Paulus se radikale transformasie

Augustinus

Paulus se radikale transformasie

 

In Efesiërs 1:1 – 2 kry ons die antwoord. Paulus, soos die mense aan wie hy die brief gerig het, het genade en vrede wat van God deur Jesus Christus kom, ondervind. God het hierdie verhouding geïnisieer. Hy onderbreek Paulus se lewe met die evangelie en stuur Paulus as sy gevolmagtigde gesant uit. As gesant reis hy na Klein-Asië waar hy in verskeie stede, onder andere in Efese, die evangelie verkondig.

Paulus die onwerklike gesant van God – gesant omdat hy deur God se genade en vrede aangeraak is. Raak God se genade en vrede ons ook aan?




Ek ken die toekoms

Ek ken die toekoms

Baie mense maak “kundige” voorspellings – en dan verloop dinge anders as wat hulle verwag het. Hier is ‘n paar interessante voorspellings:

  • Ek kan nie dink aan enige ramp wat hierdie skip kan tref nie. Moderne skeepsbou is te gevorderd (Edward J. Smith, kaptein van die RMS Titanic, 1912)
  • Paaie spesifiek vir motorkarre gebou, lê nie in die naby toekoms nie (Harper’s Weekly, 1902)
  • Daar is geen rede dat iemand ‘n rekenaar in sy huis wil hê nie (Ken Olson, medestigter van Digital Eqipment Corporation, 1977)
  • Daar is geen moontlikheid dat die iPhone enige beduidende markaandeel sal kry nie. Geen kans nie (Steve Ballimore, Hoofuitvoerende Beampte, Microsoft, 1997).
  • Die Macintosh gebruik ‘n eksperimentele toestel – ‘n muis. Daar is geen bewyse dat mense so iets sal gebruik nie (John C. Dvorak, skryf vir die San Francisco Examiner oor tegnologie, 1984).
  • As Beethoven se Sewende Simfonie nie op een of ander manier verkort word nie, sal dit gou in onbruik verval (Philip Hale, musiekkritikus).
  • Baie min geneesmiddels sal gesluk word en in die maag beland behalwe as dit gebruik word vir die direkte behandeling van die maag self. Geneesmiddels vir die long, byvoorbeeld sal direk aan die longe deur die vel gelewer word.
  • Wat is nou meer absurd as die vooruitsig dat lokomotiewe twee maal vinniger as poskoetse kan ry (The Quartely Review, 1825).

  • Moenie jou kop in die sand begrawe hou nie.
  • Maak sekere brawe aannames al is jy soms verkeerd.
  • Bly nederig – soms gaan jy verkeerd wees
  • Die Apostoliese Geloofsbelydenis (12)

    Die Apostoliese Geloofsbelydenis (12)

    Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

    Vergifnis: Ek glo aan … die vergewing van sondes

     

    Sonder God se vergifnis staan ons buite die gemeenskap van heiliges. Ons het almal vergifnis nodig: Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:23). God het ons na sy beeld geskape en gesê dat dit goed was. Maar nou is ons so selfgesentreerd en trots – ons aanbid ons eie begeertes in plaas daarvan dat ons die lewende God aanbid. Selfs jong kindertjies het probleme. Geen ouer leer sy kind om te sê: Myne, nie – dit kom vanself.

    Toe Jesus sy dissipels geleer het hoe om te bid, leer hy hulle onder andere: en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree (Matteus 6:12). Ons gewilligheid om vergifnis te aanvaar, impliseer ons gewilligheid om ander ook te vergewe. Petrus vra vir Jesus hoeveel keer hy sy broer wat teen hom gesondig het, moet vergewe. Hy maak ‘n voorstel: Selfs sewe keer? Dit klink vir hom redelik. Maar dan antwoord Jesus: Nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer (Matteus 18:22). Daarna vertel Jesus die verhaal van ‘n koning wat saam met sy amptenare sy boeke nagegaan het. Jesus eindig hierdie verhaal met die volgende woorde: So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie (18:35).

    Vergifnis beteken ons kies doelbewus om nie te vergeld nie. Ons oordeel nie, want slegs Jesus kan oordeel Vergifnis is iets wat ek gee – mense kan my nie dwing om te vergeef nie. Dit is iets wat ons vrylik gee. Maar vergifnis vereis geloof. Ons moet glo dat God ons seer emosies sal genees.

    Ambassadeurs/Gesante

    Ambassadeurs/Gesante

     

    Die kerk is ‘n buitepos van lig in die duisternis. ‘n Buitepos in die weermag is ‘n groep soldate gestasioneer weg van die hoofmag. Die buitepos is nie die hoofmag nie, maar dit verteenwoordig wel die hoofmag. Die kerk is ook nie die hoofmag nie, maar dit verteenwoordig die hoofmag. Die kerk is soos ‘n ambassade waar die ambassadeur gestasioneer is. Dit is die inisiële kontakpunt vir die koninkryk van God.

    Ons pleit nie by ander vanaf ‘n afstand nie – ons doen dit van naby en persoonlik. Ons ontmoet ander op hulle tuisveld. Ons bou verhoudings met hulle – binne en buite die ambassade. Ons word gestuur om te dien en verhoudings met ander te bou sodat ons die evangelie met hulle kan deel. Jesus Christus vorm ‘n gemeenskap van die koninkryk. Die goeie nuus is dat Hy die mense van die koninkryk met sy eie bloed gekoop het.

    Ons ken almal ambassadeurs. Dit is die ouens met die groot karre, vlaggies voor op die kar en mense wat nie verkeersboetes betaal nie. In Paulus se tyd was dit anders. Rome het nie ambassadeurs uitgestuur nie – hulle het leërs wat alles voor hulle platgevee het, gestuur. Daarna kom die goewerneurs wat oor die verowerde gebied regeer het. Ambassadeurs het wel na Rome gekom om vir hulle land te pleit. Die sterkes stuur nie ambassadeurs nie – net die swakkes.

    Nou kom die almagtige, liefdevolle, volmaakte God en sê dat ons ambassadeurs vir Christus is. Hy is tog God van ‘n groter koninkryk as die keiser en tog stuur Hy ambassadeurs uit. Dit is iets wat die wêreld nie kan verstaan nie.