Hoe bereik ek diegene wat moeilik is om te bereik?

 “I am a little pencil in the hand of a writing God who is sending a love letter to the world.” – Moeder Teresa

Hoe bereik ek diegene wat moeilik is om te bereik?

Lee Strobel het ‘n interessante artikel hieroor geskryf. Hy sê dat alle nie-Christene nie dieselfde is nie. Elkeen kom met sy eie ondervindings, agtergrond en wêreldsiening. Ons pogings sal misluk as ons almal op dieselfde manier benader. Wat vir die een doeltreffend is, mag teenproduktief vir die ander wees.

Hy identifiseer vier tipes nie-Christene:

  • Sinici. Hulle word sarkasties en kwaad as jy net na Jesus verwys. Hulle mag negatiewe ondervindings in die verlede gehad het wat hulle siening van die kerk vergiftig het. As jy so iemand na ‘n erediens uitnooi, sal jou ore tuit. Jy moenie probeer om hulle met een poging na Christus te lei nie. Geduld is die wagwoord. Jy moet hulle eers oortuig dat Christene normale mense met normale belangstellings is. Gaan saam met hulle na ‘n sportbyeenkoms of fliek of wat ook al – net nie kerk nie. Eers as julle ‘n verhouding opgebou het, kan jy oor Christus begin praat.
  • Skeptici. Hulle is meer oop vir geestelike sake, maar hulle twyfel oor God en die Bybel. Hulle soek nie vir God op hulle eie nie. Hulle sal luister na uitreikprogramme wat die bewyse vir die Christelike geloof hanteer. Hulle raak betrokke by debatte met Christene. Hierdie soort gebeure help hulle om die geloofwaardigheid van die Christelike geloof in te sien.
  • Toeskouers. Hulle is geestelik “neutraal” – hulle steur hulle nie aan God nie; hulle is onbewus van die belang van die Christelike geloof. Hulle word veral oortuig deur uitreikprogramme wat die relevansie van geloof vir die alledaagse lewe beklemtoon. Hulle luister as iemand vertel hoe godsdiens ‘n spesifieke verskil in sy lewe gemaak het. Baie van hulle het grootgeword in huise waar godsdiens ‘n dooie ritueel was.
  • Soekers. Hulle stel belang in godsdiens. Hulle probeer eerlik antwoorde kry. Baie van hulle reageer goed in kleingroepe waar hulle gereeld met Christene kontak maak.

Kerke het baie uitreikstrategieë tot hulle beskikking. Die sleutel is om reg aan die begin vas te stel wie God wil hê jy moet bereik. Dan hanteer jy die persoon se spesifieke behoeftes. Moenie met ‘n haelgeweer in die bondel skiet nie.

Bonhoeffer (34)

Alexander Graham Bell.

Bonhoeffer (34)

Sonde

– James Alison

Sonde

Die woord sonde kry ons vir die eerste keer in die Bybel in Genesis 4:7 waar die Here vir Kain sê die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers. Dit is nie die eerste sonde nie. Paulus sê: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom (Romeine 5:12 – 14). Paulus verwys hier na Adam.

 

Maar wat is sonde? In Genesis 3 is dit Adam en Eva wat vrugte eet van die boom in die middel van die tuin – al het God hulle verbied om dit te doen. In Genesis 4 is dit Kain wat sy broer vermoor. Dwarsdeur die Bybel kry ons verskillende vorms van sonde: leuens, steel, afgodery, owerspel, ens.

Enige sondige optrede – leuens, owerspel, moord, steel, ens – is die vrugte van die sonde. Die werklik kern is die minagting van God.

Is ek gewillig …

Hy sê dat elkeen van ons hierdie vraag vir onsself moet vra.

 

  • Sal ek met blydskap dien as ek sonder slaap of rus gegaan het?
  • Sal ek dien al voel ek ek is nie opgewasse vir die taak nie?
  • Sal ek vir ander opoffer as ek min het om te gee – as my opoffering my seermaak?
  • Sal ek met vreugde dien as ek emosioneel gedreineer is en finansieel sukkel?
  • Sal ek ander dien of stel ek meer daarin belang dat ander my dien?

(2 Korintiërs 5:14 – 15).