Die lewe van geloof
Mark Dever
Die lewe van geloof
(Hebreërs 11:1).
Die skrywer is nie besig om geloof te ontleed en komponente daarvan te identifiseer nie. Hy skryf hier hoe geloof werk.
Geloof is die versekering en vertroue van dit wat ons hoop. Hoop is nie wensdenkery nie – dit is sekerheid oor iets wat nog nie ‘n werklikheid is nie. Dit is die hoop waarvan Paulus in Romeine 5:5 praat: Dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
Maar geloof is ook die bewys – die oortuiging – van dinge wat ons nie sien nie. Dit is die kenmerk van die gelowiges wat volhard soos iemand wat die onsienlike God sien (Hebreërs 11:27). Geloof kyk dus altyd vooruit na die toekoms. Geloof beteken dat ons na die wêreld kyk, nie deur die bril van hierdie wêreld nie, maar deur die bril van God.
Wat beteken dit nou in die praktyk? In Hebreërs 11 wys die skrywer vir ons wat geloof in die alledaagse lewe beteken. Deur hierdie galery van geloofshelde lei hy ons totdat ons uiteindelik by Jesus Christus uitkom. Hy is die oorsprong en vervuller van ons geloof. Daarom dat die skrywer in 12:1 – 2 sê dat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding moet hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.
Die skrywer lê besondere klem op Moses en Abraham. Wat verklaar hulle wonderlike, maar tog onvolkome, geloof? Hulle het God se woord gehoor en daarop vertrou. Eintlik het hulle God wat die woord gepraat het vertrou.
Geloof is om te hoor wat God sê, om sy woord te vertrou en daarvolgens te lewe.