Christus en die drie verskynings
Christus en die drie verskynings
Die skrywer van die Hebreër-brief gee vir ons “eenvoudige” opsommings van God se verlossingsplan. Een so ‘n opsomming kry ons in 9:24 – 28. Hy gebruik drie maal die woord verskyn om na drie gebeurtenisse in die bediening van Jesus Christus te verwys. Christus het op aarde verskyn om sonde weg te neem. Dit was ‘n eenmalige en volkome offer. Sy dood, opstanding, hemelvaart en uitstorting van sy Gees is die begin van die laaste dae (1:2). Sy verskyning aan God se regterhand is die intrede wat almal van ons nodig het. Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree
Hierdie drie verskynings van Christus help ons om die evangelie te verstaan. Die eerste twee verskynings gee vir ons ‘n waardering vir wat Christus gedoen het en wat Hy tans doen. Die gevolg is dat ons Hom gretiglik verwag. Hoe gretig is jy?