Geestesgesondheid

 

A sheep in the midst of wolves is safe compared with a Christian in the midst of ungodly men. —C.H. Spurgeon

 

Geestesgesondheid

Baie van ons is baie simpatiek as iemand fisies ongesteld is. Ons is egter onseker hoe om te reageer as iemand ‘n geestesongesteldheid het. Tog wys statistieke vir ons dat daar baie mense met geestesongesteldhede is.

 

Of all the things I have lost, I miss my mind the most (Mark Twain)

Min van ons vind dit snaaks. Daar is baie dinge wat ons in die lewe kan verloor – ons ouers, eggenoot, vriende en selfs ons gesondheid. Die lewe se meedoënlose siklus gaan voort – jou jeug is verby en verswaktheid tree in.

 

Ons mag dink dat ons volledig in beheer van ons geestesgesondheid is, maar dit is nie so nie. Net ‘n klein verandering in die chemiese balans in ons brein en ons ondervinding van die wêreld kan radikaal verander. Nou neem ons denke ons langs vreemde paaie.

 

Tradisioneel was die kerk nog altyd goed om na mense met fisiese probleme uit te reik Soek jy een of ander hulpmiddel en ‘n hele aantal vrywilligers is daar om te help. Maar as iemand ‘n geestesongesteldheid het, is ons onseker van hoe om op te tree. Is dit nie tyd dat ons soos altyd optree – met deernis, goedheid, openheid en respek- nie.

 

 




Psalm 29 (3)

 

If a man were set before the choice either of dying or of living his past life over, it is certain that he would choose to die, seeing the many perils and evils which he had so hardly escaped – Augustinus.

 

Psalm 29 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese Implikasies

In hierdie psalm kry ons ‘n uitdaging maar ook bemoediging vir aanbidders. Dit bevestig dat die mag van die Here so groot is dat ander hemelinge dit erken. Dit het reeds voor die skepping gebeur, maar as daar enige twyfel bestaan of dit wel so is, verdryf die getuienis van die natuur dit. Die krag van gebeure, soos donderstorms, bevestig hierdie krag. As Israel dink dat ander gode sterker as die Here is, moet hulle hierdie versoeking weerstaan. Hierdie gode self het reeds gereageer en die krag van die Here erken. Hy is die enigste ware God. Al lyk dit of die gode van ander mense Israel kan oorwin, is dit nie so nie.

 

Wat sê hierdie psalm vir my?

Die Here het deur die eeue heen al dikwels sy mag in groot natuurwonders en –gebeure geopenbaar. Hy belowe om dit nog steeds te doen. Dieselfde mag wat Christus uit die dood gewek het, is vandag steeds tot die beskikking van elke gelowige. As ek swak of ontoereikend voel, moet ek onthou dat God vir my krag kan gee.  Die krag wat die skepping beheer en dooies laat opstaan, is ook tot my beskikking.

 

Ek wil so graag die natuur met my verstand verklaar.  Die psalm verkondig:

  • God is koning van die ganse aarde. Hy was koning van die skepping af; Hy sal koning bly vir altyd.
  • Ek moet aan hierdie koning al die eer gee wat Hom toekom – dit is ‘n opdrag. As dit geld vir die engele, geld dit net soveel vir my.
  • Hierdie koning sal my nooit in die steek laat nie – dit is ‘n versekering. As ek swak is, sal Hy krag gee; as ek gebrek ly, sal Hy seën met wat nodig is.

Oor hierdie wonder kan ek net juig. Ek moet saam met die natuur die koningskap van God verkondig. Ek moet saam met die engele sy eer, sy mag en sy Naam prys.

 

 

 




Verlore in vertaling

 

God loves you right now. He doesn’t love some future version of you that tries harder or is more obedient. —Justin Holcomb

 

Verlore in vertaling

Greg Gilbert het onlangs ‘n belangrike boek geskryf: “Why Trust the Bible?” Hierdie is vandag ‘n algemene probleem: Mense vertrou nie meer die Bybel nie. Ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Kan ons seker wees dat dit wat ons in ons eie taal lees, dit wat die skrywer wou sê akkuraat weerspieël? Is die proses van vertaling enigsins moontlik? Ja, maar dit vereis baie werk. Eerstens moet die betekenis en struktuur van beide tale verstaan word. Daarna moet woorde in die vertaling gekry word wat die betekenis van die oorspronklike akkuraat vasvang. Vertaling beteken dat ek die betekenis van ‘n woord en sin moet verstaan en dan daaraan werk om dit is ‘n ander taal te stel wat verstaanbaar is vir ‘n ander persoon. Vertaling is nie eenvoudig of maklik nie, maar dit is moontlik.

