Algemene genade

I tell you our strength, whenever we have any, is our greatest weakness, and our fancied wisdom is our real folly. —C.H. Spurgeon

Algemene genade

Hoekom het Adam en Eva nie onmiddellik gesterf na hulle oortreding in die paradys nie? God het immers verklaar dat Adam weer na die aarde wou terugkeer: Stof is jy, en jy sal weer stof word (Genesis 3:19). Wat het hulle in staat gestel om aan te hou leef en die voordele van die lewe – kos, kinders, ens – te geniet? Hoekom geniet so baie sondaars vandag steeds daardie selfde voordele?

Genade – dit is God se seëninge wat almal per definisie onverdiend is. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matteus 5:45). Hierdie staan bekend as algemene genade, want dit is vir alle mense – geen onderskeid word getref nie.

Wayne Gruden (Systematic Theology) sê dat algemene genade die genade is waardeur God aan mense ontelbare seëninge gee, maar nie deel van verlossing is nie. Hierdie genade is nie tot fisiese seëninge – reën, kos en gesondheid –  beperk nie, maar sluit seëninge op baie ander gebiede in – intellek, kreatiwiteit, moraliteit, ens. Soos alle genade is dit ‘n onverdiende guns. Die doel is om ons oë op ons liefdevolle Skepper te vestig.




Bonhoeffer (8)

There are only two kinds of people in the end: those who say to God, “Thy will be done,” and those to whom God says, in the end, “Thy will be done.” All that are in Hell chose it – C. S. Lewis

 

Bonhoeffer (8)

Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.

 

Geen regte beskerm die geloofsgemeenskap – daardie gemeenskap van vreemdelinge in die wêreld nie. Hulle is die nederiges wat afstand van al hulle regte gedoen het vir die saak van Jesus Christus. Wanneer hulle beledig word, is hulle stil; wanneer geweld hulle aangedoen word, verdra hulle dit; wanneer hulle uitgegooi word, aanvaar hulle dit.

Hulle maak nie hofsake vir hulle regte nie; hulle maak nie ‘n bohaai as ‘n ongeregtigheid hulle aangedoen word nie. Hulle wil nie regte vir hulleself toe-eien nie. Tog sê Jesus: Hulle sal die nuwe aarde ontvang (Matteus 5:5). Die aarde behoort aan diegene sonder regte en mag. Diegene wat tans die aarde met geweld en ongeregtigheid besit, sal dit verloor.

 

Bonhoeffer gee weer twee Bybelverse vir ons:

  • Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang (Matteus 5:5).
  • U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed, U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood, sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie (Psalm 10:17 – 18).

 

Is ons sagmoedig? Verdedig ons voortdurend ons regte? Ons moet bid vir die  wat magtig is, die wat trots is, die wat staan op hulle regte, dat hulle werklik sagmoedig sal word, en die beswil van ander soek in plaas van hulle eie.

 

Here, help my om van my regte afstand te doen. Gee aan my die gawe van sagmoedigheid en maak my ‘n instrument vir u vrede. Amen.




Dissipelskap

God whispers to us in our pleasures, speaks to us in our conscience, but shouts in our pains: It is His megaphone to rouse a deaf world –C. S. Lewis

 

Dissipelskap

Die woord dissipel word gebruik om die Twaalf (die apostels), sowel as groter groepe te beskryf.  John H. Armstrong gebruik die volgende definisie: ‘n Dissipel is iemand wat sy vertroue in Jesus Christus stel en voortdurend leer om: God met sy volle lewe te aanbid, deel te neem aan ‘n geloofsgemeenskap en om Christus is woord en daad te verkondig  om sodoende dissipels te maak.

Alles wat ons in die lewe doen, volg ‘n proses – of ons nou ‘n koek bak of ‘n huis bou. Wyk jy af van die proses mag dit lei tot ‘n ramp. As ons dissipels wil maak, gaan ons dit nie sonder ‘n proses regkry nie. Maar hoe kry ons dit reg?

Die eerste ding waaraan mense dink is programme of gebeure. Maar programme en gebeure maak nie dissipels nie. Ons maak nie dissipels deur mense in die gemeente te verwelkom sodat ons hulle by komitees of klasse kan inskakel nie. Ons maak dissipels deur ons geloof met ander in vriendskap en gemeenskap uit te leef. Ons kan nie net stellings teen die muur opplak en dink ons gaan dissipels maak nie – ons moet as modelle optree. Miskien moet ons meer praktiese verhale hoor van mense wat dissipelskap doen en ophou praat daaroor. Miskien moet ons Bybelstudiegroepe met Bybel-doen groepe vervang.

Om dissipels te maak gaan nie oor programme en visiestellings nie. Dit gaan oor leer hoe om te leef en ons verhaal te vertel – dit is eintlik die verhaal van Christus en sy werk vir en dan in ons. Programme leer mense meer van die Christelike geloof, maar dit maak nie dissipels nie. Ons moet eers die geloof “doen” en aan ander wys hoe hulle in hierdie reis van gehoorsaamheid by ons kan aansluit.




Vuurtorings

God speaks to you that you may make the right decision. But God does not satisfy our curiosity as to what happens about other men who do not decide for Christ. What will be the ultimate fate of other men is not your concern; we may not and are not to know that, except in so far as we must realize that it is our duty not only ourselves to remain loyal to the way of Jesus, but as far as possible to help others to find the way that leads to life. It is not the consequence of our superior merit that we ourselves have found this way. We have not come to it because we are better than other people. It is the grace of God which has set our feet in that way. — Johannes Calvyn

 

Vuurtorings

Vir meeste mense het vuurtorings ‘n sekere bekoring. In sekere plekke kry ons ‘n interessante rangskikking. Daar is ‘n klein vuurtoring – ses tot tien meter hoog – met ‘n lig aan die bopunt. Hierdie vuurtoring staan naby die kus. Verder terug is daar dan ‘n normale vuurtoring.  Tussen die twee vuurtorings is al die bome en bosse verwyder.

n Boot kan dus albei ligte sien. Hoekom doen hulle dit? Die kaptein van ‘n boot sien nie alleen die vuurtorings nie, maar as hy hierdie twee ligte in ‘n reguit lyn kry, weet hy sy presiese posisie en hoe om veilig tussen die rotse deur te vaar.

 

Die dood en opstanding van Jesus is twee vuurtorings/bakens – die een is onvolledig sonder die ander een. Kry ons hulle egter in lyn,verstaan ons presies wat die doel van Jesus se dood en die krag van sy opstanding was. God is aan die werk aan die kruis en na sy opstanding – tot ons voordeel. Sien ons beide die kruis en die opstanding weet ons presies waar ons is.