Dag 21: ‘n Advent gebed: U breek in
Dag 21: ‘n Advent gebed: U breek in
Die Billy Graham Center for Evangelism het ‘n aantal leraars gekry om vir 25-dae stukkies te skryf vir Advent. Ons gaan oor die volgende 25 dae elke dag een van hierdie stukkies plaas.
[Advent word gewoonlik toegepas op die vier weke voor Kersfees. Latyn: ad – na + venire – kom. Dit dui dus op die naderende koms van Christus – sy eerste en tweede koms.]
U breek in die daaglikse siklus van ons lewens as alles met ons en die wêreld goed lyk.
As ons juk maklik en ons las lig is
U breek in en verbreek 0ns selftevredenheid
In die daaglikse siklus van ons lewens as ons gemaklik en rustig is.
As die vuur aangesteek is, maar ons oë toe is
Breek U in en daag ons afhanklikheid uit.
U breek in ons daaglikse gebede in
U maak harte nederig en ontbloot siele
U breek in; U breek in as ons verdediging slaap
Met ‘n uitroep of ‘n stlle geluid breek U in, U breek in
En ons verander; alle dinge verander as U inbreek.