Christelike Tevredenheid
It takes more grace than I can tell
To play the second fiddle well
Anoniem
Christelike Tevredenheid
(1 Timoteus 6:6). Ware tevredenheid beteken dat ek God se wil in elke aspek van my lewe aanvaar. Dit is ‘n gawe wat ons dikwels nie waardeer nie. Daar is net een manier om tevredenheid te ontdek: leer dit. Dit is deel van die proses waarvan Paulus praat: Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe (Romeine 12:2). Dit is nie die produk van ‘n reeks optredes nie, maar van ‘n veranderde karakter. Christelike tevredenheid beteken dat my tevredenheid nie deur my omstandighede bepaal word nie. Vir Paulus was tevredenheid die vrugte van ‘n voortgaande, intieme verhouding met Christus: Ek is tot alles in staat deur hom wat my krag gee (Filippense 4:13). In Psalm 131 gee die psalmis vir ons ‘n pragtige beeld van tevredenheid: Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Maar waarmee het die psalmis gesukkel wat hom so ontevrede gemaak het: Selfverheffing en hoogmoed. Natuurlik is ambisie nie altyd verkeerd nie. Maar om geduldig vir God se regte tyd te wag, maak ons soms ontevrede. Tevredenheid is om geen groter ambisie te hê as om geheel en al aan God te behoort en tot sy beskikking te wees nie – op die plek wat Hy bepaal, die tyd wat Hy kies en met die voorsiening wat Hy maak.
John Flavel Onderskeidingsvermoë
Maar watter impak het onderskeidingsvermoë op ons lewens?
Martin Luther Agter geslote deure
Wie is ons agter geslote deure? Ons hoor dikwels die vraag. In hierdie vraag identifiseer ons drie elemente Beïnvloed dit my optrede? Leef jou hele lewe asof jy in die teenwoordigheid van God is.
Onderskeidingsvermoë en ons lewens
Agter geslote deure
Gasvryheid