Die tien gebooie: Wanneer meer minder is
There is scarcely anything so dull and meaningless as Bible doctrine taught for its own sake. Truth divorced from life is not truth in its Biblical sense, but something else and something less (A. W. Tozer).
Die tien gebooie: Wanneer meer minder is
Ons het vanjaar reeds na die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Ons Vader-gebed gekyk. Ons gaan nou na die Tien Gebooie kyk. Ek gaan onder andere gebruik maak van Michael S. Horton se The Law of Perfect Freedom.
Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie (Eksodus 20:17).
Die Hervormers het hierdie gebod as ‘n opsomming van die vorige vyf gebooie gesien – dit beskryf ons plig teenoor ons naaste. Luther gaan so ver as om te sê dat hierdie gebod die finale hou is vir diegene wat dink hulle staan nog na die vorige nege gebooie. Die Heidelbergse Kategismus volg hierdie benadering: Selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God mag nooit in ons hart opkom nie. Ons moet altyd en heelhartig vyande van alle sonde wees en ‘n begeerte tot alle geregtigheid hê. Hierdie gebod is dan eintlik ‘n herformulering van al die gebooie.
Meeste Christene het nogal ‘n hoë dunk van hulleself. Hierdie gebod is gerig op diegene wat sê: Ek is nie skuldig aan moord, egbreuk en al hierdie ander sondes nie.” Die basiese bousteen vir hierdie gebod is tevredenheid. Kan ons soos Paulus sê: Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Filippense 4:11 – 12).
Daar is niks romanties aan armoede nie. Tevredenheid is nie sentimenteel nie; God seën nie gelowiges meer as ander as dit oor materiële dinge gaan nie. Luister na die psalmis: Ek het byna koers verloor, want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien … Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is. U laat hulle op gladde plekke loop, U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei …Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd (73:2 – 3, 16 – 18, 25 – 26). Die psalmis kon verder as die kortsigtigheid van materiële voorspoed kyk en die uiteindelike betekenis van die lewe raaksien. Tevredenheid is nie ‘n saak van net rykdom of armoede nie – Paulus was tevrede met beide. Ons moet ons hoop op God vestig wat alles ryklik aan ons gee om te geniet (1 Timoteus 6:17).
Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Daarom kan ons met vertroue sê: Ðie Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?” (Hebreërs 13:5 – 6). Die Hebreërskrywer se oproep vir tevredenheid berus nie op iets sentimenteel nie, maar op God se belofte om ons nooit te verlaat nie – God se volharding met ons ten spyte van ons sonde en opstandigheid. Maar die evangelie gaan nie oor positiewe denke en selfbeeld nie.
Dit lyk nie asof Christene anders leef of dink as nie-Christene nie. Barna bevind in een van sy opnames dat Christene has fallen prey to materialism, hedonism, secular humanism and even to a jaded form of Christianity that rejects much of the commitment required of faithful servants.
Ons moet weer leer om tevrede te wees met wat ons het .
Volgende keer ‘n kort afsluiting van hierdie reeks oor die Tien Gebooie