Dié wat die Vader my gee – Francois Malan
Vraag
Katie
vra:
Ek jan
nie onthou waar ek die vers in die bybel gelees het nie. “Die wat in my
glo EN die wat die Vader my gee…..”
Wie is die EN na wie Jesus verwys. Sal graag die teksvers ook wil weet…
Antwoord
Prof Francois Malan antwoord:
Joh
3:27 Jesus se voorloper, Johannes die Doper, het reeds gesê: ’n Mens kan niks
ontvang as dit nie uit die hemel aan hom gegee is
nie.
Jesus
het gesê:
Johannes
6:37: Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My
toe kom.
Joh 6:39-40 Dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat U My gegee het, nie ’n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek. Want dit is die wil van my Vader: Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê… (vgl. Joh 18:9).
Joh
6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader, wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan.
Joh
6:65 Niemand kan na My toe kom as dit nie deur die Vader
aan hom gegee is nie.
Joh
10:29-30 My Vader wat hulle aan My gegee het, is
groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.Ek en die Vader is een.
Joh
17:2 …sodat Hy aan elkeen wat U aan Hom gegee het,
die ewige lewe kan gee.
Joh
17:6 Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit
die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en
U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord gehoorsaam.
Joh
17:9 Ek bid vir hulle wat U aan My gegee het,
omdat hulle aan U behoort.
Joh
17:11 bewaar hulle wat U aan My gegee het in u
Naam.
Joh
17:12 Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U aan My gegee
het, in u Naam bewaar.
Joh
17:24 Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U aan My
gegee het, ook saam met My kan wees….
Die
‘trek’ van mense deur die Vader geskied wanneer iemand sy eie oordeel laat
staan en hoor en leer by die Vader deur die Vader se woord, in die Bybel, in
die prediking, deur die getuienis van gelowiges, ens. Die trek deur die Vader
geskied nie buite die mens se geloof nie, maar in jou geloof. Geloof is God se
werk in my. Efesiërs 2:8: ‘Want uit (God se) genade is julle verlos, deur
geloof. En dit kom nie uit julle self nie; dit (geloof in Jesus) is die gawe
van God. Geloof in Jesus Christus, dat Hy God is wat vir al ons sonde aan die
kruis gesterf het en nou die Here is wat die seggenskap het oor ons lewe, is ’n
gawe van God deur die Heilige Gees wat in ons werk en ons oortuig van ons
sonde, van geregtigheid (dat Jesus ons saak met God reggemaak het en ons nou
kinders van God is) en van oordeel (as ons nie in Hom glo nie), vgl. Johannes
14:26; 15:26; 16:8.
Skrywer: Prof Francois Malan