Die Groot Geloofswoordeboek: Charismaties
Die Groot Geloofswoordeboek: Charismaties
“Charismaties” verwys na dit wat in verband staan met die charismata, die gawes van die Gees. In beginsel behoort elke kerk charismaties te wees, met ander woorde die lidmate van die kerk behoort mekaar met hul gawes te bedien (1 Kor 12-14). Die teenoorgestelde sou ‘n kerk wees waar net een of net ‘n paar persone hulle gawes gebruik, en die ander “sit-Christene” is.
Met die opkoms van die Charismatiese Beweging in die 1960’s het “Charismaties” egter ‘n heel bepaalde betekenis gekry. (*Charismatiese kerke)
Woorde gemerk met ‘n * word elders bespreek.
Outeur: Prof Adrio König