Die een sin wat kerkleiers haat om te hoor
I keep six honest serving men (They taught me all I knew);
Their names are What and Why and When
And How and Where and Who
Rudyard Kipling
Die een sin wat kerkleiers haat om te hoor
Die begin gewoonlik met hierdie woorde: “Die mense sê dat …” Soms word ‘n groep gespesifiseer: “Mense sê dat van die ouderlinge ongelukkig is.” Die mense word nooit gedefinieer nie. Die klaer word nooit geïdentifiseer nie. Frustrerend. Hoekom is dit so frustrerend:
- Die klaer het nie die moed om vir homself te praat nie – hy skuil agter die sluier van die mense wat sê. Leiers besef onmiddellik hier is moeilikheid aan die broei.
- Die leier kan nie optree nie. Die klaers identifiseer nooit hulle bronne nie Die leier kan nie opvolg en direk met dié wat ontevrede is, praat nie. Die leier sit met ‘n klagte wat nie opgelos kan word nie.
- Die leier bevraagteken onmiddellik die motiewe van die klaer. Hy betwyfel die geloofwaardigheid van die klaer. Dit lei altyd tot twyfel en frustrasie.
- Die woorde lei tot dubbele frustrasie. Die leier hoor die kritiek. Meeste leiers moet alreeds te veel kritiek hanteer. Tweedens hoor die leier die vaagheid van die kritiek, maar die bron daarvan is onbekend. Hy begin nou wonder hoe groot die probleem nou werklik is. Hy kan baie emosionele energie mors op iets wat nie so belangrik is nie.
- Indirekte kritiek is dikwels die pynlikste. Leiers hanteer direkte kritiek makliker as hierdie indirekte kritiek. Indirekte kritiek maak seerder, want die optrede is lafhartig en die gedrag is onopreg.
Wat moet die leier onder sulke omstandighede doen? Baie leiers verwerp hierdie kritiek totdat die bron van die kritiek aan hulle bekend gemaak word. Werk dit? Baie min mense is gelukkig met so ‘n antwoord, maar ons moet aanvaar dat in meeste gemeentes is daar mense wat die gawe ontvang het om te kla en te kritiseer – en die gawe mildelik gebruik.
Leiers moet aanbeweeg na diegene met oplossings. Die lewe is te kort om hierdie soort klaers te hanteer.