Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

. -Olive Schreiner, skrywer (1855-1920)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Naskrif

Daar is twee sake wat nie deur die Apostoliese Geloofsbelydenis hanteer word nie:

 

Die Skrif. Dit is die finale gesag vir sake van geloof en die Christelike praktyk. Moontlik is dit omdat die belydenis voor die finalisering van die Bybel voltooi was. Die belydenis verplaas beslis nie die Skrif nie. Saam werk hulle om ons meer en meer soos Jesus te vorm. Die belydenis het geen gesag buite die Skrif nie. Die belydenis vestig ons aandag op wat noodsaaklik is in die Skrif.

Die onderrig van Jesus. Die belydenis spring van Jesus se geboorte na sy lyding, dood en opstanding – niks van Jesus se gelykenisse nie. Natuurlik speel Jesus se onderrig ‘n noodsaaklike rol in die lewe van alle gelowiges. Gelowiges moet sy onderrig in ons lewens uitleef. Dink maar net aan Jesus se onderrig oor die koninkryk van God, die bergrede en al sy gelykenisse om net ‘n paar te noem.

Die Bybel is primêr. Die geloofsbelydenisse is waardevolle hulpmiddels.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (14)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (14)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 Die lewe: Ek glo aan … ‘n ewige lewe

 

Johannes begin sy evangelie met hierdie woorde: In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie (1:4 – 5). Jesus noem Homself die brood wat lewe gee en die opstanding en die lewe. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Johannes 10:10). Toe van Jesus se dissipels Hom verlaat het, vra Hy vir die twaalf of hulle nie ook wil weggaan nie. Petrus antwoord dan: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee (Johannes 6:68).

Hierdie lewe kan ons nie in onsself kry nie. Ons kan hierdie lewe ondervind, want Jesus gee ons daartoe toegang: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6).

Maar wat het ons nodig om hierdie lewe te ondervind?

Geloof – ons moet in iets glo. Die geloofsbelydenis maak dit duidelik wat hierdie iets is waarin ons moet glo. Natuurlik kry ons nie in die belydenis alles wat ons van God moet weet nie, maar dit is die fondament. Geloof verbind ons met die verlede – wat God gedoen het en hoe Hy Hom aan ons geopenbaar het.

Liefde. Ons het mense met wie ons ons liefde en ons lewe kan deel nodig. Liefde gaan oor verhoudings. Geen wonder Jesus het die gebooie opgesom in een woord nie – liefde.

Die Didache, ‘n antieke versameling van Christelike uitsprake, sê dat daar twee weë is – een van Lewe en een van Dood. Die Apostoliese Geloofsbelydenis open die deur na die ewige lewe.

Henri Nouwen se visie van die kerk

DT Niles Teoloog van Sri Lanka

Henri Nouwen se visie van die kerk

Henri Nouwen se visie van die kerk:


As ons na die rante van die samelewing uitreik sal ons vind dat ons kleinlike verskille, vrugtelose debatte en verlammende kompetisie geleidelik verdwyn. Die kerk word altyd vernuwe as ons aandag van onsself na diegene met behoeftes verskuif. God se seëninge kom altyd na ons deur die armes. Die merkwaardige ondervinding is dat die armes altyd meer gee as wat hulle ontvang – hulle gee vir ons kos tot nadenke.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

. -James Baldwin, skrywer (1924-1987)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Die opstanding: Ek glo aan … die opstanding van die vlees

 

Toe Jesus uit die dood uit opgestaan het, oorwin Hy die dood. Dit gee aan ons die hoop van ‘n nuwe lewe, die hoop van opstanding. Die einde van die verhaal vir diegene wat vergewe is, ‘n lewe met God – die ewige lewe wat begin met die opstanding van die dooies. Almal van ons gaan fisies dood, maar: net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem (1 Tessalonisense 4:13) Die opstanding van Jesus gee vir ons nuwe hoop – ‘n hoop gefokus verder as ons fisiese dood. Die dood is dus nie die einde van die verhaal nie. Ons liggame gaan weer opstaan – ‘n opgestane liggaam op ‘n nuwe aarde.

As die einde van die verhaal die opstanding van ons liggame en ‘n nuwe hemel en aarde insluit, hoekom vra ons vir mense: As jy vannag doodgaan, gaan jy hemel toe? Die vraag probeer mense motiveer om aan die ewigheid te dink, maar dit reduseer die verhaal tot Jesus wat mense red om hulle hemel toe te neem. Die verhaal van ons lewens eindig met God in ‘n fisiese liggaam op ‘n fisiese aarde.

In Openbaring 21 sien Johannes ‘n stad wat uit die hemel neerdaal na die aarde – ‘n plek waar God en sy mense vir ewig kan woon. Die belydenis maak geen vermelding van die hel nie. Hoekom nie? Die hel wag nie vir diegene wat bely dat Jesus die Here is nie. Daar is ‘n iets wat ons moet besef: God stuur nie mense na die hel toe nie – mense kies die hel as hulle die God wat in die skepping geopenbaar word, ignoreer; as hulle nie Jesus as die Here erken nie.