Die weduwee gee alles
Die weduwee gee alles
Dink jou in: hier is ‘’n weduwee en ‘’n seuntjie. Haar man is dood en sy en haar seuntjie is besig om van honger dood te gaan. Hulle is slagoffers van ‘’n wydverspreide hongersnood. Hulle kon niks doen om hulle lot te verbeter nie. Al wat sy het, is ‘’n handvol meel en ‘’n bietjie olie in ‘’n erdekan. Sy maak houtjies bymekaar dan gaan sy en haar seuntjie eet. Daarna moet ons maar doodgaan.
Wat sou jy gedink het as dit jy was? Wat sou jy dink oor God? Wat sou jy vir jou seun gesê het? Wat sou jy gedoen het as iemand wat jy nie ken nie na jou toe gekom het en gevra het vir die bestanddele van jou laaste maaltyd?
HierdIe is die verhaal van di weduwee van Sarfat (1 Konings 17:8 – 24). Plaas jouself in daardie weduwee se skoene. Soms vergeet ons dat die karakters in die Bybel mense net soos ek en jy is,
Hulle het ook hoop en drome gehad; hulle het ook geglo en getwyfel; hulle het ook vreugde geken en wanhoop ervaar. Hoe kan die toestand van hierdie weduwee enigsins erger gewees het? Sy het erge pyn ondervind, maar sy het nie geweet wat volgende gaan gebeur nie.
Plaas jou in haar plek. Haar man is dood en sy besef dat sy en haar seun ook binnekort gaan sterf. Die lewe kan tog nie donkerder wees nie.
Wat sy nie geweet het nie was dat God betrokke was. God het reeds besluit sy sal deel van iets wonderliker wees as waarvan sy kon droom. God het hierdie swak en gebroke vrou gekies wat geloofsmense deur die eeue heen sou beïnvloed. Deur haar verklaar Hy dat hy die opstanding en die lewe is.
Ons ontmoet haar by die stadspoort waar sy besig was om houtjies op te tel. Elia vra vir haar ‘’n bekertjie water om te drink. Haar reaksie verbaas ons. Sy vergeet van haar eie swaarkry en gaan haal die water. Elia vra nog meer – hy wil ook ‘’n stukkie brood hê. Sy het nie brood nie, net ‘’n handvol meel en ‘’n bietjie olie in ‘’n erdekan. Besef Elia nie dat daar ‘’n hongersnood is nie. Sy beplan haar en haar seuntjie se laaste maaltyd – daarna moet ons maar doodgaan. Nou sê Elia vir haar: SO Sê DIE Here, die God van Israel: die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die kan sal nie minder word nie totdat die Here laat reën het op die land. Die storie eindig op ‘’n positiewe noot: van toe af het hulle genoeg gehad om te eet.
Hierdie is een van die geloofskeuses wat ons dwarsdeur die Bybel kry: sal die weduwee doen wat sin maak en die meel en olie vir haarself hou of sal sy die laaste ding wat sy op aarde het an die sorg van God oorgee. Deur in geloof op te tree, mak sy vir Elia ‘’n roosterkoek en ook vir haar en haar seuntjie, dit was vir haar moontlik om nog baie maaltye voor te berei, want die meel en olie het nie opgeraak nie. Hierdie seëning is ‘’n beeld van die God wat lewe gee wat haar met sy genade aangeraak het. God vra dikwels vir ons om dit wat ons het te offer om darmee meer te doen as wat ons beperkte denke ooit kon dink.
Ons storie is nog nie verby nie. Die seuntjie word siek en hy sterf. Hoekom sou God toelaat dat die gebeur? Dit maak tog nie sin om genoeg kos te gee en dan die seuntjie te laat sterf nie. Moes God haar nie vir haar getrouheid beloon het nie. Nee, God het hierdie weduwee en haars euntjie gekies as profesie oor die betekenisvolste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld – Jesus se kruisdood en opstanding. Deur die weduwee van Sarfat verklaar God dat Hy Nie net lewe gee nie (Hy maak voorsiening vir die behoeftes van kinders), maar Hy is ook die God wat lewe gee – Hy don iets wat niemand nog ooit kon doen nie – Hy oorwin die dood.’
Elia gaan lê op die kind ’n bid tot die die Here om die lewe weer terug te bring na die kind. Die Here antwoord sy gebed en die kind leef weer.
Het hierdie verhaal enige toepassing op ons? Hierdie is nie net ‘’n storie in ‘’n boek nie, maar ‘’n profetiese oomblik vir elke kind van God. Hierdie is ‘’n profesie van ‘’n ander enigste Seun wat sou sterf en weer sou opstaan. Hy staan op uit die graf en oorwin sonde en die dood. En Hy gee lewe aan almal wat hulle vertroue in Hom plaas.
Toe sy uitgegaan het om houtjies vir haar laaste maaltyd op te tel, het die weduwee geen idee gehad van die radikale verandering van haar lewe wat op haar wag nie. Dit sou nie haar laaste dag wees nie, want wat oor haar gehang het, was nie die skaduwee van die dood nie, maar die Gewer van lewe.. Hy sou nie net aan haar lewe gee nie, maar lewe aan almal wat in Hom glo. Dit alles begin by die verregaande versoek van ‘’n vreemdeling en haar optrede van gehoorsamheid