Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

image_pdfimage_print

Children have never been very good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them. -James Baldwin, skrywer (1924-1987)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (13)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Die opstanding: Ek glo aan … die opstanding van die vlees

 

Toe Jesus uit die dood uit opgestaan het, oorwin Hy die dood. Dit gee aan ons die hoop van ‘n nuwe lewe, die hoop van opstanding. Die einde van die verhaal vir diegene wat vergewe is, ‘n lewe met God – die ewige lewe wat begin met die opstanding van die dooies. Almal van ons gaan fisies dood, maar: net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem (1 Tessalonisense 4:13) Die opstanding van Jesus gee vir ons nuwe hoop – ‘n hoop gefokus verder as ons fisiese dood. Die dood is dus nie die einde van die verhaal nie. Ons liggame gaan weer opstaan – ‘n opgestane liggaam op ‘n nuwe aarde.

As die einde van die verhaal die opstanding van ons liggame en ‘n nuwe hemel en aarde insluit, hoekom vra ons vir mense: As jy vannag doodgaan, gaan jy hemel toe? Die vraag probeer mense motiveer om aan die ewigheid te dink, maar dit reduseer die verhaal tot Jesus wat mense red om hulle hemel toe te neem. Die verhaal van ons lewens eindig met God in ‘n fisiese liggaam op ‘n fisiese aarde.

In Openbaring 21 sien Johannes ‘n stad wat uit die hemel neerdaal na die aarde – ‘n plek waar God en sy mense vir ewig kan woon. Die belydenis maak geen vermelding van die hel nie. Hoekom nie? Die hel wag nie vir diegene wat bely dat Jesus die Here is nie. Daar is ‘n iets wat ons moet besef: God stuur nie mense na die hel toe nie – mense kies die hel as hulle die God wat in die skepping geopenbaar word, ignoreer; as hulle nie Jesus as die Here erken nie.

image_pdfimage_print

You may also like...