Die ballingskap en terugkeer
The parent who tries to train without setting a good example is building with one hand, and pulling down with the other. —J.C. Ryle
Die ballingskap en terugkeer
Hierdie is deel van Mel Lawrenz se reek How to Understand the Bible. Die verhaal van die Bybel vertel van die dringendste behoeftes van die mens – waar jy inpas, om te weet wie jy is, om beskerm te word, om te behoort. Die Bybel bevat die verhaal van God se mense wat dit alles verloor het – mense weggeskeur uit hulle land. Dit is die betekenis van die ballingskap. Israel in die noorde word deur die Assiriërs oorrompel en Juda in die suide deur die Babiloniërs.
Israel en Juda sit vasgevang tussen die ryke van Mesopotamië (Assirië, Babilon, Persië) in die noorde en Egipte in die suide. In 722 vC neem Assirië vir Israel in. Die profete Hosea, Amos, Joël, Jesaja en ander het Israel gewaarsku. Die Assiriërs voer van die inwoners weg en herbevolk die land met ‘n gemengde bevolking – die Samaritane in die Nuwe Testament.
Die Babilonies Ryk onder Nebukadnesar oorwin Juda en voer van sy inwoners weg na verafgeleë Babilon. Die profeet Esegiël was onder hulle. Al sit hulle in ‘n vreemde land was God steeds by hulle: Die hemel het oopgegaan en ek het gesigte gesien wat van God af kom (Esegiël 1:1). Die profete Jeremia, Habakuk en Esegiël het almal van die naderende ballingskap gepraat.
Hoe kan ons dit nou alles bymekaar bring? Die bedoeling van die teks van die Bybel is wat dit vir die oorspronklike gehoor beteken het. Die profetiese voorspellings van oorlog, ballingskap en terugkeer is primêr die geskiedenis van God se volk eeue voor Jesus se koms. Ons lees daar oor die natuur van die mense en leer lesse wat steeds geldig is. Maar ons moet eers verstaan wat dit vir die gehoor van destyds beteken het.
Die ballingskap is ‘n tragedie, maar daar is ook die hoopvolle storie van die terugkeer na hulle land. Dit lees ons in Esra en Nehemia en die profete Haggai, Sagaria en Maleagi. Sewentig jaar na die val van Jerusalem en die vernietiging van die tempel laat Kores die Jode toe om na hulle land terug te keer en met die heropbou proses te begin. In Nehemia sien ons die heropbou van die stad. In Esra sien ons die heropbou van die geestelike lewe van die volk. Ons sien die belang van aanbidding in die lewe van die volk – hulle bring weer offers op die plek waar die tempel gestaan het. Die belang van God se woord word beklemtoon toe Esra die wetboek aan die volk voorlees.
In die terugkeer sien ons die onveranderlike verbond van God. Deur die herontdekking van die wetboek onthou die mense weer die God van die skepping, die verbond met Abraham, die eksodus en die land Kanaän. Dit alles ten spyte van die ongehoorsaamheid en ontrou van die mense. Dit was God destyds; dit is God nou.