Die stand van teologie

 

Satan wants to destroy our faith in God. God wants to destroy our faith in ourselves. —John Kimbell

 

Die stand van teologie

‘Where is God gone?’ he called out. ‘I mean to tell you! We have killed him, you and I! We are all his murderers! But how have we done it?” – Friedrich Nietzsche

In sy berugte toespraak “God is dood” beklemtoon Nietzsche die implikasies van ‘n wêreld sonder God – niks behalwe duisternis nie.

 

Hy verwys hier na die God van liberalisme – ‘n makgemaakte god wat uiteindelik ‘n god is wat ons self gemaak het. Hierdie mensgemaakte god het in sy tyd die God van die Bybel uitgedoof. Wat vind hy aan die einde? Niks. Sy filosofie van nihilisme [Ontkenning van al die bestaande; verwerping van alle stelsels – HAT] is die gevolg.

 

Paulus ondervind in Atene ‘n soortgelyke denkrigting: Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag (Handelinge 17:32). Hierdie Epikureërs was skepties van enige melding van lewe na die dood. Wat wag dan, volgens hulle, na die dood? Niks nie. Die Epikureërs het geglo dat hierdie lewe al is wat daar is. Daarom, soek plesier. Nietzsche glo dat hierdie lewe al is wat daar is. Daarom wanhoop.

 

Kry ons nie beide hierdie denkrigtings in die kerk vandag nie? Baie min mense sal sê dat hulle glo dat daar geen lewe na die dood is nie. Hulle glo aan ewige bestemmings soos die hemel en die hel. Twee-derdes van Amerikaners sê daar is iets soos die hemel en 61%  sê daar is iets soos die hel.

 

Francis Chan som die denke van baie moderne mense op: “Hell, it seems, may be fitting for the Hitlers and Stalins of the world, but God–we assume–would never send mediocre sinners to hell.”

 

Om te glo dat die hemel ‘n werklikheid is, is een ding; om te weet wat die Bybel oor die hemel sê, is iets anders.

 

Hemel en hel is werklikhede – hulle is die enigste ewige eindbestemmings. Daarom is hulle belangrik.