Hoe om nie die Bybel te lees nie

Hoe om nie die Bybel te lees nie

  • – Moet ek regtig
  • Baie mense haat Bybelstudie – soos kinders spinasie haat. Dit moet vir jou aangenaam wees om by God se voete te sit en sy Woord te lees. Bybelstudie is soms harde werk, veral as jy by boeke kom wat oënskynlik niks het om vir jou te bied nie. Bybelstudie is ‘n voorreg – jy hoor van God.

    • Jy spring van plek tot plek. Wees gedissiplineer en lees een boek op ‘n slag. Ons lees tog nie stukkies hier en daar as ons ‘n storieboek lees nie. As jy heen en weer spring, ken jy nooit die hele verhaal nie.

      • – kyk hoe vinnig kan ek klaar maak.

    • – Ek is kieskeurig

    Party mense hou van sekere dele meer as van ander. Levitikus is min mense se gunsteling boek. God wil hê dat ons die hele verhaal moet ken – nie net die dele waarvan ons hou nie. Lees die dele waarvan jy hou oor en oor, maar maak seker jy lees die hele verhaal.

    • – Ek het niemand se hulp nodig nie

  • Die Bybel is aan mense wat duisende jare gelede geleef het, geskryf – mense wat in ‘n ander kultuur geleef het – mense met spesifieke behoeftes en probleme. In die Bybel kry ons beginsels wat op ons van toepassing is, maar ons moet altyd deur die lens van tyd kyk – die konteks.

    • – Kom ons kry die verborge betekenis

    Interessant. Skuldig op ‘n paar plekke




  • Die Kultuur en kategese

    Die Kultuur en kategese

    (Gary Parrett en J. I. Packer:Grounded in the Gospel: Building Believers the Old-Fashioned Way)

     

    Tydens die Hervorming kry ons dieselfde probleem: Hoe kan ons die lewens van mense wat in die Middeleeuse kerk grootgeword het, hervorm? Martin Luther, Calvyn, John Owen en ander hervormers skryf materiaal vir kategese gebruik.

    In die Christelike wêreld het hierdie praktyk, veral vir volwassenes, feitlik geheel en al verdwyn. Moderne programme vir dissipelskap is feitlik almal baie oppervlakkig as dit kom by leer. Bybelstudie is dikwels swak as dit kom by leerstellige gevolgtrekkings. Kategismusse neem studente stap vir stap deur die Apostoliese Geloofsbelydenis, die tien gebooie en die Ons Vader-gebed.

    Mense vandag het ryker en meer omvattende onderrig nodig. Is dit nie weer tyd vir volwasse kategese nie?

    Die Superman-vers

    Pablo Picasso

    Die Superman-vers

    (Filippense 4:13)

    Ben Witherington skryf ‘n interessante blog hieroor. Ons sien vandag T-hemde met Fil 4:13 daarop. Soos Superman kan ons nou oor hoë geboue vlieg en gaan waar niemand nog vantevore gegaan het nie.

      

    Hy skets dat die volgende konteks ten opsigte van hierdie vers:

    Ek weet wat dit is om nederig te wees; ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Onder alle omstandighede het ek die geheim geleer oor hoe om tevrede te wees, selfs as ek honger ly. Ek is in staat/sterk genoeg om alles te verduur in Hom wat my bemagtig/in staat stel.

     

    Wat Paulus hier sê, is dat onder watter omstandighede ook al God aan hom die krag en vermoë gegee het om te volhard en tevrede te wees – selfs al moet hy honger ly. Dit beteken beslis nie: “Met ‘n bietjie hulp van God kan ek alles doen,” nie. Dit is ‘n vers oor volharding in God se wil en op sy weg, nie oor persoonlike sukses of triomf nie. Dit gaan nie oor ‘n individuele oorwinning nie. Dit beteken beslis nie dat God ons sal help om ons begeertes en doelwitte te bereik nie. Dit gaan oor Paulus wat hom aan God se doelwitte en planne onderwerp en God wat hom die krag gee om dit te doen. Onthou hy was onder huisarres toe hy hierdie brief geskryf het.

     

    Waar kom die Superman interpretasie vandaan? Ons moderne mense glo dat ons enigiets kan doen as ons net wil – miskien so ‘n bietjie hulp van Bo en ‘n bietjie geluk. Maar dit is nie hoe die wêreld werk nie. Ons is nie in beheer nie; ons bepaal nie ons eie lot nie; ons is nie die kaptein van ons eie lewensboot nie. Christus is ons Here; ons is duur gekoop. Dit gaan nie oor ons drome, doelwitte en agendas nie en om vir God te oorreed om ons te help nie. Soos Paulus gaan dit oor die doen van God se wil al beteken dit swaarkry en lyding … en honger. Paulus sê: “Ek kan alles hanteer wat die wêreld na my kant toe gooi. Hoekom? Want Hy gee aan my die krag wat ek nodig het.” Hierdie het niks met ons suksesdroom te doen nie. Niks.

     

    Jesus se geboortedag. Hoekom moes Jesus kom? Omdat ons uit ons eie nie in staat is om onsself te verlos nie.

    Die koninkryk van God is hier

    Die koninkryk van God is hier

    Die Bybel sê dat Christene burgers van die koninkryk van God is. Maar wat is hierdie koninkryk? Om dit baie eenvoudig te stel: Die koninkryk van God is waar die Koning wat God aangestel het – Jesus Christus – tans heers in en deur die lewens van sy kinders en waar sy wil op aarde net soos in die hemel geskied (Matteus 6:10).

     

    Die teenwoordigheid en doel van God se koninkryk is onderliggend aan die hele onderrig van die Bybel – dit is God se plan vir die wêreld. Ons kry ‘n uitgebreide bespreking van God se koninkryk in Jesus se bergrede (Matteus 5 – 7). Hier beskryf Hy vir ons hoe lewe in sy koninkryk in ‘n gevalle wêreld lyk.

    Vantevore: Hy het uit sy heilige woning na onder gekyk en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur (Psalm 102:20). Nou kom Jesus en kondig aan: Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom (Markus 1:15). God se koninkryk is nou hier by ons. God begin nou die proses om die vloek van die sonde om te keer en alle dinge te verlos. Jesus se bediening – die woorde wat Hy gepraat het en die wondertekens wat Hy gedoen het – wys vir ons dat daar nou ‘n nuwe orde is – God se orde. Met Jesus se koms begin die herstel van dinge soos God bedoel het dit moet wees. Ons het hier nie die opheffing van die bestaande orde nie, maar die herstel daarvan – ‘n nuwe skepping.

    Ons leef nou in die stadium van die voortsetting van God se koninkryk. Dit is ‘n stadium gekenmerk deur spanning tussen die huidige en die toekoms. Die koninkryk is reeds hier, maar nog nie in sy volledige, volkome vorm nie. Ons is nog nie wat ons eendag sal wees nie, maar ons is nie meer wat ons was nie.

    Die laaste stadium – die volledige en volmaakte koninkryk van God – kom met Christus se wederkoms. Dan is die herskepping van alle dinge voltooi. Hiervan lees ons in 1 Korintiërs 15:51 – 58. Nou is daar volkome harmonie tussen God en sy kinders.

    Kersfees is die viering van Jesus Christus se geboortedag, maar ook die begin van God se koninkryk. Soos Jesus ons geleer het, moet ons elke dag bid: Laat u koninkryk kom (Matteus 6:10).