DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (2)
DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (2) – Jan van der Watt
ii) Hoe lyk die Markusevangelie op die oog af?
a) Wat is die doel?
b) Hoe lyk die indeling van Markus? As mens sommer net deur Markus blaai, lyk dit effens deurmekaar, want dit is preke, wonders, gelykenisse, wat mekaar so afwissel. Maar ‘n mens moet jou nie laat bluf nie. Daar is ‘n baie sistematiese patroon in die Evangelie. Markus het ‘n “wipplank” struktuur. Die twee sye van Jesus – die op en af – vertel vir ons wie die Seun van God (Mk 1:1) presies is. Die een sy kan nie sonder die ander sy nie, anders het ‘n mens nie ‘n volledige prentjie van die Seun van God nie. c) Markus is ‘n “periodiese vertelling” Daar is baie maniere om ‘n storie te vertel. Markus het gekies om dit in sulke blokke (periodes) te vertel. Hy sit ‘n klomp klein stories en gebeure saam om een sentrale boodskap te beklemtoon. Jy moet dus die klein stories en gebeure saam lees en in verhouding met mekaar verstaan om die groter boodskap te snap. So is daar paar sulke “blokke” of periodes wat elkeen ‘n sentrale boodskap het. Uiteindelik moet ons weer die boodskap van die afsonderlike “blokke” saam lees om die hele boodskap van Markus te snap. Ons gaan dit in die volgende twee dele so doen. Dus:
volgende keer begin ons na die inhoud van die Markusevangelie kyk.
Skrywer: Prof Jan van der Watt