Die Nuwe Testament en die Apostels
Die Nuwe Testament en die Apostels
Ons kyk na Michael Kruger se reeks oor die Nuwe Testament. Wat ons moet verstaan, is dat die Nuwe Testament nou verbind is aan die aktiwiteite van die apostels. Jesus het die twaalf apostels aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe (Markus 3:14 – 15).
Die apostels se gesag kom van Jesus Christus en hulle was sy mondstuk. Hulle onderrig, saam met dié van die profete, was die fondament waarop die kerk gebou is met Jesus Christus as hoeksteen (Efesiërs 2:20). As die kerk die ware Christelike boodskap wou ken, moet hy teruggaan na die onderrig van die apostels.
Op ‘n stadium – redelik vroeg al – het die apostels hulle boodskap neergeskryf. Hulle het dit self gedoen of ander het dit vir hulle gedoen. Die kerk sou uiteraard meer waarde aan hierdie apostoliese boeke as enige ander tipe boek heg. Die boeke wat die kerk as apostolies beskou het, was juis die boeke wat gelees en neergeskryf is – en tydens aanbidding gebruik is. Hulle word uiteindelik die boeke van die Nuwe Testament.
Dit is juis die kerk se afhanklikheid van hierdie apostoliese geskrifte wat aanleiding gegee het tot die proliferasie van die apokriewe boeke wat na die apostels vernoem is – die Evangelie van Tomas, die Evangelie van Petrus, die Handelinge van Johannes en selfs die Evangelie van die Twaalf.
Die Nuwe Testamentiese kanon bestaan, want die vroeë Christene het geglo dat die apostels vir Christus gepraat het. Daarom het hulle soveel waarde aan die apostoliese boeke geheg.