Psalm 119:41

Psalm 119:41

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap).

 

Maar die psalmis is nie hiermee tevrede nie – hy vra ook vir redding. Hoekom vra hy vir redding as God dit reeds beloof het? Waarskynlik is hierdie redding wat beloof is nog nie volkome verwesenlik nie. Daarom maak die psalmis sy begeerte duidelik. Die psalmis erken ook dat sy fokus op God is – vir liefde, vir redding, vir alles.

Ons vra dikwels vir God spesifieke dinge soos ‘n veilige reis, gesondheid as ons siek is, ens. Vra ons ooit vir ontasbare dinge soos liefde? Miskien moet ons dit begin vra of meer dikwels vra.

Vers 41 is die eerste vers in die Wau afdeling van die psalm – die sesde van die 22 afdelings waarin elke vers met die Hebreeuse letter Wau begin.

God gee aan ons u liefde in oorvloed. Amen.

Krag in onderwerping

Krag in onderwerping

(Filemon 8 – 9).

 

Tydens die Hervorming was Martin Luther en Ulrich Zwingli in ‘n kwaai woordestryd oor die interpretasie van die Bybel betrokke. Zwingli was so ontsteld dat hy in die berge van sy geliefde Switserland rondgeloop het. Op ‘n afstand sien hy twee bokke wat mekaar nader op ‘n baie nou paadjie. Dit was baie duidelik dat die paadjie te nou was – hulle sou mekaar nie kon verbysteek nie. Hulle maak of hulle mekaar gaan aanvat. Groot was Zwingli se verbasing toe die een bok skielik op die lysie gaan lê en die ander een oor hom loop. Daarna gaan elkeen op sy pad voort.

Zwingli was beïndruk – hier was krag gedefinieer deur onderwerping. Twee teenstanders word in staat gestel om ‘n krisis te oorleef sodat hulle met belangrike dinge kon voortgaan..

Ons kry dieselfde beginsel in Paulus se woorde aan Filemon. Filemon se slaaf, Onesimus, het weggehardloop en Paulus in Rome ontmoet waar hy ‘n Christen geword het. Paulus stuur nou vir Onesimus na sy regmatige eienaar terug. Hy vra vir Filemon om Onesimus terug te ontvang, maar nie as slaaf nie, maar as broer. In plaas van koppe stamp met Filemon steek Paulus ‘n hand van liefde uit na hom. Was dit ‘n teken van swakheid?

So dikwels laat ons toe dat emosies ons verhoudings ontspoor, want ons word deur ons gewaande belangrikheid verblind. Emosies veroorsaak dat selfoorlewing en nie die belange van ander vir ons die belangrikste is.

Verskille is onvermydelik in alle verhoudings Die manier hoe ons dit hanteer is belangrik. Paulus se voorbeeld kan ons met vrug navolg.

Onbeheerstheid

Alle goeie dinge kan misbruik word. Ons fokus gewoonlik op daardie dinge wat duidelik gevaar inhou – soos alkohol. Maar onbeheerstheid dui op die afwesigheid van selfbeheer. Ons glo dat onbeheerstheid in sekere dinge darem nie so erg is nie.

Maar luister na C. S. Lewis (Mere Christianity):

A man who makes his golf or his motor-bicycle the centre of his life, or a woman who devotes all her thoughts to clothes or bridge or her dog, is being just as “intemperate” as someone who gets drunk every evening. Of course, it does not show on the outside so easily: bridge-mania or golf-mania do not make you fall down in the middle of the road. But God is not deceived by externals.

Christene se vervulling kry hulle in Jesus Christus




Anatomie van ‘n versoeking

Anatomie van ‘n versoeking

(Jakobus 1:14 – 15)

 

Kom ons ontleed die anatomie van hierdie versoeking.

Versoeking is die gevolg van ons eie begeertes. Ons kan nie soos Jesus sê dat die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie (Johannes 14:30). Daarom is dit baie belangrik dat ons ons eie harte moet ken en bewaar.

Versoeking vorder op beide positiewe en negatiewe maniere – aanlok en saamsleep. Eers word ons vaste ankers geleidelik losgemaak. Sodra ons begin dryf, word ons in die strome gevang – in die kortstondige genieting van die sonde (Hebreërs 11:25). Dit is die gewone, basiese patroon van versoeking. Dit beteken ons moet ons Christelike pligte ken en daaraan vashou.

Versoeking wat nie teengestaan word nie, lei tot die dood. Dink maar aan die dood van Dawid en Batseba se seuntjie. Maar ons dink nie daaraan nie. As versoekings kom, vergeet ons van die waarskuwings in God se woord. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede (Romeine 8:6). Ons moet altyd vra waarheen hierdie optrede my sal lei, voordat ons ingetrek word.