Die Josef-verhaal

Die Josef-verhaal

Meer tyd word in Genesis aan Josef afgestaan as aan enige van die ander karakters. Verbasend as ons aan die ander hoofkarakters in Genesis dink: Adam, Noag, en die aatsvaders; Abtaham, Isak en Jakob. Dit is nog meer verbasend as ons daarop let dat Josef in die res van die Skrif min aandag geniet.

Hoekom is die Josef-verhaal so prominent in Genesis? Predikers gebruik dikwels vir Josef net om te wys hoe God se oppermag en die mens se verantwoordelikheid verband hou met mekaar. Dan fokus hulle veral op Genesis 50:20: Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen.

Imaar dan sien ons nie die ryk bydrae van Josef se lewe raak nie. God se oppermag is belangrik in hierdie verhaal.. God wil hê dat ons moet sien dat Hy Hom in ‘n onmoontlike situasie plaas en tog hou Hy sy verbondsbeloftes. Josef beklemtoon hoe God se voorsienigheid sy beloftes verseker.

Nou kan ons Josef se uneike bydra tot die Skrif sien.

 

Bedreigings opgelos

Genesis vertel van ‘n aantal bedreigings wat die oorlewing en reinheid van die verbondslyn bedreig het. Lees net Hoofstuk 37 – 50:

  • Gesinsverskille en geweld, wat ons aan Kain en Abel herinner, bedreig die oorlewing (Genesis 37)
  • Ongeregtigheid en huwelike met vreemde nasies bedreig die reinheid van die saad (Genesis 38).
  • Globale hongersnood bedreig die hele verbondslyn 9Genesis 42)

 

God gebruik Josef om elkeen van hierdie bedreigings in Abraham se familie op te los:

  • In plaas van wraak verenig Josef die eenheid van die familie deur met vergifnis uit te reik (Genesis 45;1 – 15)
  • Josef vestig sy familie in Gosen. So beskerm hy hulle teen vreemde kultuurinvloede. Israel ontwikkel in ‘n nasie sonder die gevare van ondertrouery met vreemde mense (Genesis 46:33 – 34).
  • Josef red sy familie en die wêreld tydens ‘n ernstige hongersnood deur wysheid en administratiewe genialiteit (Genesis 41 en 47).

Beloftes vervul

Genesis 37 -50 vertel hoe God sy beloftes aan Abraham vervul. Deur Josef seën die Here die nasies. Potifar stel Josef aan as rentmeester van sy huis. God seën Potifar vir Josef se onthalwe (Genesis 39 4 – 5) Later word Josef aangestel as die hoof van die farao se paleis (41:40). Josef seën die nasies deur koring te voorsien aan al die nasies tydens die erge hongersnood. (41:56 – 57).

 

God gebruik Josef ook om sy belofte om Abraham se saad te vermenigvuldig te vervul. Israel en sy seuns het in die Gosenstreek gebly … hulle was vrugbaar en het baie geword (47:27). Hier is die vrugbaarheid nie meer ‘n‘ belofte nie, maar ‘n werklikheid.

 

Josef staan sentraal in Genesis 37 – 50, mar die hoof rolspeler is God self. Dit gaan nie net oor hoe Josef  die beloftes aan Abraham vervul nie., maar veral oor hoe die Here sy verbond hou en hoe die Here sy beloftes vervul deur Josef. Die verbond is seker in God s hande. God kan die optrede van bose mense orkestreer vir goeie doeleindes (50:20). Deur Josef keer die Here die verloop om n vervul Hy sy beloftes aan Abraham.

 

Hierdie waarnemings bring die volgende vraag na vore: Is Josef nie ‘n tipe (voorafskaduwing) van die Messias nie? Baie teoloë glo dat daar is baie ooreenkomste tussen Josef en Jesus. Josef is ‘n geliefde seun wat deur sy broers verwerp word. Maar deur trou en lyding beklee hy die hoogste troon in die land. Josef se lewe antisipeer dié van Jesus, want God gebruik hom om verbondsbeloftes te vervul.

In Jakob se seën van Josef lees ons: Juda, dit is jy vir wie jou broers sal eer, jy sal jou vyande onderwerp en jou broers sal voor jou buig (49:8).  Jakob skilder die koning wat kom met beelde wat feitlik ooreenstem met Josef se verhaal.

Josef en Juda word nou verbind in hierdie verhaal. Die skrywer stel hulle langs mekaar. Hulle domineer die drie kritiese oomblikke van die Josef-verhaal.: sy begin (Genesis 38 – 9); die klimaks (44 – 45) en Jakob se profesie (49). Josef en Juda se stories is inmekaar geweef. Jakob se profesie wys dat beide die koning van Israel voorafskadu. Deur ‘n tipologiese lyn van Josef na die Messias te trek, bind die skrywer eksplisiet Josef se verhaal in die groter verhaal van Israel wat uitloop op die Messias. Die skrywer maak dit duidelik dat die verhaal van Josef nie ‘n einde op sigself is nie – dit is ‘n patroon vir God se werk in die toekoms.

Genesis 37 – 50 gaan nie net oor God se voorsiening nie, maar ook oor sy beloftes. God gebruik Josef om die gevolge van die vloek om te keer. Hy demonstreer sy mag deur ‘n slaaf in die gevangenis te gebruik wat deur sy eie broers verwerp is Dalk spandeer die skrywer so baie tyd aan Josef om vir ons te wys dat God deur ‘n oënskynlik, onbelangrike Jood groot dinge kan vermag. Of sal sy mense ‘n Josef wat nog moet kom, verwag. Hierdie nuwe Josef – Jesus –  sal die voek finaal en volledig omkeer en die beloftes vervul.

Josef se verhaal is die storie van die hele Bybel. Dit is ‘n verhaal van heerlikheid deur lyding en verheerliking deur vernedering. Dit is die verhaal van die kruis en die kroon.