Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik
For many people, science invites awe and religion invites insight. When awe and insight engage, science-and-religion happens – Ron Cole-Turner
Die geloofsgemeenskap is onontbeerlik
In sy kommentaar oor Psalm 16 skryf Calvyn onder andere dat daar geen offer is wat vir God meer aanvaarbaar is as wanneer ons ons in opregtheid en met oorgawe verbind aan ‘n gemeenskap van gelowiges nie.
Nou word ons saamgebind deur ‘n band van godvresendheid; ons behou met hierdie gemeenskap broederlike welwillendheid Hierdie is die geloofsgemeenskap wat hulle skei van die besoedeling van die wêreld, sodat hulle heilig mag wees – God se besondere mense.
Hiervolgens dien die geloofsgemeenskap ‘n dubbele rol: dit bind gelowiges saam in heiligheid en skei gelowiges van die besoedeling van die wêreld. Het Calvyn nie hier iets beet wat moderne Christene baie nodig het nie – die geloofsgemeenskap as toevlugsoord. Die Christelike geloof was nog nooit en sal ook nooit ‘n individuele saak wees nie. Gelowiges kom gereeld bymekaar, nie net vir aanbidding nie, maar ook vir wedersydse bemoediging en opbouing.
Wat ons in ons hiper-individualistiese kultuur nodig het, dalk meer as enigiets anders, is die sekuriteit wat slegs die geloofsgemeenskap vir ons bied. Calvyn het dit verstaan.