‘n Leier lei

‘n Leier lei

‘n Duidelike model.

hy roep sy mense op vir ‘n spesifieke optrede: Geen mens of dier mag aan iets proe nie of iets drink nie. Hulle moet rouklere aantrek en die mense moet tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het.

hy sê vir hulle hoekom hulle so moet optree. Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.

Almal van ons is leiers – by die huis of werk of kerk of waar ook al. Stel ons ‘n voorbeeld, gee ons ‘n duidelike boodskap en motiveer ons wat ons sê en doen vir ons volgelinge?

Ester

I would go on doing what I’m doing now.”

Ester

Tydens die Joodse Purimfees word die verhaal van Ester herleef. Dit is gewoonlik ‘n fees vol vreugde, die gee van geskenke en ‘n toneelstuk. Hierdie toneelstuk, gewoonlik deur kinders gespeel, dramatiseer die verdeling van die wêreld tussen goed en sleg.

Die bose is Haman, ‘n Persiese offisier wat die Jode haat. Hy word uiteindelik gehang aan die galg wat hy vir sy aartsvyand Mordegai voorberei het. Die goeie mense is Ester en haar oom, Mordegai. Hulle red die Jode van vernietiging.

Hierdie is ‘n verhaal om Jode in ballingskap te bemoedig. Selfs op daardie stadium was daar baie Jode wat verspreid deur die Griekse Ryk (en kort daarna die Romeinse Ryk) geleef het. Ballinge het hoop nodig en Ester se verhaal gee hoop.

Die verhaal van Ester is ‘n verhaal wat eeue lank reeds hoop vir die Jode te midde van wanhoop beteken. Almal van ons moet oor hierdie verhaal nadink, want almal van ons se vlammetjie van vryheid flikker soms en dan het ons hoop nodig.

Psalm 119:43

Psalm 119:43

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap)

 

Vrees en hoop. Beide emosies is op die toekoms gerig, maar is teenoorgesteldes – vrees verwag die slegte en hoop verwag die goeie. Ons wil almal graag hoopvol wees, maar dit is ‘n stryd om nie te vrees nie. Die psalmis is bang dat hy van die waarheid ontneem sal word. In die konteks van die hele psalm is hierdie waarheid God se woord.

Vrees is nie vir ons iets vreemd nie. Almal van ons ondervind dit op een of ander stadium. God se woord dryf die vrees weg en gee weer hoop aan ons.

Belydenis

Belydenis

Die Peacemakers beklemtoon sewe aspekte van belydenis wat sal help om konflik te vermy of op te los.

Praat met almal wat betrokke is – almal wat beïnvloed is.

 

Vermy as, maar en moontlik – moenie verskonings soek as jy verkeerd opgetree het nie.

Erken spesifiek – beide jou gesindheid en optrede.

Erken die pyn – vra verskoning as jy iemand seer gemaak het.

Aanvaar die gevolge.

Verander jou gedrag – gesindhede en optrede.

Vra om vergifnis.

Ek dink as ons hierdie beginsels volg sal daar minder onenigheid en konflik wees.