Christus en die drie verskynings

Christus en die drie verskynings

Die skrywer van die Hebreër-brief gee vir ons “eenvoudige” opsommings van God se verlossingsplan. Een so ‘n opsomming kry ons in 9:24 – 28. Hy gebruik drie maal die woord verskyn om na drie gebeurtenisse in die bediening van Jesus Christus te verwys.

 

  • Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn.
  • Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offers die sonde weg te neem.
  • As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Christus het op aarde verskyn om sonde weg te neem. Dit was ‘n eenmalige en volkome offer. Sy dood, opstanding, hemelvaart en uitstorting van sy Gees is die begin van die laaste dae (1:2).

Sy verskyning aan God se regterhand is die intrede wat almal van ons nodig het.

Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree (7:25). Maar nog iets lê vir ons in die toekoms voor: As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag (9:28).

Hierdie drie verskynings van Christus help ons om die evangelie te verstaan. Die eerste twee verskynings gee vir ons ‘n waardering vir wat Christus gedoen het en wat Hy tans doen. Die gevolg is dat ons Hom gretiglik verwag. Hoe gretig is jy?

Die Brief aan die Hebreërs

Die Brief aan die Hebreërs

Die Brief aan die Hebreërs is anders. Die denkrigting is vir ons vreemd – te Ou Testamenties. Dit is min mense se geliefde boek in die Nuwe Testament. Maar hoofstuk na hoofstuk lees ons van Christus en wat Hy gedoen het. Eers in 10:19 en 22 kry ons die skanier van beskrywing na toepassing. Daar is egter baie goeie redes waarom ons ons in hierdie boek moet verdiep.

 

  • Die boek maak dit duidelik dat Christus die sleutel in vir ons verstaan van die Ou Testament – dit is 75% van ons Bybel! Die boek beklemtoon die sentrale boodskap van die OT; dit wys vir ons hoe verskillende elemente in die Ou Testament kombineer om ons na Jesus te lei. In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak (1:1 – 2). Hierdie twee hou verband met mekaar: as belofte en vervulling; as skadu en werklikheid. Hulle word aanmekaar verbind deur een belofte, een verlossingsplan, een weg van genade, een Verlosser. As ons Hebreërs verstaan, kan ons die Ou Testament met ‘n bril lees wat Christus gesentreerde sin maak.

  • Die menslikheid van Jesus Christus. Die boek beklemtoon die teologiese en praktiese belang van Christus se menswording. Ons het ‘n Verlosser nodig wat naby aan ons is en wat ons verstaan. Dit alles is Jesus Christus. As ons ons oë op Jesus Christus vestig, sal ons hele lewe verander word.
  • Die aard van ware geloof. Die eerste ontvangers van hierdie brief verkeer onder druk om na hulle ou weë en godsdiens terug te keer. Maar die skrywer sê: Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is (6:11). Op hierdie manier word hulle een met die geloofshelde van die verlede – almal het vooruit gekyk na die vervulling van al die beloftes in Christus. Almal het gely vir die saak van die beloofde Christus.
  • Miskien kan ons met vrug weer die Hebreër-brief lees.

    DIE KERK (5)

    (God) to create all things at first, and now inclines him to preserve them, we shall find that there could be no other cause than his own goodness – Calvyn

    Die kerk (5)

    Ons het nou na drie beelde van die kerk gekyk: die huisgesin, die liggaam en die kudde. Ons kom nou by die laaste beeld wat ek gaan beskryf.

    Beeld #4: Die bruid van Christus

     In enige huweliksverhouding moet daar liefde en trou wees. Maar wat behels hierdie beeld van die bruid?

    • Reinheid. Ek waak oor julle met ‘n ywer wat van God kom, want julle is soos ‘n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus (2 Korintiërs 11:2). Ons weet tog dat die bruidegom, Christus, sonder sonde is. Christus het die vermoë om sy bruid – die kerk – sonder vlek of rimpel of iets dergelik, heilig en onberispelik te maak (Efesiërs 5:27).
    • Beskerming. Dit is ‘n seën vir ‘n bruid om te staan en wag vir haar bruidegom. Jy kan tog nie die bruidegom (Christus) liefhê en die bruid haat nie.

    In die laaste blog kyk ons na ‘n artikel van Ben Witherington III oor hierdie saak.

    Christus as mens

    Calvyn

    Christus as mens

    In Johannes 1:14 lees ons: Die Woord het mens geword (1:14). Hoekom is dit belangrik? Die Hebreërboek skryf heelwat oor hierdie vraag. Hy noem ‘n aantal redes waarom God mens geword het.

     

    Oorwinning

  • Moet persoonlik vry wees van die behoefte om vir sy eie sonde te sterf.
  • Moet gewillig wees om te sterf.
  • Moet die vermoë besit om weer sy lewe terug te kry.
  • Geen mens kan dit regkry nie. Maar nou lees ons: Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword (2:14). So behaal Hy in sy opstanding die oorwinning.

    Versoening

    (2:17). Verlossing vereis nie net dat ons vyand, die duiwel, oorwin moet word nie, maar die toorn van die heilige God moet ook verwyder word. Versoening moet vir die sondes van die mense gemaak word. Jesus Christus bewerk die reiniging van sondes (1:3). Jesus offer Homself as versoening.

    Vertroosting

    Ons word vertroos deur God se menswording. Jesus het in elke opsig aan ons gelyk geword (2:17). Hy was wel sonder sonde.

    • Die feit dat Hy wel sonder sonde was, het Hom nie teen die versoekings van die sonde gevrywaar nie – ook nie die gevolge van die sonde nie – sy kruisdood.
    • Slegs ‘n Verlosser sonder sonde kan vir ons sondes sterf.

    (2:11). Daaroor moet ons ons verheug. Jesus se menswording is ‘n keerpunt in die geskiedenis van die mens.