DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (1)

DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (1) – Jan van der Watt

Deel 1 – Verskeie Evangelies met een boodskap

 

i) Waar kom die Evangelies vandaan?

Die mense het nie destyds boeke geskryf soos ons nie – die meeste kon nie skryf nie en die materiaal was baie duur. (Daar was nie CNA’s waar mens vinnig papier kon koop nie). Omdat alles nie neergeskryf is nie, is die mense van kleins af geleer om te onthou – hulle moes dinge memoriseer. (Daar word vertel dat van Griekse kinders verwag is om bv. die Iliad – ‘n reuse dik boek – te memoriseer). Juis omdat niks neergeskryf is nie, was dit ‘n storiekultuur. Die aand om die vuur is die stories wat belangrik was oor en oor vertel en die mense het daaruit geleer. So deur en saam met stories het hulle baie belangrike kennis opgetel oor die lewe.

 

Toe die apostels begin doodgaan en die kerk begin uitbrei het dit nodig geword om ‘n ander plan te maak – die verhale is neergeskryf. So is die verhale “bewaar” – nou kan mense dit nie verander nie en het dit outentiek gebly soos die dissipels dit vertel het. Markus was die eerste evangelis wat die verhaal van Jesus neergeskryf het. (Die Markusevangelie is dus ons oudste evangelie). Dit het so 30-40 jaar na Jesus se hemelvaart gebeur, dus so tussen 60 en 70nC. Dit is belangrik om net weer te sê: die evangelie het nie toe tot stand gekom nie. Dit is net toe neergeskryf. Dit wat van die begin af in die geheue van die Christene was en elke dag aan mekaar oorvertel is, is toe net neergeskryf.

Dus:


die skrywer was. Dit is ook nie seker waar hy presies was toe hy die evangelie geskryf het nie, maar Antiogië aan die Orontes (die hoofstad van Sirië) is ‘n goeie moontlikheid. Dit was in die eerste eeu die hoofstad van die Christene buite Jerusalem en was ook die stad vanwaar Paulus sy sendingreise onderneem het.

 

, volgens die berig, was Petrus se interpreteerder en het alles mooi en akkuraat opgeskryf. Hoewel daar baie onsekerheid bestaan oor wie die skrywer was, kon dit die Markus wees van wie ons in die Bybel lees.

Volgende keer kyk ons verder na die Markusevangelie.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (7)

JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (7) – Jan van der Watt

  1. Jesus is die Seun van God

In al vier die verhale van Jesus se doop word Jesus as die Seun van God beskryf. In die sinoptiese evangelies is dit God wat Hom sy “geliefde Seun“ noem en in Johannes is dit die getuienis van Johannes die Doper – hy noem Jesus direk Seun van God. 

 

  • Lees Ps 2 (veral verse 6-7) en sê wat die betekenis is van die verklaring: Jesus is die (geliefde) Seun van God.

Hy moes mos immers God voor die volk verteenwoordig. As die titel van Jesus gebruik word, beteken dit dat Hy nou God se spesiale Messias-Koning (Seun) is en dat daar ʼn besondere verhouding tussen Hom en die Vader is. Daarom word die titel by die doop gebruik: Jesus is die Messias (Koning), die gesalfde (Christus beteken gesalfde), wat nou in die wêreld God se mense moet kom lei.

Die Gees het soos ‘n duif neergedaal… Die Gees is nie ‘n duif nie, maar hierdie uitdrukking verklaar dat die onsigbare sigbaar gebeur het. Almal kon fisies sien hoe dit gebeur. 

Nou is ons reg om die pad saam met Jesus te stap as sy openbare bediening begin.

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (6)

JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (6) – Jan van der Watt

deel 3 – Jesus word gedoop

Jesus is ook deur Johannes gedoop. Daarvan lees ons op die volgende plekke:

  • Matt 3:13-17
  • Mark 1:9-11
  • Luk 3:21-22
  • Joh 1:31-34

 

  • Lees die gedeeltes. Watter ooreenkomste en verskille merk jy op?

i) Waarom moes Johannes Jesus doop?

Dit is die probleem. Lukas en Markus ignoreer die probleem, maar Matteus en Johannes verduidelik.

Waarom is Jesus gedoop?

Matteus se antwoord

Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.”

Johannes se antwoord

(Johannes sê:) “Ek het self ook nie geweet wie Hy is nie, maar ek het gekom en ek doop met water sodat Hy aan Israel bekend gestel kan word.”

