Laat sy liefde jou lei: Die Here vra gehoorsaamheid

Laat sy liefde jou lei: Die Here vra gehoorsaamheid – Milanie Vosloo

“Ek sal Jerusalem maak tot ‘n bouval. Dit sal ‘n plek wees waar die jakkalse graag sal lê.” Jeremia 9:11

Die Skrif is propvol gelaai met beloftes van God se goedheid. En dis uiteraard vir ons altyd lekker om te lees hoe ons Vader ons liefhet en wil seёn. Maar die Woord is ook deurspek met ernstige oproepe tot gehoorsaamheid juis omdat ons liefdevolle Vader wéét wat die gevolge van ongehoorsaamheid is. Daarom is sy riglyne vir ‘n gelukkige lewe, sy waarskuwings en sy uitsprake teen sonde net so dringend soos sy beloftes van trou.

 

Natuurlik het ons Vader baie begrip en deernis met ons menslike swakhede en gee Hy sy vergifnis in oormaat aan ons. Maar daar is ook ‘n punt waar God sê: “Hoekom hou Jerusalem aan om My te bedrieg? Hoekom weier hulle om terug te kom? … Ek sal hulle oeste wegneem … Wat Ek vir hulle gegee het, sal Ek weer terugneem.” (Jeremia 8:5b, 13a,c)

Dis skrikwekkend om te besef dat God só ernstig is oor gehoorsaamheid dat Hy selfs sy goedheid van ons kan weerhou juis omdat Hy ons wil terughê by Hom. Ja, die Here kan oornag ons lewe in ‘n bouval verander!

Waar staan jy vandag? Met jou hand en hart suiwer gerig op jou Leidsman? Of iewers op ‘n plek waar Hy dalk vir jou vra: “Kom terug na My, my kind!”

 

 

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning.

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

 

milanie_boeke_advertensie

 

  Skrywer: Milanie Vosloo

 




DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (9)

DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (9) – Jan van der Watt

Markus 10

Nuwe lewensreëls geld in die skadu van die kruis – die menslike waardesisteme word op hulle kop gedraai. Christene dink anders oor krag, status en belangrikheid. Hoe sien jy dit uit Markus 10? …

 

Kom ons kyk hoe lyk Markus 10:

  • Neem as voorbeeld egbreuk en skei – in God se koninkryk lyk dit anders (10:1-12)
  • Jy moet soos ‘n kind word (wat die ryk jongman nie wou doen nie – 10:13-31)
    • Jesus se kruis wys Hy is gehoorsaam (10:32-34)
    • Die belangrikste posisies geld nie (10:35-45)
    • Dis bedelaars by wie Jesus stop en hulle oë gaan oop (10:46-52) 

 

As daar staan dat ons soos ‘n kind moet word, beteken dit nie dat ons soos babatjies in die kot moet gaan lê nie. Kinders is destyds op ‘n spesiale manier gesien. Hulle is as wordende persoonlikhede gesien. ‘n Mens kan dit vergelyk met ‘n glas. As die kind gebore word, is sy basiese karaktertrekke daar, soos die glas. Soos die kind grootword, moet hy/sy water in die glas kry – dit is die onderrig, lewenslesse ens. wat die kind van sy ouers en die gemeenskap kry. Soos die onderrig (die ‘water”) die glas voller maak, groei die persoonlikheid en word dit al meer volwasse. So “word” die kind wat hy moet wees. In die proses moet die kind dus soos die glas “oop” en ontvanklik wees. Hy moet gehoorsaam luister (die water toelaat om die glas vol te maak). Hy moenie self die glas probeer volmaak of dink hy het nie die water nodig nie – hy moet in afhanklikheid en gehoorsaamheid die onderrig en leiding ontvang. As Jesus hier sê dat ons soos kinders moet word bedoel Hy juis dit: ons moet in gehoorsame afhanklikheid voor die Here staan en ons deur sy voorbeeld en onderrig laat “volmaak”. Ons moenie teëpraat of dink ons weet self nie. Gehoorsame ontvanklikheid en navolging is die sleutelwoorde. Juis daarvoor het die ryk jongman nie kans gesien nie!