 

As dit dan waar is hoekom is daar so baie verskillende vertalings van die Bybel? Selfs al gebruik hulle verskillende woorde vir dieselfde Griekse of Hebreeuse frase, twyfel ons nie oor wat die oorspronklike skrywer gesê het nie. Dit help dikwels vir ons as ons meer as een vertaling langs mekaar lees – dit maak die beeld meer volledig.

 

Natuurlik is daar sekere woorde en frases wat moeilik is om te vertaal. Vertalers mag dan verskil. Selfs dan moet ons ‘n paar dinge in gedagte hou.

  1. Dit is ‘n baie klein persentasie woorde waaroor daar verskille is.
  2. Waar daar verskille of onsekerheid is, sal die beste vertalings dit in ‘n voetnota erken. Hulle sal die leser bewus maak van ander vertalingsmoontlikhede.
  3. Die groot getal vertalings help ons om misleidende vertalings te identifiseer en te vermy. So byvoorbeeld lees ons in Johannes 1:1: en die woord was self God. In die vertaling van die Jehova getuies lees ons: en die Woord was ‘n god. Dit is iets wat al die ander vertalings verwerp.
  4. Nie een belangrike leerstelling van die Christelike geloof berus op ‘n onseker of omstrede vertaling van die Bybel nie.

 

Maar nog steeds die vraag: Hoekom is daar so baie vertalings van die Bybel? Dit word bepaal deur hoe mense die Bybel in hulle lewens gebruik. Mense lees die Bybel in hulle stiltetyd; hulle preek uit die Bybel; hulle gebruik dit in Bybelstudies; hulle bestudeer dit; hulle verdedig hulle verstaan van hulle geloof uit die Bybel. In meeste van hierdie gevalle sal ‘n woord vir woord vertaling uit Hebreeus of Grieks nie bruikbaar wees nie. Dit sal hulle net frustreer.

 

Daar is verskillende vertalings vir die verskillende gebruik van die Bybel. Soms het jy ‘n strenger woord vir woord vertaling nodig. Soms het jy iets meer leesbaar/verstaanbaar nodig. Dan word die gedagtes van die oorspronklike skrywer in Afrikaans vertaal sodat die Afrikaanssprekende dit kan verstaan. Elke vertaling se doelwitte is akkuraatheid en verstaanbaarheid. Sommige lê baie klem op akkuraatheid en ander op leesbaarheid.

 

Ons weet wat die oorspronklike manuskripte sê. Die plekke waar akademici werklik oor vertaling verskil is min – dit is van min betekenis. Dit bring ons by ons volgende vraag: Vertaal ons wat die skrywers oorspronklik geskryf het? Met ander woorde: het die kopieerders die oorspronklike korrek oorgeskryf?

 




Drie belangrike gedagtes vooraf.

 

Any teaching which urges a man to trust in himself is merely a deception. — John Calvin

 

Drie belangrike gedagtes vooraf.

Greg Gilbert het onlangs ‘n belangrike boek geskryf: “Why Trust the Bible?” Hierdie is vandag ‘n algemene probleem: Mense vertrou nie meer die Bybel nie. Ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

As ons wil bewys dat die Nuwe Testament betroubare historiese getuienis lewer, moet ons eers vooraf na drie aspekte kyk.

  1. Ons soek nie wiskundige sekerheid nie

Absolute sekerheid is moontlik in wiskunde en soms in die wetenskap. Dit is nooit moontlik met geskiedenis nie. As dit ‘n vereiste is, sal ons nooit seker van enigiets uit die verlede wees nie. Ons kyk na nistoriese vertroue. Voorbeeld: Sekere mense het gesê dat Julius Caesar die Rubicon oorgesteek het. Hulle doen verslag van wat werklik gebeur het en daar is geen rede om te dink dat hulle verkeerd is nie. Ons vertrou dus dat hy die Rubicon oorgesteek het, alhoewel ons dit nie met absolute sekerheid kan bewys nie. Dit is die soort sekerheid waarna ons in die geskiedenis kyk. Meer as dit kan ons nie van die geskiedenis verwag nie.

 

  1. Geskiedkundige vertroue is voldoende rede om op te tree. Almal van ons vertrou dinge waarvan ons geen direkte kennis of ondervinding het nie. Ek was nie teenwoordig toe die Grondwet goedgekeur is nie, maar ek vertrou dit was. Ek het geen direkte kennis dat my ouers my ouers is nie. Ek leef en tree op met vertroue dat hulle my ouers is. Dit is die soort vertroue wat geskiedenis vir ons kan gee.

 

  1. Om te bepaal of Jesus werklik opgestaan het, moet ons veral na die vier evangelies kyk. As ons vetroue het dat Jeus uit die dood opgestaan het, het ons goeie rede om die betroubaarheid van die hele Bybel te aanvaar.

 

Met hierdie as agtergrond kan ons nou na ons eerste vraag kyk: Is die vertaling van die Bybel uit sy oorspronklike taal betroubaar? Sê dit nie dinge wat ons nie in die oorspronklike gekry het nie?