Ons is teen aborsie?

Ons is teen aborsie?

Die kerk is teen aborsie. Die gelowiges is teen aborsie. Ons is pro-lewe. Is ons? Suster Joan Chittister, ‘n Benediktynse non en skryfster, vra die vraag of dit wel so is. Luister hierna:

 

I do not believe that just because you’re opposed to abortion, that makes you pro-life. In fact, I think in many cases, your morality is deeply lacking if all you want is a child born, but not a child fed, a child educated, not a child housed.

And why would I think that you don’t? Because you don’t want any tax money to go there. That’s not pro-life that’s pro-birth. We need a much broader conversation on what the morality of pro-life is.

Kan ons werklik sê dat ons pro-lewe is as daar elke dag kinders van honger en voorkombare siektes doodgaan? As ons aanhou kinders mishandel? As kinders geen toegang tot onderwys het nie? Ek dink Suster Joan Chittister het hier ‘n senuwee raak geboor.

Jou hart

Jou hart

(Spreuke 4:23).

Wat is die boodskap wat hierdie stelling wil oordra? Hoe moet ons versigtig wees?

 

Maar hoe sorg ons vir ons harte?

  • Ons bid gereeld dat God in elke gedagte en interaksie van ons teenwoordig sal wees.
  • Ons oefen sodat die hart wat die bloed deur ons liggame pomp gesond sal bly. Dit is die hart wat ons aan die gang en aan die lewe hou.
  • Ons sit met ander manne wat wyser as ons is – vriende, ouers, mentors en terapeute. Daar is absoluut niks mee verkeerd om na terapeute te gaan nie.

Gebed, oefening en wyse raad verseker dat ons dit wat ons hele lewe bepaal – die hart – oppas. Is jy versigtig met wat in jou hart omgaan?

Trots en leuens

. -Jean Baudrillard, sosioloog en filosoof (1929-2007)

Trots en leuens

Trots is nie iets wat jy doen nie – dit is erger as dit. Dit is ‘n soort geestelike hartsiekte wat geloof vernietig. Hierdie siekte versprei deur leuens wat ons hart maar te gewillig is om te glo. Daar is veral drie dinge wat ‘n trotse hart glo wat deur die waarheid reggestel moet word:

 

  • ‘n Trotse hart vergelyk, maar op so ‘n manier dat nie een van die ander kan wen nie. Dit verseker die persoon dat hy baie goed is in vergelyking met ander. Hy ignoreer die sterkes en spot die swakkes om te wys dat hy beter as hulle is. Dit is die gesindheid van die Fariseër wat naby die tollenaar in die tempel gestaan het toe hulle gebid het. Hy fikseer so op die ongeregtigheid van die ander man dat hy dink dat hy heilig is. Hy voel gemaklik omdat hy beter as ‘n ander sondaar is. Hy is nie nederig en gebroke voor die aangesig van God nie. ‘n Trotse hart glo: Ek is beter.
  • ‘n Trotse man vertrou op sy eie vermoëns. Hy kyk net na homself as iets gedoen moet word. Hy weier eerder hulp as om ‘n swakheid te erken. Dit laat jou op jou eie om die eise van die lewe te hanteer.

Die vyand van trots is nie nederigheid nie, maar geloof. Dit beteken ons erken: Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing (1 Korintiërs 1:30). Geloof laat ons dinge reg sien. Ons sien God soos Hy Hom aan ons geopenbaar het – ons sien ook onsself soos ons werklik is. Geloof glo nie dat ek beter is nie – ek besef dat ek God se wet verbreek het. Geloof glo nie dat ek beter verdien nie – ek besef dat wat ek het slegs onverdiende genade is. Geloof glo nie dat ek voldoende is nie – dit laat my besef hoe afhanklik ek van God is.

Trots en die leuens wat dit glo, kan net deur geloof oorwin word As ek trots wil doodmaak en in nederigheid wil groei, moet ek my aan God oorgee.

Ons rol as gelowiges

Ons rol as gelowiges

Die klooster van die Benedictine Sisters of Erie is ook die tuiste van die skryfster Joan Chittister. Onlangs het die Jackson Free Press ‘n onderhoud met haar gehad. Hulle vra vir haar: As ‘n gelowige hoe sien jy jou rol en die rol van ander gelowiges in die wêreld?

 

Haar antwoord:

Ons kom altyd met sulke hoogdrawende en geleerde antwoord. Hou dit eenvoudig.