Die Kersboom
Die Kersboom – Marius Nel
Louis Muller vra:
Jeremia: 10:1-4: Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel! (2) So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. (3) Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. (4) Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Is dit waar ons “kersboom” tradiese vandaan kom?
Antwoord:
Dr Marius Nel antwoord:
Nee, die geskiedenis leer dat die Kersboom eerder te doen het met ‘n ou Engelse heidense tradisie van Yule-tide. Hier in Jeremia verwys dit eerder na afgode wat versier is, eers deur Israel en Juda se bure en later ook deur die Israeliete.
Outeur: Dr Marius Nel