Psalm 119:44

Whitefield antwoord: Because, Madam, you must.

Psalm 119:44

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap)

 

Om hierdie vers te verstaan, moet ons dink aan wat onderhou beteken en dit dan interpreteer in die lig van hoe die psalmis homself, God en God se woord in die res van die psalm sien. Dan maak hierdie vers wat met die eerste oogopslag dalk oormatig optimisties klink, sin.

Vir die psalmis beteken onderhou dus vertrou op, vra na, verlustig in en nadink oor God en God se gebooie. Hierdie is nie ‘n soort wettisisme nie, maar ‘n passie vir God en sy wet. Hier sê die psalmis dat om God se wet te onderhou ‘n lewenslange obsessie by hom sal wees.

As dit is wat die psalmis bedoel as hy sê dat hy God se wet sy hele lank wil onderhou, behoort dit mos ook vir ons ‘n lewenslange doel te wees.

Here, ons het u hulp nodig as ons u wet ons hele lewe lank wil onderhou. Help ons asseblief daarmee. Amen

God se genade

God se genade

  • maar ons wat dood was as gevolg van ons oortredings het God lewend gemaak. Uit genade is julle gered (Efesiërs 2).
  • .. maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en profete getuig, in werking getree (Romeine 3).
  • Werk genade in hierdie wêreld? Robert Kolb stel dit so:

    Verkondig God se woord

    Verkondig God se woord

    Ons leef in ‘n sogenaamde postmoderne wêreld waar verkondiging met suspisie en skeptisisme bejeën word. Luister na Paulus se opdrag aan die gelowiges in Kolosse: Hom verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring (1:28). Die Griekse woord wat hier met verkondig vertaal word beteken om “openlik en hardop te verklaar.”

     

    Ons kry basies dieselfde in Handelinge 17:2 – 3:  Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy daarheen (die sinagoge) gegaan en op drie sabbatdae na mekaar uit die Skrif met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif uitgelê en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hy is die Christus.”  Een van die groot probleme in ons gemeentes is dat lidmate glo dat verkondiging die taak/plig van die leraar is – verkondiging is die taak/plig van elke gelowige.

    In hierdie twee gedeeltes leer ons iets van “sterk verkondiging”:

    • ê, verkondig ek aan julle (Handelinge 17:23). Hy sê ook: Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo … (Romeine 1:16).
    • . Ons is so bang om aanstoot te gee. Daarom gaan ons kompromieë met die werklikhede van die Skrif aan. Julle weet dat ek niks teruggehou het wat vir julle voordelig kon wees nie, toe ek by julle in die openbaar gepreek het (Handeling 20:20). Paulus het vreesloos die volle evangelie verkondig.
    • – die hele Skrif en nie stukkies hier en daar nie. Want ek het nie nagelaat om die heilsplan van God in sy volle omvang aan julle te verkondig nie (Handelinge 20:27).
    • Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend (2 Timoteus 4:4). Maar gelowiges moet hulle teregwys en uitdaag om die waarheid te aanvaar. Gelowiges moet die wêreldse ideologieë konfronteer: Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie (Kolossense 2:8). Gelowiges moet die waarhede van die Skrif met passie en logika verkondig.
    • . Onthou dat ek elkeen van julle drie jaar lank onderrig het, aanhoudend, dag en nag, baie keer met trane (Handelinge 20:31).
    • . Die gesondheid van ‘n gemeente word bepaal deur diep Bybelse en teologiese oortuigings.
    • Die persoon wat dit hoor behoort nooit weer dieselfde te wees nie

    My familie eerste

    My familie eerste

    In ‘n wêreld vol disfunksionele of gebroke of enkelouer families is dit verstaanbaar dat Christene dikwels oorreageer en ‘n baie hoë waarde plaas op die fisiese familie. Maar Ben Witherington III waarsku daarteen dat ons nie van ons familie ‘n afgod moet maak nie.

     

    Die Bybel, veral die Nuwe Testament, moedig ons nie aan om die familie eerste te plaas nie. Hy bespreek dan enkele basiese boustene van Nuwe Testamentiese denke:

    • Die grootste gebod is om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en siel en verstand en jou naaste lief te hê soos jouself (Matteus 22:37 – 39). Hier word niks van die familie gesê nie. Die hoogste roeping van alle mense is om God lief te hê en dan om alle mense lief te hê Hierdie sluit natuurlik ons familie in, maar prioritiseer hulle nie bokant jou naaste nie.

    Die goeie nuus: as jou familie gelowiges is, is hulle deel van die geloofsfamilie saam met jou – vir ewig.

    Ek moet sê ek het dit nog nooit so verstaan nie.