Die pottebakker

.” C.J Mahaney

Die pottebakker

Ons het hier weer met ‘n simboliese handeling te make. Die vraag waaroor dit hier gaan is dié van 17:15: Waar is die Woord van die Here? Waar bly die oordele dan wat Jeremia so kwistig uitspreek? Die antwoord speel voor Jeremia se oë af op die pottebakker se skyf. Hier kry Jeremia ‘n illustrasie van hoe God met sy volk werk.

  

Hierdie gedeelte val uiteen in drie dele:

‘n Beskrywing van die aktiwiteite van die pottebakker (vs 1 – 4).

‘n Godswoord sluit daarby aan (vs 5 – 10).

Maar die profeet sien ook op die pottebakkerskyf dat die kunstenaar, as die klei nie meer gevorm kan word nie, die halfvoltooide werk stukkend maak. Dan begin hy weer voor. Dus: selfs al meen Israel dat hulle die volk van God is, dat God met hulle tevrede is, kan God nog altyd besluit dat hulle soos harde klei is wat nie meer gevorm kan word nie. Dan sal Hy hulle in ‘n homp klei verander, weer water byvoeg en van voor af begin. Die keuse of daar voortgegaan en of daar opnuut begin moet word, lê nie by die klei nie, maar by die Pottebakker. Uit hierdie beeld leer Jeremia dat God lankmoedig is – soos die pottebakker bly Hy met sy volk besig. Maar die volk moet nie sy geduld sien as ‘n onvermoë om te straf nie.

‘n Interpretasie van die geheel (vs 11 – 12).

Juda loop gevaar dat die Pottebakker hulle as die halfgevormde voorwerp op die wiel, inmekaar kan druk. Die daad van inmekaardruk, word voorafgegaan deur die voorneme van die Pottebakker – en God is al besig om daardie besluit te neem. Hy kan nou enige oomblik daaraan uitvoering gee. Tog is daar nog tyd, want die Pottebakker vernietig nie vir sy plesier nie. Hy sou graag wou sien dat die eerste voorwerp iets moois is. Wat hier belangrik is, is die tweede saak wat Jeremia hier op die skyf sien gebeur: die pottebakker gooi die klei op die skyf nie weg nie. Hy gebruik dieselfde klei van die vorige voorwerp. Hy druk weliswaar die eerste voorwerp inmekaar, maar dan vorm hy ‘n nuwe uit dieselfde klei. Dus: God se oordeel oor Juda is nie om te vernietig nie, maar om te herstel. Daar is selfs in die Godsoordeel nog hoop: na die vernedering van Juda kan daar weer iets nuuts gemaak word uit dieselfde klei. Beskou ek myself as ‘n mislukking? Watter troos is nie daarin geleë dat God dieselfde klei oor en oor kan vorm nie. Slegs my hardkoppige eiewilligheid verhinder God om sukses met my lewe te behaal.

Hier gaan dit nie so seer oor God wat ‘n tweede kans bied nie, maar dat God in beheer is – Hy besluit as dinge nie volgens plan verloop nie. Op enige gegewe oomblik kan Hy besluit wat Hy wil doen. Profetiese aankondigings is voorwaardelik. God tree nie sommer arbitrêr op nie – berou maak ‘n verskil. Die vraag is of ek pottebakkersklei in sy hande wil wees of nie. God kan van my lewe ‘n sukses maak tot sy eer. Vir Hom is dit nooit te laat om oor te begin nie – ek moet net gewillig wees onder sy hand.