Charles Spurgeon
Die Tien Gebooie: Praat die waarheid
(Eksodus 20:16)
Die waarde van ‘n persoon se naam. Mense se name moet teen skinder en misleiding beskerm word. In die antieke wêreld was ‘n goeie naam noodsaaklik vir oorlewing. ‘n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud (Spreuke 22:1). Baie mense sien skinder as geen probleem solank as wat ons net ons doel bereik! As waarheid deur vals getuienis vervang word, belemmer dit verhoudings.
Die waarde van ‘n persoon se woord. Jesus sê: Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein (Matteus 15:11). Woorde is simbole van ons geestelike toestand.
Die waarde van die waarheid self. Dit is ‘n lastigheid, want die moderne mens glo nie meer dat daar so iets soos die absolute waarheid is nie – net persoonlike voorkeure.
Maar nou weet ons dat die waarheid kan seermaak en verhoudings bederf as dit op die verkeerde tyd en plek gebruik word. maar wat word dan van ons verwag?
- Openheid. Dit beteken nie dat ons alles wat ons van iemand hoor, moet glo nie. Aanvaar sy onskuld tot andersins bewys. Laat dit vir julle ‘n saak van eer wees om rustig te lewe, julle met julle eie sake besig te hou en self in julle lewensonderhoud te voorsien (1 Tessalonisense 4:11). Openheid vereis steeds dat ek hoflik optree. Openheid beteken nie naïewe, sentimentele optimisme nie.
- Standvastigheid. Dit beteken dat as ek van die waarheid oortuig is, ek daaraan vashou. Dit beteken nie dat ek aan vals waarhede uit die verlede vashou nie. Christene moet hulle geloof toets – is dit die waarheid?
In die Nuwe Testament is hierdie gebod uitgebrei om dinge soos iemand se woorde te verdraai, ‘n kwaadsteker te wees en om iemand onverhoord te help veroordeel in te sluit. Alle vorme van lieg en bedrieg word deur hierdie gebod verbied. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder (Heidelbergse Kategismus).
– T. S. Elliot
Volgende keer kom ons by die tiende gebod.