“Behavior shapes attitude” far stronger than “attitude shapes behavior.” (Onbekend)
Hoekom moet ek eredienste bywoon?
Die kerk het jou nodig. Hier praat ons nie van die gebou nie, maar die geloofsgemeenskap. Jou fisiese teenwoordigheid, jou woorde van bemoediging, jou dienswerk. Dit, saam met wat ander doen, is wat die geloofsgemeenskap is. Maar dan moet jy nie net in en uithardloop nie. Praat met mense – dit is mense wat God oor jou pad gebring het.
Dit is nie net die geestelike voedsel nie. As jy een maal per week vir ‘n uur ‘n erediens bywoon – en niks meer nie – kan jy jou geestelike voedsel ook oor die TV kry. Maar die doel van die kerk is meer as net dit – gesamentlike aanbidding, gebed, die Bybel saam bestudeer, dien mekaar, reik saam met ander uit, leer mekaar en groet mekaar. Dit kan nie in ‘n virtuele omgewing gebeur nie.
Jy het die kerk nodig – meer as wat jy dink jy het. In die Bybel lees ons so baie van die verhoudingsaspekte van die kerk – ons moet mekaar liefhê, bemoedig, onderrig en aan mekaar toegewy wees.
Die kerk is ‘n lewende organisme. Die Nuwe Testament weet niks van ‘n Christen wat nie aan ‘n kerk verbind is nie. Jou gawes, vaardighede, diens, idees, leierskap, liefde, hulpbronne – alles wat jy het om aan te bied – is noodsaaklik vir die gemeente.
Jou teenwoordigheid beteken meer as wat jy dink. Ag, die mense sal ons nie mis nie. Jy onderskat die waarde van jou teenwoordigheid Jy vergeet dat God deur of vir jou iets wil doen.
Dit bring ons by ‘n verdere vraag: Hoekom hou ons hoegenaamd dienste op TV?
- Daar is eensame, geïsoleerde mense en ‘n diens op TV is vir hulle ‘n brug. Eendag sal hulle ‘n tree vorentoe neem en aansluit by die geloofsgemeenskap.
- Sommige mense is nie na genoeg om gereeld eredienste by te woon nie.
- Sommige mense is nie fisies in staat om eredienste by te woon nie.
. — John Calvin
Bonhoeffer (22)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Hoekom? Hierdie mense word deel van die gemeenskap met sekere eise en oordeel mekaar dienooreenkomstig. Hierdie mense wat droom oor hierdie “ideale” gemeenskap eis dat dit deur God en ander mense vervul moet word.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- 1Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het. 2Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad. 3Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. 4Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is, en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde. 5Ons dien een Here, ons geloof is dieselfde en daar is net een doop. 6En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal (Efesiërs 4:1 – 6 – Die Boodskap).
- Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied. Die Here is ‘n sterkte vir sy volk, ‘n veilige beskutting van sy gesalfde. Red u volk en seën dié wat aan U behoort; wees vir hulle ‘n herder en sorg altyd vir hulle (Psalm 28:7 – 9).
Dit is vir ons dikwels makliker om te kla oor wat God nie vir ons gee nie as om dankbaar te wees vir dit wat Hy wel gee. Ons moet God altyd dank vir ons geloofsgemeenskap en die ondersteuning wat ons van hulle kry.
Here, mag ek net so belangrik vir my geloofsgemeenskap wees as wat hulle vir my is. Amen.
.Justinus die Wysgeer (apologeet in die tweede eeu)
Boosheid en lyding
Mense leef in die ware wêreld met al sy pyn, wreedheid, geweld, siektes, ongelukke, emosionele en fisiese lyding en dood. Lyding en die bose is vir alle mense praktiese problem. Maar Christene sukkel ook verstandelik met lyding en die bose. As ek kyk na wat Christene glo aangaande God en die wêreld, is die bose en lyding ‘n problem. Hoe kan ek dit verduidelik? Waar kom dit vandaan?
Die ou Grieke en Romeine het geen problem gehad nie, want van hulle gode was sleg en boos. Ons moet dus verwag dat die wêreld waaroor hierdie gode heers ook boos moet wees. Maar vir Christene is dit anders. Ons glo dat daar ‘n lewende God is, die Skepper van die hemel en die heelal. Hierdie God is persoonlik, goed, liefdevol, almagtig en oppermagtig oor alles wat gebeur. Hoe kan ons glo in ‘n God wat almagtig en liefdevol is as die wêreld so vol boosheid en lyding is? Sluit hierdie twee dinge mekaar nie wedersyds uit nie?
Die Bybel bevestig dat God liefdevol en almagtig is. Die Bybel beskryf egter ook die aaklige werklikheid van die bose. Nou is dit baie interessant: Ons vra altyd “hoekom”? Die mense in die Bybel, daarenteen, vra meestal “hoe lank nog”? Hulle vra nie van God ‘n verklaring vir die oorsaak van die bose nie, maar pleit eerder by God om iets te doen om dit te beëindig. En dit is presies wat God beloof het om te doen.