Die Groot Geloofswoordeboek: Puriteine
Die Groot Geloofswoordeboek: Puriteine
Puriteine
Die Puriteine wou na die Kerkhervorming (*Hervorming) die Church of England reinig (purify). Hulle het die reiniging/heiliging van sowel die individu as die samelewing nagestreef. Hulle het ‘n verbondsteologie gehad en die kerk en die staat in terme van Bybelse beginsels probeer hervorm. Hulle het baie streng lewensreëls gehad, en was veral streng oor die viering van Sondag. Ons eie voorouers het baie van hierdie reëls oorgeërf.
Skrywer: Prof Adrio König