God en politiek

God en politiek

Jesus is neither a Democrat nor a Republican.” Michael Krueger het gaan kyk wat dit beteken. Hy kom met ‘n paar voorstelle na vore.

 

  • Dit mag beteken dat die Bybel nie oor politiek praat nie

Dit mag beteken dat geen politieke party voldoen aan wat die Bybel leer nie

Geen menslike instelling is tog volmaak nie. Maar al het alle politieke foute, bly die vraag steeds: Watter party kom die naaste aan die Bybelse beginsels en etiek? Die Christen gaan immers stem. Is dit dan nie belangrik vir wie ons stem nie? Maar as partye oor feitlik alles verskil, is dit tog nie moontlik dat hulle ewe sleg is nie.

  • Dit mag beteken dat daar goeie Christene in alle politieke partye is

Dit mag beteken dat Jesus nooit ‘n lid van ‘n politieke party was nie

Geen politieke party kan as God se party gesien word nie. Natuurlik kom staan God nie aan die kant van ‘n spesifieke mensgemaakte politieke party nie – Hy keur nie alles van daardie party goed nie. Beteken dit nou dat dit nie saak maak vir wie ons stem nie?

Waar staan ons nou? Al vier die opsies probeer ‘n weg vind om politiek vir Christene ‘n neutrale saak te maak. Of dit nou is dat die Bybel nie politiek hanteer nie of dat alle partye nie volmaak is nie of dat goeie Christene verskil of dat God nie kant kies nie – politiek is ‘n neutrale saak. Daarom maak dit nie saak vir wie Christene stem nie.

Wat ons moet doen as Christene is om aan mense te sê dat hulle die Bybel moet aanwend om politieke sake te beoordeel – net soos ons dit op ander lewensterreine doen. Sal dit nie goed wees as ons ‘n slag ernstig debatteer oor wat die Bybel sê nie? Ons fokus is dan op die regte plek: Wat sê die Bybel?

Hierdie artikel het my laat dink. Kan Christene neutraal staan in die politiek? Watter maatstaf gebruik ons as ons politieke partye meet?

Evangelisasie en Dissipelskap

Evangelisasie en Dissipelskap

Vir geslagte lank stry Christene oor die vraag: Wat is die belangrikste: om die evangelie te verkondig of om dissipels te maak? Hierdie vraag is net so onsinnig as om te stry oor watter kant van die muntstuk die belangrikste is. Jesus se Groot Opdrag aan sy dissipels (Matteus 28:19 – 20) kan slegs uitgevoer word as beide evangelisasie en dissipelskap uitgevoer word.

 

Jesus het gepreek vir diegene wat nie bekeer was nie: Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matteus 4:17). Die Seun het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10).

Maar Jesus het ook gekom om dissipels te maak – om gelowiges te ontwikkel. Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak (Matteus 4:19).

Psalm 119:38

 

Psalm 119:38

Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien (NAV)

Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees (OAV).

Maak dit wat U in die Bybel aan u kinders beloof waar in my lewe (Die Boodskap).

 

 

Die psalmis vra hier dat God sy belofte (vermoedelik aan die psalmis) moet vervul. Twyfel die psalmis hier? As God sy belofte gemaak het, hoekom moet die psalmis Hom nog vra om dit te vervul? Is God se  belofte nie voldoende nie?

 

Die Bybel is nie hiermee ongemaklik nie. Ander gelowiges in die Bybel het soortgelyke bevestigings gevra. Luister na Dawid: En nou, Here God, bevestig tog vir altyd wat U oor u dienaar en sy nageslag gesê het. Doen tog soos U belowe het (2 Samuel 7:25). Of Dawid die skrywer van Psalm 119 is, is onseker. Wat wel waar is, is dat ‘n gelowige bevestiging van God soek. Die Bybel het geen probleem daarmee nie. Toe hy nog kinderloos was, het Abraham bevestiging van die belofte van ‘n nageslag gesoek. God bevestig sy belofte met visuele herinneringe van stof, sand en sterre (Genesis 13:16; 15:5; 22:17).

 

Maar selfs te midde van wat vir ons soos twyfel lyk, bly die psalmis aan God verbind – hy nader God direk om bevestiging te kry. Hy ken ook sy plek relatief tot dié van God. Hy noem homself dienaar/kneg.

 

Here, terwyl ons wag dat U u beloftes vervul, gee aan ons geduld, geloof en bevestiging. Amen.

 

 

Ons godsdiens is te gemaklik

Ons godsdiens is te gemaklik

Het ons nie ‘n nasie van gemaklike Christene geword nie? Brian Dodd identifiseer tien tekens as bewys dat ons te gemaklik geword het.

 

Jy woon nie eredienste met ‘n hoë vlak van verwagting by nie.

Jy is nie meer bekommerd oor die geestelike toestand van jou bure, gesinslede of jou medewerkers nie.

Jy het lank laas ‘n geestelike gesprek met iemand gehad.

Die Bybel is vir jou soos ‘n geskiedenisboek – leweloos.

Solank as wat jy ‘n parkeerplek en sitplek kry en die musiek waarvan jy hou, hoor, is jy tevrede Sondagoggende. Dit is belangriker as diegene wat nie glo nie.

Die lot van die armes pla jou nie meer nie.

Foto’s van swaarkry in ander lande raak jou nie meer nie.

Jy gee nie finansiële bydraes as offer nie.

Dit voel vir jou asof jou gebede nie verder as die plafon gaan nie.

 

Gaan deur hierdie lysie en merk daardie items waaraan jy skuldig is/was. Dit is nogal ontstellend.