Eensgesindheid
There is a God we want and a God who is, and the two are not the same. —Ligon Duncan
Eensgesindheid
Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saam woon!
Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop,
die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere.
Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val.
Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ‘n lang, lang lewe.
(Psalm 133)
God hou van eensgesindheid en seën dit waar Hy dit teenkom. Ons het ‘n probleem hiermee, want ons verwar eensgesindheid en uniformiteit.
Kom ons kyk na Paulus se brief aan die Efesiërs. Hier kry ons sewe belangrike riglyne.
- Ons is almal in God se familie aangeneem. Dit beteken ons moet ‘n familieidentiteit aanneem wat vreemd is aan ons manier van dink en optrede. Om ou maniere in die nuwe familie van God in te dra, is om die nuwe identiteit wat God aan ons gee, te weier.
- Meer as kennis het ons die Gees van wysheid en openbaring nodig.
- Hy wil vir ons die onvergelykbare rykdom van sy genade wys, maar ons aanvaar so dikwels dat as ons aangeneem word dit die begin en einde van genade beteken. Daar is meer genade om te ontdek – dit begin by God se familie en beweeg van daar na buite.
- Daar is een liggaam en een Gees net soos ons tot een hoop geroep is toe ons geroep is: een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal …
- Ons bedroef die Heilige Gees, nie deur wat ons leer of bevorder nie, maar deur hoe ons mekaar behandel.
- As ons Jesus eer en aanbid, sal ons ons aan mekaar onderwerp.
- Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus. Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet. Die grootste denker in die Christendom, Paulus, begin en eindig sy brief met die woorde genade en vrede.
Hoe het jy die seëninge van eensgesindheid in God se familie ervaar? Hoe het jy daartoe bygedra?