Die opstanding van Jesus en die gemeente in Korinte

It is the Spirit that sheds the love of God abroad in their hearts, and the love of all mankind; thereby purifying their hearts from the love of the world, from the lust of the flesh, the lust of the eye, and the pride of life. It is by Him they are delivered from anger and pride, from all vile and inordinate affections.” John Wesley

Die opstanding van Jesus en die gemeente in Korinte

Paulus sien dat onderliggend tot al die probleme in die gemeente in Korinte, lê ‘n groot teologiese misverstand – hulle ontken die opstanding van die dooies. In wese ontken hulle dat God hierdie liggame van ons met al sy gebreke liefhet. Daarom ontken hulle – al het hulle dit dalk nie so bedoel nie  – dat wat ons met hierdie liggame doen, in God se oë belangrik is.

 

Hierdie is belangrike waarnemings vir ons eietydse kerk wat dikwels die opstanding op een of ander manier ontken. Ons droom ons gaan hemel toe, maar ignoreer die opstanding van die liggaam.

Paulus se hantering van die saak is vir ons belangrik – iets wat ons weer en weer moet lees. Die onderrig van die kruis (1:18 – 2:16) en die opstanding (15:1 – 58) staan soos twee wagte aan die begin en einde van die eerste brief aan die Korintiërs. Hierdie is die basiese temas van die evangelieverhaal. Ons hele teologie en lewe moet plek kry in ‘n wêreld wat deur hierdie twee waarhede omraam word.