan God verstaan en tot Hom bid sonder die georganiseerde godsdiens.

 

 

  • Om die waarheid te praat, is belangrik, maar hoe jy dit doen is ook belangrik. Die kerk fokus te veel op die negatiewe – almal weet waarteen die kerk is, maar nie waarvoor die kerk staan nie. Die kerk moet meer klem lê op dit waarvoor hy staan. Christene moet ook uit hulle omgewing kom en in die gemeenskap kom – ons moet weet wat daar buite aangaan voordat ons sommer kritiseer.

     

    • Persepsie #3: Alle ander godsdienste is verkeerd.

    Mense van ander godsdienste is bereid om na hierdie eksklusiewe gedeeltes in die Bybel te luister, maar dan moet ons eers ‘n verhouding met hulle opbou – en hulle geloof verstaan. Ons moet ‘n basiese kennis van die verskillende wêreldgelowe kry. Maar ons moet ook ons eie geloof beter ken. Kan ek vir ander verduidelik waarom alle paaie nie na God lei nie? Mense soek feite – gee dit vir hulle.

     

    Die kerk moet voorbereid wees om op hierdie persepsies sinvol te reageer Om dit kan doen moet ons uit ons Christelike gemaksone kom en verhoudings met mense buite die kerk bou.

     




Die kerk in Handelinge

Die kerk in Handelinge

Daar is veral vier dinge oor die kerk wat die gemeenskap verbaas het – wat die evangelie ten toon gestel het. Ons kry dit in alle gemeentes waar die evangelie sentraal staan.

  • Dit was ‘n tyd van dramatiese sosiale, ras en klasseverskille. Die kerk was die enigste instelling wat eenheid tussen klasse en rasse gebring het. Die gemeentes wat Paulus gevestig het was divers – Jode en heidene, jonk en oud, arm en ryk. Dit was een van die faktore wat tot die groei van die vroeë kerk bygedra het.
  • (Handelinge 4:13). Om bly te wees as alles goed gaan, is maklik. In Handelinge 16:25 – 31 lees ons van Paulus en Silas in die tronk in Filippi: Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.
  • . 39 van die 40 wondertekens in Handelinge vind buite die kerk in die gemeenskap plaas. Watter groot nasie se volk is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid? (Deuteronomium 4:7).

As ek nou my gemeente teen hierdie vier kenmerke van die kerk in Handelinge vergelyk, hoe lyk dit?

Hoe lyk ‘n evangelie-gesentreerde gemeente?


God does not ask if we are able. God asks if we are available – Baie verskille mense het variasies op hierdie spreekwoord geskryf.

Hoe lyk ‘n evangelie-gesentreerde gemeente?

Hoe lyk so ‘n gemeente?

  • Die evangelie is ‘n aankondiging dat Jesus die Here is en dat Hy die stryd vir ons verlossing reeds gewen het. Die evangelie is nie goeie raad nie, maar goeie nuus. Jesus het sy dissipels beveel om sy getuies te wees. Hulle lewens sou beslis die veranderinge wat sy krag in hulle lewens teweeg gebring het, gedemonstreer het, maar hulle moes voortdurend getuig van wat hy gedoen het om hulle lewens te verander. Mense kan nie na ons lewens kyk en die verhaal van Christus ken nie – ons moet dit oral verkondig.
  • Die enigste ding wat ware geestelike groei tot gevolg het, is om in Christus te bly. Daar is baie goeie dinge wat Christene kan doen, maar dit mag nooit die noodsaaklike ding – wat God vir my gedoen het – afwater nie.
  • . Die evangelie is primêr ‘n boodskap, maar dit gaan altyd gepaard met demonstrasies van daardie boodskap. Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim, soos Hy Hom van ewigheid af voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring (Efesiërs 3:10 – 11). In Handelinge 2 toe die vroeë kerk eenvoudig net kerk was sonder ‘n klomp programme, lees ons dat almal met diep ontsag vervul was en die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. Deur net te doen wat gesonde gemeentes doen – bid, met mekaar deel, voortdurend die woord verkondig, ens – evangeliseer hulle die hele gemeenskap. In ‘n gesonde gemeente moet die gemeenskap die heerlikheid van die evangelie kan sien.

Laat my dink aan die ou vraag: As my gemeente vandag sou toemaak, sal die gemeenskap dit agterkom?




Wat is die regte manier om vir God te werk?

Wat is die regte manier om vir God te werk?

Wat is ek veronderstel om vir God te doen? Waar begin ek?

 

  • Evalueer hoe jou talente in God se koninkryk gebruik kan word.
  • Vra wat jou gemeente doen waarmee jy kan help.
  • Luister na wat ander gelowiges oor jou gawes sê. Hulle mag ‘n gebied raaksien waar jy besonder sterk is.
  • Wees ontvanklik vir die leiding van die HG.

Hierdie paar eenvoudige riglyne mag ons help om ons plek in God se doel vir die mensdom te identifiseer.