Is God soewerein?

If you do not listen to theology, that will not mean you have no ideas about God, rather it will mean you have a lot of wrong ones. —C.S. Lewis

 

Is God soewerein?

[Soewerein = Gebieder met die hoogste gesag beklee; oppermagtig – HAT]

As ons sê dat God soewerein is, is daar drie reëls wat geld:

 

  • God is oneindig in sy wese en in sy manier van doen. Ons beperkte verstand kan nie sy onbeperkte verstand begryp nie. Daarom is sekere van God se besluite ‘n geheimenis vir ons. Die verhouding tussen die soewereine wil van God en die vryheid en morele verantwoordelikheid van die mens is een so ‘n ding. God beweeg die mens se wil, maar op so ‘n manier dat die mens vrywillig optree.
  • God is nooit die outeur van sonde nie. Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sé: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word en self verlei Hy ook niemand nie. Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en aanmoedig (Jakobus 1:13 – 14). Die feit dat mense se sondige optrede soms die doel van God ondersteun beteken nie dat God die outeur daarvan is nie.
  • Mense maak keuses uit hulle eie wil. Nêrens lees ons dat mense poppe sonder enige verstand is wat deur goddelike toutjies beheer word nie.

 

As ons dan weet dat God die hart en verstand van mense kan beïnvloed, hoe moet ons dan optree? Ons moet Hom vertrou. Ons bestemming is in sy hand – nie dié van ander mense nie. Daarom moet ons God in gebed nader as ons toekoms ter sprake is. Dit beteken ons moenie bitter word as ons onregverdig behandel word nie. God laat nooit toe dat mense besluite neem wat sy planne vir ons sal ondermyn nie. God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? (Romeine 8:31).

 

Oppas:

  • Ons mag nooit die hierdie leer gebruik as verskoning vir ons eie tekortkominge nie.
  • Ons mag nie dat die leer van God se soewereiniteit veroorsaak dat ons passief reageer op die optrede van ander nie.
  • Ons mag nooit hierdie leer gebruik as ‘n verskoning vir my eie sondige optrede en besluite nie. Ons bly steeds aanspreeklik vir ons besluite en optrede.

 




GOD BEWEEG MENSE OM SY WIL TE DOEN

A true education is never finished, and a finished education is of little use. — A.T. Robertson

 

God beweeg mense om sy wil te doen

Ons word dikwels, menslik gesproke, oorgelaat aan die genade van ander mense – hulle besluite en optrede. Hoe moet ons optree? Kan ek vertrou dat God in daardie persoon se hart sal werk? Volgens die Bybel kan ons God vertrou. God doen dit egter op so ‘n manier dat hierdie mense  dit vrywillig doen.

 

 

Ons sien dit in die proklamasie van koning Kores van Persië wat die Jode toelaat om na die ballingskap terug te keer. Ons lees die Here het koning Kores van Persië laat besluit om die proklamasie uit te vaardig (Esra 1:1). Die bestemming van Israel was in die hande van die magtigste koning – menslik gesproke – maar in werklikheid was dit in God se hand. Jesaja gee ons ‘n verdere insig: Ter wille van my dienaar Jakob, van Israel wat Ek uitverkies het, het Ek jou op jou naam geroep, gee Ek jou ‘n eretitel hoewel jy My nie ken nie … Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie (45:4 – 5).

 

Kores kan ‘n proklamasie uitvaardig, maar die Jode moet reageer. Ons sien dat die familiehoofde van Juda en Benjamin, die priesters en Leviete – elkeen in wie God die voorneme gegee het, het toe klaargemaak om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou (Esra 1:5). God het hulle harte aangeraak. Later lees ons dat die Israeliete die fees van die ongesuurde brood vier – met vreugde. Hoekom? Toe Hy die gesindheid van die koning van Assirië teenoor hulle verander het, en dié hulle hande gesterk het in die werk aan die tempel van die God van Israel (Esra 6:22). God beweeg mense – selfs konings – om sy doel te bereik.

 

Ons kry presies dieselfde in die verhaal van Daniël. Daniël vra toestemming om nie die kos van die koning te eet nie: God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël (1:9). Dit gebeur ten spyte van die beampte se vrees vir die koning. Ons sien ook dat Paulus vir God bedank dat Hy Titus net so ywerig gemaak het om julle te help as wat ons is (2 Korintiërs 8:16). Titus reageer met entoesiasme hierop.

 

God is in beheer. Niks gebeur sommer toevallig nie. Hy beweeg mense om sy wil te doen.

 




Die engele en Jesus se geboorte

One man with courage makes a majorityAndrew Jackson

 

Die engele en Jesus se geboorte

As ons Lukas 2 lees, lees ons onder andere van engele. Let op drie woorde van die engele:

 

  • Blydskap

 

  • Vrede

Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde (Lukas 2:14). Vrede verwys na die einde van stryd en konflik. Die koms van Christus bring ‘n einde hieraan. God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur on Here Jesus Christus (Romeine 5:1). Ons verkondig ‘n evangelie van vrede. Alle stryd en konflik met God, die mensdom en die aarde is verby.

 

  • Welbehae

kom? Maat God se bedoelings vir ons is goed. God het sy Seun gestuur omdat Hy ons liefhet.

 

skap, vrede en welbehae.

 




Die Betekenis van Kersfees

Die Betekenis van Kersfees

Christene sukkel om die ware betekenis van Kersfees te behou te midde van toenemende materialisme en kommersialisering. Maar hoe vertel ons vir ‘n wêreld wat nie wil luister nie wat die werklike betekenis van Kersfees is?

 

Jesus verskyn voor Pilatus en Pilatus vra vir Hom: Dan is jy tog wel ‘n koning? Jesus se antwoord help ons om die betekenis van Kersfees te verstaan: Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê? (Johannes 18:37). Hierdie vers beklemtoon drie aspekte van Jesus se geboorte.

  • Die aard van Christus se geboorte: Menswording
  • Die doel van Christus se geboorte: Openbaring
  • Hoekom is Christus gebore? Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Jesus is die openbaring van God, die Vader. Jesus sê vir Filippus: Wie My sien, sien die Vader (Johannes 14:9). Die proloog van hierdie boek sê dieselfde: Die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak (1:17 – 18).

  • Die gevolg van Christus se geboorte: Verlossing
  • Vrae: Verstaan ons die belang van Jesus se menswording vir ons? Kyk ons na Christus en nêrens anders nie vir die openbaring van God? Hoor ons sy stem en volg ons Hom?

    (Johannes 8:32).