Markus 10:45 is die samevatting van alles: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense”. So moet sy dissipels en volgelinge ook hulle lewens inrig. Christenskap is dienslewering in gehoorsaamheid aan Jesus.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (8

DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (8 – Jan van der Watt

Deel 3 – die inhoud van Markus 8:22-16:20

 

Markus 8:22-9:50

Kyk noukeurig na 8:22-9:29. Watter tekens van “skynbare mislukking” kan jy hier sien? …………

 

Die draaipunt – ‘n verhaal wat anders lyk, want dit dra die tekens van lyding:

  • genees ‘n blinde… twee maal! (8:22-26)
  • bely en Jesus kondig sy dood aan (8:27-33)
  • deur die dissipels beteken kruisdra (8:24-9:1)
  • Die verheerlikte Jesus is die lydende Jesus (9:2-13)
  • Selfs die dissipels sukkel – die bose geeste wil nie na hulle luister nie, maar met Jesus is dit anders (9:14-29)

Kyk net na die volgende:

  • Christenwees is nie net maanskyn en rose nie – dit is nie net wonders doen en skares trek nie. Dit is ook diens en lyding. Jy moet soos Jesus jou kruis dra (8:24-9:1)
  •  


    • Die ligpunt… Jesus gaan sterf, maar gaan ook opstaan (9:30-32)
    • vas en moenie dit vir ander swaarder maak nie (9:42-50)
        • wie is die belangrikste? Dinge word op hulle kop gedraai (9:33-37)
        • wie’s ons mense? Wie nie teen ons is nie, is vir ons (9:38-41)

     

     

    Skrywer: Prof Jan van der Watt

     




    DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (7)

    DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (7) – Jan van der Watt

    7:1-8:21

    Wat is oud en wat is nuut? Ja, Jesus se boodskap is nou uit. Mense het dit gehoor… die koninkryk is aan die kom. Maar hoe verander dit die alledaagse lewe?

     

    binne. Jou belangrikste doel was nou om binne te bly! En as Jood is daar mooi vir jou vertel hoe om binne te bly: jy moet die wette nakom, nie net die Tien Gebooie (verbondswet) nie, maar ook al die reinheidswette. Deur al die wette te hou, het hulle geredeneer, het jy jou verhouding met God suiwer gehou. Jesus het egter ‘n probleem hiermee: die mense is so gepla met die wette, dat hulle van God vergeet. Hulle verloor hulle verhouding met God in hulle pogings om die wette te hou. Op die ou einde klop jy jouself op die skouer in plaas daarvan om van God afhanklik te wees en dit deur jou toewyding vir Hom te wys. Kom ons kyk wat sê die teks (lees die teks van Markus saam met die volgende opsomming):

    • Wat van die Joodse gebruike?
      • Hulle is in reëls en wette vasgevang (7:1-13 lees vers 9)
      • Reinheidswette en werklike reinheid (7:14-23)
        • Onrein Jode word rein (7:24-30)
    • Jesus tree kragtig op
      • Die hoogtepunt van sy sukses: Hy genees ‘n doof-stomme (7:31-37)
      •  
    • Die Joodse leiers kragteloos en vals in die teenwoordigheid van Jesus (8:11-21)
      • Die Joodse leiers wil ‘n spesiale hemelse teken hê – want hulle kyk die groot Teken mis (8:11-13)
      • Die motiewe van die Joodse leiers is verkeerd en kan mense negatief beïnvloed. Die dissipels moet altyd onthou dat Jesus die een is wat in oorvloed gee (8:14-21)

     

  • van Jesus. Kyk net: Hy maak twee siektes (doofheid en ‘n spraakgebrek) gesond. “Alles wat Hy doen is goed” (7:37). Hier sien ons die Seun van God in krag! Die Koning van die koninkryk is hier.
  • Dan voed Hy mense en stuur hulle huis toe, as teken van sy versorging. Wie Hom volg sal voor gesorg word (8:1-10).
  • Die Joodse leiers is op die verkeerde pad – hulle soek verkeerde tekens en beïnvloed mense verkeerd (hulle werk soos suurdeeg). Pasop vir hulle (8:11-21).
  • Jesus is God se krag in die wêreld wat mense rein maak en versorg. Wette kan dit nie doen nie.

     

     


    Jesus is God se krag in die wêreld wat mense rein maak en versorg. Wette kan dit nie doen nie.

     

    Ons het nou tot by Markus 8:21 gevorder – tot by die skanier. Volgende keer gaan ons verder.

     

    Skrywer: Prof Jan van der Watt