Ek dryf weg

Ek dryf weg

J. D .Greear sê dat die grootste gevaar vir gelowiges is nie een of ander ramp wat hulle dramaties wegdruk van God nie. Nee, dit is eerder die stadige afstomping van hulle harte vir God. Hulle “sien” nie meer vir God nie. Die Hebreërskrywer identifiseer vyf sulke gevare:

 

  • Heiligheid kom nie natuurlik nie – dit vereis dissipline.
  • Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit nie (12:15). As daar bitterheid in ons hart is teenoor iemand is daardie persoon op daardie oomblik vir ons belangriker as God. Wat oorheers my gedagtes? Wat maak my bitter? Bitterheid maak dat ons God nie meer sien nie.
  • (12:16). Ons organiseer ons lewens sodat ons “goed voel.” Daar is tog meer aan die lewe as blote liggaamlike sensasies. Dit veroorsaak dat ons nie meer bewus is van wat werklik belangrik is nie. Soos Esau verruil ons die ewige vir ‘n tydelike “goed voel.” Dit is mos kortsigtig.
  • Hoeveel van hierdie gevare sien jy in jou lewe raak?

    Die grootste van alle Protestantse dwaalleringe?

    Die grootste van alle Protestantse dwaalleringe?

    Kardinaal Robert Bellarmine (1542 – 1621) was die pous se persoonlike teoloog. Hy vra: Wat is die grootste van alle Protestantse dwaalleringe? Sy antwoord sal ons verbaas: versekering. As vryspraak nie deur geloof alleen, in Christus alleen, deur genade alleen verkry word nie, beteken dit dat iets altyd bygevoeg moet word om vryspraak te verkry. As vryspraak afhanklik is van iets wat ons moet doen, kan ons nooit verseker wees van ons verlossing nie. Volle versekering is slegs moontlik as Christus alles reeds gedoen het.

     

    In Hebreërs 10 lees ons: Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie. Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom (vers 18 en 19). Hy vervolg in vers 22: Laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid.

    Wat beteken dit? Christus is die eens en vir altyd offer vir ons sondes. Deur geloof in Hom is ons regverdig as ons voor God se troon verskyn. Ons vryspraak moenie op een of ander wyse nog voltooi word nie. Dit is klaar voltooi en dit is permanent. Deur die een offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak (10:14). As ek weet dat Jesus Christus my Verlosser is, leef ek nie meer in vrees nie – ek leef met die wonderlike versekering dat Hy alles reeds gedoen het.

    Kardinaal Bellarmine het geglo dat as dit is wat die Protestante vir mense leer, hulle in werklikheid vir die mense ‘n lisensie gee om te sondig. Dit is nie wat Hebreërs sê nie. As ek hierdie versekering het, lei dit tot

    • Hou ons styf vas aan die hoop wat ons bely – ons belydenis van ons geloof in Jesus Christus is ons hoop (10:23).
    • Ons sien vir mekaar om en ons spoor mekaar tot liefde en goeie dade aan (10:24).
    • Ons word deel van die geloofsgemeenskap vir aanbidding en diens (10:25a)
    • Ons moedig mekaar aan om na Christus te kyk en om aan Hom getrou te bly soos die tyd vir sy weerkoms nader kom (10: 25b).

    Versekering is nie iets negatiefs nie – vir die Christen is dit ‘n positiewe vertroosting.

    Vertrou op die beloftes

    B. B. Warfield

    Vertrou op die beloftes

    Ken ons nog die beloftes wat God vir ons gegee het? Watter beloftes het Hy onlangs in my lewe vervul?

    (2 Korintiërs 7:1).

     

    Paulus verwys hier na God se verbondsbeloftes – dat Hy met hulle sal wees en ‘n Vader vir hulle sal wees. Hier is heiligheid ‘n direkte gevolg van lewe in die lig van God se beloftes.

    (2 Petrus 1:4). Hier is God se beloftes in die algemeen betrokke. Wat is hulle vrugte? Die regte lewe – heiligheid.

    Watter beloftes is in my hart geskryf? Waarvoor wag ek in afwagting om van God te ontvang?

    Hoe leef ek in die lig van God se beloftes?

    • Ek moet weet wat God belowe het. Die Skrif is vol van sy beloftes.
    • Ons moet God se beloftes waardeer – oor hulle nadink en kyk of hulle ons denke in ‘n nuwe rigting stuur. Ons moet leef in die verwagting dat God sy beloftes gaan nakom.
    • God se beloftes moet my leefstyl beheer. Hy het beloof om altyd naby aan my te leef. Praat ek gereeld met Hom omdat ek glo dat Hy by my is? Leef ek sodat ek nie hoef skaam te wees dat Hy naby my is nie?

    Geen wonder Petrus praat van God se beloftes as kosbaar en groot nie. Hernu God se beloftes my lewe?

    Die lewe van geloof

    Mark Dever

    Die lewe van geloof

    (Hebreërs 11:1).

    Die skrywer is nie besig om geloof te ontleed en komponente daarvan te identifiseer nie. Hy skryf hier hoe geloof werk.

    Geloof is die versekering en vertroue van dit wat ons hoop. Hoop is nie wensdenkery nie – dit is sekerheid oor iets wat nog nie ‘n werklikheid is nie. Dit is die hoop waarvan Paulus in Romeine 5:5 praat: Dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

    Maar geloof is ook die bewys – die oortuiging – van dinge wat ons nie sien nie. Dit is die kenmerk van die gelowiges wat volhard soos iemand wat die onsienlike God sien (Hebreërs 11:27). Geloof kyk dus altyd vooruit na die toekoms. Geloof beteken dat ons na die wêreld kyk, nie deur die bril van hierdie wêreld nie, maar deur die bril van God.

    Wat beteken dit nou in die praktyk? In Hebreërs 11 wys die skrywer vir ons wat geloof in die alledaagse lewe beteken. Deur hierdie galery van geloofshelde lei hy ons totdat ons uiteindelik by Jesus Christus uitkom. Hy is die oorsprong en vervuller van ons geloof. Daarom dat die skrywer in 12:1 – 2 sê dat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding moet hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

    Die skrywer lê besondere klem op Moses en Abraham. Wat verklaar hulle wonderlike, maar tog onvolkome, geloof? Hulle het God se woord gehoor en daarop vertrou. Eintlik het hulle God wat die woord gepraat het vertrou.

    Geloof is om te hoor wat God sê, om sy woord te vertrou en daarvolgens te lewe.