Bonhoeffer (37)

. -Lao-Tzu, filosoof (6de eeu vC.)

40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer, Augsburg Books

 

Aan die einde van sy lewe het Bonhoeffer die volgende gesê: “Wat my voortdurend pla is die vraag: Wie is Christus werklik vir ons vandag?”

 

 

Hy gee weer ‘n paar aanhalings uit die Bybel vir ons:

  • (Lukas 6:46)
  • (Psalm 46:11)

Wie is Christus vir my en jou vandag?

Liefdevolle God, vir waar ek was en waarheen ek op pad is op my reis saam met Jesus, gee ek aan u al die eer en dank. Amen.

Die beeld van God

Die beeld van God

As ons met iemand argumenteer, is dit dikwels goed om stil te staan en te praat oor dit waaroor ons saamstem. Hoekom? Dit dwing ons om na die ander persoon te luister en dit gee duidelikheid oor waaroor die argument nou eintlik gaan.

Wat beteken dit as God sê: Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld (Genesis 1:26). Dit lyk asof daar ‘n paar gebiede is waaroor meeste mense saamstem.

Die beeld sluit in weerkaatsing

Op een of ander manier weerkaats die mens die goddelike. Die beeld is dus ‘n weerkaatsing van iets anders. Waar die ware argument na vore kom, is as ons begin bespreek wat presies weerkaats word, hoe hierdie weerkaatsing plaasvind en waar dit in die mens weerkaats word.

Die beeld is universeel

Daar is mense wat redeneer dat daar sekere groepe is wat nie na die beeld van God gemaak is nie. [In die verlede was dit nogal dikwels vroue!] Dit is verkeerd. In Genesis 1:27 word dit bevestig dat beide man en vrou na sy beeld geskep is. Dit is dan ook die basis waarom ons alle mense met waardigheid moet hanteer.

Hierdie beeld is deur sonde beïnvloed.

Hierdie beeld is Christologies

In die Ou Testament word dit beklemtoon dat alle mense na die beeld van God gemaak is. In die Nuwe Testament word daar baie op Jesus Christus as die ware beeld van God gefokus. Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie (Kolossense 1:15) Jesus Christus maak die onsigbare God sigbaar aan sy skepping.

Die beeld is nie staties nie

(2 Korintiërs 3:18). Soos ons nader en nader aan Christus getrek word, word ons verander. Hiervoor is die mens bestem: Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun (Romeine 8:29). Dit is dus ‘n proses – ‘n beweeg na die beeld van God.

Daar is heelwat punte waaroor ons kan saamstem. Natuurlik is daar nog aspekte waaroor ons verskil, veral as ons meer spesifiek wil wees. Dit is egter goed om te begin by dit waaroor ons saamstem.

Die Missie van God

Die Missie van God

[Missio in Latyn beteken stuur.]

Scot McKnight gee die volgende raamwerk van God se missie. Hy maak veral van die Evangelie volgens Johannes gebruik.

  • Missie begin by God wat stuur
    • God stuur vir Jesus: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi (4:34).
    • Jesus stuur vir ons: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (20:21).

    As ek ‘n volgeling van Jesus is, is ek ‘n gestuurde.

  • Die gestuurde Christen, ‘n volgeling van Jesus, bly binne God se missie
  • Jesus voorsien die patroon vir die gestuurde Christen.

    • Die gestuurde Christen streef die wil van God na: Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het (5:30).
    • Die gestuurde Christen word deur God se teenwoordigheid versterk:
    1. God is teenwoordig: En as Ek oor iemand oordeel, is my oordeel reg, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het (8:16). Hy wat My gestuur het, is by My Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil (8:28).
    2. God is teenwoordig in sy Heilige Gees: En wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (14:26).
    3. Die Heilige Gees se teenwoordigheid oriënteer ons teenoor Jesus: Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig (15:26)
    • Die gestuurde Christen praat God se woorde: Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het my opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat (12:49).

  • Die gestuurde Christen is in God
    • Om Jesus te sien, is om die Vader te sien: Wie in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het (12:44).
    • Om die gestuurde Christen teen te staan, beteken ek staan Jesus en die Vader teen: Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie (15:21).

    Hierdie is slegs ‘n raamwerk. Dit is die moeite werd om verder hierop uit te brei in jou stiltetyd.




    Bonhoeffer (36)

    Bonhoeffer (36)

    Here van vrede en geregtigheid, laat my nie oorwinning oor my vyande soek nie, maar eerder ware en wedersydse versoening. Amen.