Dit is die wil van God en daarom moet dit gedoen word.

  • Deurdat Jesus gedoop is, kon mense sien wie die Messias is. Dit was die manier waarop God Hom geïdentifiseer het. En hoe? Deurdat die Heilige Gees op Jesus neergedaal het. 
  • ii) Die Heilige Gees en die doop

    Nadat Jesus gedoop is, het die Heilige Gees op hom neergedaal. Vergelyk die ooreenkomste en verskille in die vier dele (sien bo).

    Die volgende feite is belangrik:

    1. Die Heilige Gees het op Jesus gekom. Waarom is dit so belangrik, dink jy? Het Hy nie voor die tyd die Gees gehad nie? Hy was immers deur die Gees gebore.

    Die manier waarop God by hulle sal wees om hulle te help om die spesiale opdrag uit te voer, is deur sy Gees. Nêrens in die Nuwe Testament staan daar dat Jesus gesalf is nie, maar wat hier gebeur is baie dieselfde as wat met die ou konings en profete gebeur het.

    Hoewel die Heilige Gees natuurlik by Jesus was, dui sy doop die punt aan waar sy openbarebediening begin. Nou kan Hy deur die krag van die Gees God se spesiale opdrag aan Hom begin uitvoer. Van hierdie punt af lees ons ook alles wat Jesus gedoen het. Wat hy voor die tyd (sy kinderdae tot hier rondom sy 30e verjaardag) gedoen het, weet ons eintlik niks van nie. Die oomblik toe die Gees op Hom kom, begin Hy met dit waarvoor God Hom gestuur het, of anders gestel, van daardie oomblik is wat Hy doen vir ons belangrik. 

    Was Hy nie God self wat op sy eie kon optree nie? Hoe dink jy?

    ……………………………………………………………………………………………………..

    Ons vergeet dat Jesus nie alleen opgetree het nie, maar dat Hy as gestuurde van die Vader na die wêreld gekom het. Natuurlik het Hy die Heilige Gees gehad, maar die krag van God, spesisfiek vir sy opdrag en wat deur die Gees kom, is na sy doop in alles wat Hy doen sigbaar. Johannes sê daarom dat toe Jesus gedoop is, Johannes die Doper gesê het dat Hy nou weet wie die wêreld met die Gees gaan doop (Joh 1:33). Deur Jesus word die Gees dus op ʼn baie spesiale manier sigbaar. Dit gaan dus nie hier oor die algemene optrede van die Gees nie, maar oor die spesifieke bekragtiging deur die Gees vir spesifieke taak. Jesus tree dus altyd deur die krag van die Gees op. (Dit sê iets van die drie-eenheidsleer).

    Skrywer: Jan van der Watt

     




    Laat sy liefde jou lei: Praat tog met my!

    Laat sy liefde jou lei: Praat tog met my! – Milanie Vosloo

    Daar’s tye wat ons nie met God kan praat nie. En dan is daar dié tye wat ons ernstig op ons knieё met Hom worstel en dit vir ons voel of Hy eenvoudig doof vir ons geword het. Dis dan wanneer ons maar net kan bid:

    “Here, ek hoor U nie! Ek soek bakens, padwysers, vuurtorings, antwoorde, rigting, leiding in die Bybel, mense se raad, toevallige gebeure … en ek weet nie of dit U is wat praat nie. Leer my U hóór. Help my om u hand ráák te vat. Loop u pad met my, Here. Laat ek U sonder voorbehoud volg – vertrou – al verstaan ek niks. Wys my u leidrade. Wys my u rigting. Leer my U sién. Leer my die alfabet van u taal.”*

    Weet vandag: God hóór elke versugting en soeke van jou hart. Hy het ook al die antwoorde wat jy nodig het. Jy hoef geensins spesiale kennis oor God te hê om Hom te hoor nie, want jy het die Gees in jou. En die Gees van Christus salf jou en bind jou oomblik vir oomblik aan die waarheid vas.

    Onthou vandag: Julle almal (ja, ook jý,!) weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees. 1 Joh 2:20

    Dankie dat u waarheid my begelei, Vader-God

    * Uit: In Gesprek met God, Milanie Vosloo Uitgegee deur Lux Verbi BM

     

     

    Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning.

    Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

     

    milanie_boeke_advertensie

     

      Skrywer: Milanie Vosloo